Elke tweede gier neem NG Kerk op sleeptou

*******

Brief | Elke tweede gier neem NG Kerk op sleeptou | Netwerk24

Sondag, 25 Mei 2025

Henrietta Klaasing, Randfontein, skryf:

Die briewe van dr. Bernhard Ficker en Johannes de Villiers in antwoord op die huidige debatte in die NG Kerk beklemtoon die ernstige wanpersepsies en (opsetlike?) misverstaan aan die kant van die huidige leierskorps.

Die topbestuur van die NG Kerk wil nou ander mensgemaakte planne aan die kerk verkoop (juis met genoemde programme soos “In pas met die Lewende God”) om “in pas” te wees met die tydsgees.

Die teologiese gevaar van die tydsgees lê in sy vermoë om godsdienstige oortuigings en praktyke subtiel te beïnvloed, wat kan lei tot ’n verskuiwing weg van fundamentele teologiese waarhede en ’n fokus op kontemporêre kulturele tendense eerder as goddelike openbaring.

En dit is wat ek oral in ds. Maartje van der Westhuizen se artikel raaklees.

Dit is kommerwekkend om te sien hoe die leierskorps van die NG Kerk voortdurend met allerhande nuwe inisiatiewe op sleeptou gaan, soos missionale transformasie, wat saamgaan met die jongste Droomscenario 2030.

’n Taakspan is in 2019 saamgestel met die opdrag om die toekoms van die kerk as ’n missionale kerk te ondersoek. Die span se bevindinge, aangebied as Visie 2030 (of Droomscenario 2030), stel ’n verskuiwing voor van ’n evangeliese fokus na ’n missionale diakonaat gesentreer in sosiale geregtigheid, in ooreenstemming met die Verenigde Nasies se Agenda 2030.

Die visie het ten doel om nuwe vennootskappe met ander Gereformeerde kerkgemeenskappe te vorm om ’n inklusiewe, ekumeniese kerkgroepering (’n “ruim huis”) met ’n eie belydenisbasis te skep.

Dit gaan die transformasie van die tradisionele Gereformeerde kerkidentiteit vereis.

Dit is waaroor die huidige debatte en dooiepunt binne die kerk gaan: Dit is deels oor hierdie onbybelse transformasie van wat die ware kerk moet wees dat talle gemeentes doleer, bande opskort en sommige gemeentes selfs soos die NG Kerk in Namibië besluit het om op hul eie weg te gaan.

briewe@rapport.co.za

1 thought on “Elke tweede gier neem NG Kerk op sleeptou”

  1. Ek sou menige lidmaat aanspoor om eerder uit die NG-Kerk klimaat te tree, en sou hul ‘n sterk evangelies-protestante ruimte soek, moontlik die Evangelies-Gereformeerde ruimte in Suid-Afrika ‘n sterk oorweging te gee. Dit sou wel van hul vereis om ‘n baie sterk-Calvinistiese oriëntering (wat in die NG ruimte in alle geval heeltemal ontspoor het) in herbeskouing te neem – en moontlik is daar ander denominasies ook – maar om so aan te hou ploeter in NG-duiwelswater, is om groot probleme en ontnugtering vir jouself te veroorsaak.

    Vele dilemmas het ekself al ondervind in kerkruimtes, maar die NG ruimte neem die Hollywood Oscar vir ‘‘wêreldverhoogakteurspel’’, wat die Bybel as ‘n ‘‘Script’” verkondig in ‘n toneelpel, maar in eie hoedanigheid in die werklike lewe, allesbehalwe die “Script”’ eers verteenwoordig.

    Die NG Kerk (alleen?…ek dink nie so nie…) is besig met HEKSE-AKSIES (‘’witchcraft actions’’) – net soos die ANC, EFF, DA, MK-korps (ens) in Suid-Afrika se politieke chaos- en laat mens telkemale dink aan Handelinge 16:16-17 “En terwyl ons op pad was na die bidplek, kom ‘n slavin met ‘n waarsêende gees ons teë, wat vir haar eienaars deur waarsêery groot wins ingebring het. Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en gesê: Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing.” Dit herinner my aan vele leraars, pastore, profete, apostels, evangeliste in Suid-Afrika en Amerika en Europa en ook in Afrika, wat só “lynreg” en op vleeslike vlak die sogenaamde “waarheid” spreek – dikwels verstommend akkuraat, op grond van menslike beoordeling. En Paulus het dit nie onmiddelik geëien nie, maar na dae se “aanhoor” (vermoed ek), het die Gees (en nie Paulus se gebrekkige beoordeling) IN Paulus ‘n groot ontevredenheid in Paulus geskep om dié LEUENGEES aan te spreek.

    Miskien moet die deursnit NG leraar (en ander….?) van Handelinge 16 ‘n uiters deeglike studie maak, en die “vleeslike self” beoordeel”?

    In Lukas 4:1-13, het die satan ook op só wyse homself aan Christus probeer verkwansel op ‘n siels-vleeslik-dimensie: met groot magsvertoon en ‘n arrogante selfvoldaanheid en verhewendheid – maar sy indrukwekkende vertoning was maar power. Dat GOD HOMSELF – in volmaakte nederige vorm van ‘n sondelose mens – moet buig voor satan? Die arrogansie is verstommend, maar die satan homself blyk my wis dit nie eens Wie voor hom gestaan het nie. Dit is duidelik dat ‘’‘BYBEL-EKSEGESE’’ van die Vorm waarin die MESSIAS sou verskyn het, en WIE HY WERKLIK WAS, nie in satan se verwysingsraamwerk was nie, net soos dit ook nie in ander se verwagtinge was in ISRAEL nie (Johannes 14:10 ”Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke”; Mattheus 12:6 ”…Een wat groter is as die tempel, is hier”; Lukas 22:70 ”..En hulle sê almal: Is U dan die Seun van God? En Hy antwoord hulle: U sê dat Ek dit is.”)

    Gaan luister maar gerus hoe MIN GOD WAARLIK geword het in meesste preke van vandag, alhoewel HYSELF, allesbehalwe hul “min” is.

    Self het ek al in kerke-verband menigmaal aangehoor as “naïewe lidmaat” (wat nooit geskoold was in die tipe van dinge nie), waar uitsprake gemaak word teenoor mense, en wat dikwels verband gehou het met ‘n unieke persoonlike feit of kennis oor ‘n saak van persoonlike aard, wat die aanhoorder dan sprakeloos laat van verstomming, want wáár hoor die leraar/pastoor dié? En by só ‘n aanhoorder – en by die mense in die gehoor, want sulke “leraars/pastore, ens”, hou van gehore se applous – ontstaan daar dan ‘n idee dat die ‘uitspraak’ van GOD afkomstig is.

    In Johannes 5 lees mens van die Samaritaanse vrou by die putfontein van Jakob en JESUS se gesprek met haar. Dit was ‘n uiters persoonlike gesprek, en die gebeure daarvan, was deur die vrou self vertel aan almal, en nie deur JESUS nie. Die GEES se Werk – wat in JESUS was en is- is om VERLOSSING en VRYHEID en LEWE te verkondig en te bring, en nie om mense se status te verhoog of hul vaardighede te verkondig of al hul persoonlike detail aan die hele wereld uit te blaker nie.

    Die NG KERK is ‘n SATANS-KERK.

    Die tragadie is die mens se absolute selfvoldaanheid. Ek herinner my aan ‘n bekende Suid-Afrikaanse PinksterLeier wat in 2016 uitgetreë het- ten spyte van ‘n persoonlike oproep by wyse van ‘n tussenganger, om eerder die uittrede uit te stel, ten einde die ”diskoers” te verander. En die groot lofbetuiginge van al die pastore tot die leier tydens die groot afskeidspreek (vanuit Openbaring?) Eerder dat hul almal in sak-en as hulself voor ‘n Groot Almagtige God buig, en die “SELF’ te ondersoek waaroor Hy al dekades met hul praat, maar hul ore lyk my is vol van eeue-oue droë plaasmodder en hul oë toegesmeer met vars beesmis.

    Miskien moet die deursnit AGS-leraar (en ander….?) van Esegiël 4:12-15, ‘n uiters deeglike studie maak, en die “vleeslike self” beoordeel”?

    Die “mens” het maar sy eie selfpgemaakte idees oor Wie GOD is, en deur wie Hy werk. Tot hul eie val.

    SKINDERPRAATJIES oor BLOEDGEWASTE SONDE, is van die duiwel af. Miskien moet ALLE leraars maar Sagaria 3 gaan lees? Oor en oor en oor en oor? Die duiwel het ook ‘’ANOINTING”, maar sy kragte, is helse kragte, en 100% misleidend. NET soos Jacob Zuma, Cyril Ramphosa, John Steenhuisem, Donald Trump, Elon Musk, Joe Biden, Kamala Harris, Barack Obama, Lakshmi Mittal, Vladimir Putin, ens. EN NG KERK se ouderlinge van NG SIONSRANDKerk in Gqeberha in 2016-2017? GOD se Gees is nie ‘n ‘’sex-toy’’ om te gebruik vir jou eie plesier nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui