Johannes 21:15 “meer as hierdies?”

Johannes 21:15 “meer as hierdies?”

In Johannes 21:15-19 vra Jesus drie keer vir Petrus of hy Hom liefhet.

Met die eerste vraag, vra Jesus: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?” (Afr83)

Hieruit lei mens af dat Jesus vra of Petrus liewer vir Jesus is as wat die ander dissipels Hom het.

Volgens Strong se konkordansie: (15)Simon, son of Jonas, lovest thou me more than these[G5130]?

  • [G5130]: of (from or concerning) these (persons or things)

Dus kan G5130 verwys na persone of dinge. Die meeste Bybelvertalings aanvaar dat die woord “hierdies” verwys na die ander dissipels:

  • ABA: “Simon, seun van Johannes, is jy lief vir My, meer as die ander dissipels?”
  • AFR20: … “Simon, seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle?”
  • AFR53: … Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier?
  • AFR83: … “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?”
  • AMP: … “Simon, son of John, do you love Me more than these [others do—with total commitment and devotion]?”
  • ASV: … Simon, son of John, lovest thou me more than these?
  • CAB23: … Simon, seun van Jona, het jy My meer lief as hulle?
  • DB: … “Simon, seun van Johannes, het jy My liewer as wat hierdie ander My het?”
  • ESV: … “Simon, son of John, do you love me more than these?”
  • KJV: … Simon, son of Jonas, lovest thou me more than these?
  • MSG: … “Simon, son of John, do you love me more than these?”
  • NIV: … “Simon son of John, do you love me more than these?”
  • NLV: … “Simon, seun van Johannes, het jy My lief, meer as hierdies?”

Volgens J. Harold Greenlee, “More Than These?” John 21:15 (2005) maak dit meer sin dat Jesus hier na aardse dinge (die toerusting van Petrus se visvangberoep) verwys het. Hier volg ‘n vertaling van Greenlee:

Ek is vol vertroue dat die derde interpretasie, “Het jy my meer lief as hierdie dinge (jou visnette en toerusting)?” korrek is en die enigste relevante interpretasie van hierdie woorde is. Petrus en die ander saam met hom was ongetwyfeld verward oor wat hulle moes doen noudat hulle aardse gemeenskap met Jesus onduidelik was. Hulle het geweet dat Jesus weer lewendig was, maar hulle het geen instruksies van hom gehad nie. Hulle moes iets doen, dus het hulle hul tot hulle vorige beroep van visvang gewend. Terwyl hulle visgevang het, het Jesus aan hulle verskyn. Na hulle ontbyt het Jesus baie gepas vir Petrus gevra: “Simon, seun van Johannes, het jy My meer lief as hierdie dinge (jou visnette en toerusting)?” – dit wil sê: “Gaan jy terug na jou vorige ambag of sal jy aanhou om My te volg?” Petrus het sy liefde en toewyding aan Jesus sterk bevestig, en Jesus het hom ‘n belangrike bediening gegee, soos die volgende verse wys.

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui