Kyk ook:
Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.
*******
Tyd vir praat oor NG Kerk se heidene is verby | Rapport
Sondag, 4 Mei 2025
Ds. Pieter de Jager, Reddersburg, skryf:
Daar kom ’n tyd in ’n kerklike tugsaak, soos dit uitgestippel word in Mattheus 18, dat daar genoeg gepraat is.
Die einde van die pad het reeds aangebreek vir die leiers van die algemene sinode. Hulle wou nie buig voor die gesag van die Skrif en tot bekering kom nie, soos die sinode van Namibië herhaaldelik by hulle aangedring het.
Wat nou? “. . . as hy nie na jou luister nie, laat hy vir jou wees soos ’n heiden en ’n tollenaar.” (vers 17). Dit sny diep.
Dis by dié punt waar daar handwringend nóg samesprekings gevoer wil word om tog maar eenheid te probeer behou. Maar die Skrifwoord staan vas.
Die woord “heiden” vanuit dié verband gesien, toon in die grondteks die betekenis van om “vreemd” te staan teenoor die godsdiensgebruik van die eertydse uitverkore volk, Israel.
Oordragtelik gesien, vanuit ’n Christelike konteks, het die leiers van die algemene sinode die Woord van God laat aanpas by heidense gewoontes.
Daar kan egter nie meer na die belydenis van die Kerk teruggekeer word sonder hartgrondelike berou nie. Broederskap is hulle ontneem. “Hulle is vervreem van die lewe met God . . .” (Efesiërs 4:18).
Hulle het die Bekende, soos Petrus, verloën.
Kommentaar
Daniel Louw
Daar word twee keer verwys na die “leiers van die algemene sinode”. ‘n Mens neem aan dit verwys na die ASM (algemene sinode moderamen).
Streng gesproke kan die ASM nie sinodebesluite omdraai nie. Slegs die sinode self kan dit doen. Daar is tog egter iets te sê oor die ASM se standpunt. My persepsie is dat dit bitter min gebeur dat ‘n sinode teen die leiding van die ASM stem.