Kyk ook:
Die volgende lys is verkry uit The Annals of The World, deur James Ussher, hersien deur Larry & Marion Pierce, 2003.
Die datums in blokhakies is volgens sekulêre bronne.
Genesis 1 tot 11
#4004 vC: Die Skeppingsverslag. {Gen 1; Job 38:7; Pred 1:7} God skep die mens volgens Sy beeld. {Gen 1:26; Ef 4:24; Kol 3:10}
Die sewende dag. {Gen 2:2-3; Eks 31:13; Eks 31:17; Heb 4:4,9,10}
Die boom van kennis in die middel van die tuin. {Gen 2:8-9}
Sondeval. {Gen 3} Satan word die slang genoem. {Op 12:9; Op 20:2; 1 Joh 3:8; Rom 16:20; 1 Pet 3:6; Gal 4:31}
Geboorte van Kain {Gen 4:1}
#3874 vC: Geboorte van Set {Gen 4:25}
Kain se straf na die moord op Abel {Gen 4:14-15}
#3874 vC: Toe Adam 130 jaar oud was, is Set gebore. Daarna het hy nog 800 jaar geleef. Hy het dus 130+800 = 930 jaar oud geword. {Gen 5:3-5}
#3769 vC: Set word die vader van Enos {Gen 4:26}
Hemelwesens (Nefilim) trou met die dogters van die aarde. {Gen 6:1-2}
Toe Set 105 jaar oud was, is Enos gebore. Daarna het hy nog 807 jaar geleef. Hy het dus 105+807 = 912 jaar oud geword. {Gen 5:6-8}
#3679 vC: Toe Enos 90 jaar oud was, is Kenan gebore. Daarna het hy nog 815 jaar geleef. Hy het dus 90+815 = 905 jaar oud geword. {Gen 5:9-11}
#3609 vC: Toe Kenan 70 jaar oud was, is Mahalel gebore. Daarna het hy nog 840 jaar geleef. Hy het dus 70+840 = 910 jaar oud geword. {Gen 5:12-14}
#3544 vC: Toe Mahalel 65 jaar oud was, is Jered gebore. Daarna het hy nog 830 jaar geleef. Hy het dus 65+830 = 895 jaar oud geword. {Gen 5:15-17}
#3382 vC: Toe Jered 162 jaar oud was, is Henog gebore. Daarna het hy nog 800 jaar geleef. Hy het dus 162+800 = 962 jaar oud geword. {Gen 5:18-20}
#3317 vC: Toe Henog 65 jaar oud was, is Metusalag gebore. Daarna het hy nog 300 jaar geleef. Hy het dus 65+300 = 365 jaar oud geword. {Gen 5:21-23}
#3130 vC: Toe Metusalag 187 jaar oud was, is Lameg gebore. Daarna het hy nog 782 jaar geleef. Hy het dus 187+782 = 969 jaar oud geword. {Gen 5:25-27}
#3074 vC: Adam sterf op 930 jaar (4004-930 = 3074 vC) {Gen 5:5}
#3017 vC: Henog word in die hemel opgeneem {Gen 5:23-24; Heb 11:5}
#2962 vC: Set sterf op 912 jaar (3874-912 = 2962 vC) {Gen 5:8}
#2948 vC: Toe Lameg 182 jaar oud was, is Noag gebore. Daarna het hy nog 595 jaar geleef. Hy het dus 182+595 = 777 jaar oud geword. {Gen 5:28-31}
#2864 vC: Enos sterf op 905 jaar (3769-905 = 2864 vC) {Gen 5:11}
#2769 vC: Kenan sterf op 910 jaar (3679-910 = 2769 vC) {Gen 5:14}
#2714 vC: Mahalel sterf op 895 jaar (3609-895 = 2714 vC) {Gen 5:17}
#2582 vC: Jered sterf op 962 jaar (3544-962 = 2582 vC) {Gen 5:20}
#2469 vC: 120 jaar voor die sondvloed roep God vir Noag as profeet (1 Pet 3:20, 2 Pet 2:5) {Gen 6:3}
#2448 vC: Toe Noag 500 jaar oud was, is Jafet gebore. {Gen 5:32} Jafet was die oudste seun. {Gen 10:21}
#2446 vC: Toe Noag 502 jaar oud was, is Sem gebore. {Gen 11:10}
#2353 vC: Lameg sterf op 777 jaar (3130-777 = 2353 vC) {Gen 5:31}
#2349 vC: Metusalag sterf op 969 jaar (3317-969 = 2348 vC) {Gen 5:27,24}
Sondvloed
#2349 vC: God beveel Noag om reg te maak om die ark in te gaan. {Gen 7:1,4,10}
In daardie dae voor die sondvloed het hulle soos gewoonlik geëet en gedrink en getrou tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het. {Mat 24:38}
Noag en sy familie gaan die ark binne. Dit reën vir 40 dae en 40 nagte. {Gen 7:4,6,11-13,17,24}
Die ark kom op Ararat tot rus. {Gen 8:3-4}
Die water hou aan sak totdat die bergtoppe sigbaar word. {Gen 8:5}
Noag stuur ‘n kraai uit. {Gen 8:6-7}
Noag stuur ‘n duif uit. {Gen 8:10}
Noag stuur weer die duif uit. Dit bring ‘n olyfblaar terug. {Gen 8:8,12}
#2348 vC: Die water het heeltemal opgedroog. Noag is 600 jaar oud. {Gen 8:13}
Noag gaan uit die ark uit. {Gen 8:14-19}
Noag bring ‘n offer aan God. God laat die mens toe om ook vleis te eet. {Gen 8:15 – 9:17}
#2346 vC: Toe Sem 100 jaar oud was, is Arpaksad gebore. Dit is twee jaar na die vloed. Daarna het hy nog 500 jaar geleef. Hy het dus 100+500 = 600 jaar oud geword. {Gen 11:10-11}
#2311 vC: Toe Arpaksad 35 jaar oud was, is Selag gebore. Daarna het hy nog 403 jaar geleef. Hy het dus 35+403 = 438 jaar oud geword. {Gen 11:12-13}
#2281 vC: Toe Selag 30 jaar oud was, is Heber gebore. Daarna het hy nog 403 jaar geleef. Hy het dus 30+403 = 433 jaar oud geword. {Gen 11:14-15}
#2247 vC: Toe Heber 34 jaar oud was, is Peleg gebore. Daarna het hy nog 430 jaar geleef. Hy het dus 34+430 = 464 jaar oud geword. Hy word Peleg genoem, want in sy tyd is die aarde verdeel (Gen 10:25, 1 Kron 1:19). {Gen 11:16-17}
Die toring van Babel {Gen 11:2-9}
Peleg te broer, Joktan, se seuns vestig hulle in stede waar daar baie goud is: {Gen 10:26-30} Skeba {Ps 72:15}, Ofir {1 Kon 9:28} en Gawila {Gen 2:11}
#2234 vC: Volgens Josephus het Nimrod Babilon gebou en was hy ook die inisieerder van die toring van Babel {Miga 5:6, Gen 10:10, Jer 5:15}
#2217 vC: Toe Peleg 30 jaar oud was, is Reü gebore. Daarna het hy nog 209 jaar geleef. Hy het dus 30+209 = 239 jaar oud geword. {Gen 11:18-19}
#2188 vC: Misraim/Egipte, die seun van Gam, lei sy mense na Egipte {Ps 105:23,27; Ps 106:21-22; Jes 19:11}
#2185 vC: Toe Reü 32 jaar oud was, is Serug gebore. Daarna het hy nog 207 jaar geleef. Hy het dus 32+207 = 239 jaar oud geword. {Gen 11:20-21}
#2155 vC: Toe Serug 30 jaar oud was, is Nahor gebore. Daarna het hy nog 200 jaar geleef. Hy het dus 30+200 = 230 jaar oud geword. {Gen 11:22-23}
#2126 vC: Toe Nahor 29 jaar oud was, is Tera gebore. Daarna het hy nog 119 jaar geleef. Hy het dus 29+119 = 148 jaar oud geword. {Gen 11:24-25}
#2056 vC: Toe Tera 70 jaar oud was, is Haran gebore. {Gen 11:26} Hy het 205 jaar oud geword {Gen 11:32}. Haran se dogter, Milka, het met Abraham se broer, Nahor, getrou {Gen 11:28-29}
#2008 vC: Peleg sterf 209 jaar na die geboorte van Reü. (2247-239 = 2008 vC) {Gen 11:19}
#2007 vC: Nahor sterf 119 jaar na sy seun Tera se geboorte. (2155-148 = 2007 vC) {Gen 11:25}
#1998 vC: Noag sterf toe hy 950 jaar oud was. Dit was 350 jaar na die vloed. (2948-950 = 1998 vC) {Gen 9:28-29}
#1996 vC: Toe Tera 130 jaar oud was, is Abraham gebore (Abraham was 75 jaar oud toe Tera 205 jaar oud was). {Gen 12:1-4; Hand 7:4} {Gen 11:27-32}
#1986 vC: Toe Tera 140 jaar oud was, is Sarai gebore. Sy was 10 jaar jonger as Abraham (Gen 17:17) {Gen 11:29-30}
#1978 vC: Reü sterf 207 jaar na Serug gebore is. (2217-239 = 1978 vC) {Gen 11:21}
#1925 vC: Dit was in dié tyd dat koning Amrafel van Sinar, koning Arjok van Ellasar, koning Kedorlaomer van Elam en koning Tidal van Gojim 2oorlog gemaak het teen koning Bera van Sodom, koning Birsa van Gomorra, koning Sinab van Adma, koning Semeber van Sebojim, en teen die koning van Bela, dit is Soar. {Gen 14:1-4}
#1922 vC: God het Abraham uit Ur, van die Galdeërs, geroep om na die land te gaan wat Hy hom sou wys. {Gen 15:7; Jos 24:2-3; Neh 9:7; Hand 7:2-4}. Volgens Stefanus, die eerste martelaar, was Ur in Mesopotamië geleë. Die historikus Abarbenel het oor Gen 11:28-32 geskryf dat Ur die stad van die priesters en wiskundiges was. Vanweë hulle kunswerke is hulle Galdeërs genoem is. Die Galdeërs het geslagsregisters opgeteken en daar was ‘n onderskeid tussen hulle en die res van die towenaars of wyse manne van daardie land. {Dan 2:2,10; Dan 4:7; Dan 5:11} Hierdie mense het Tera en sy seuns geleer om afgode te aanbid {Jos 24:2-3}. Tera het toe Abram (sy seun), Lot (sy broerskind, die seun van Haran) en Sarai (sy skoondogter, Abram se vrou) geneem en uit Ur, land van die Galdeërs getrek na die land Kanaän. Hulle het na Haran gekom in dieselfde land van Mesopotamië en het daar gebly weens die groot swakheid en siekte van Tera. Tera het 205 jaar gelewe en in Haran gesterf {Gen 11:31-32}.
#1921 vC: Tera sterf toe hy 205 jaar oud is. (2126-205 = 1921 vC) {Gen 11:32}
Abraham
#1921 vC: Toe Abraham 75 jaar oud was het hy uit Haran weggetrek na die land Ur. {Gen 12:4}
God verskyn aan Abram en beloof hom die land. Abram bou vir die Here ‘n altaar. {Gen 12:7-9}
Hongersnood dwing Abram om na Egipte te trek. Abram jok vir farao en sê Sarai is sy suster. {Gen 12:10-20}
Abram en Lot gaan uitmekaar. {Gen 13}
#1913 vC: Dit was in dié tyd dat koning Amrafel van Sinar, koning Arjok van Ellasar, koning Kedorlaomer van Elam en koning Tidal van Gojim oorlog gemaak het teen koning Bera van Sodom, koning Birsa van Gomorra, koning Sinab van Adma, koning Semeber van Sebojim, en teen die koning van Bela, dit is Soar, en as bondgenote opgetrek het na die Siddimvlakte toe, dit is vandag die Soutsee. Twaalf jaar was die gebied onderhorig aan Kedorlaomer, maar in die dertiende jaar het dit gerebelleer. {Gen 14:4}
#1912 vC: Die konings van (1)Sodom, (2)Gomorra, (3)Adma, (4)Sebojim en (5)Bela, dit is Soar, het opgetrek teenoor (1)koning Kedorlaomer van Elam, (2)koning Tidal van Gojim, (3)koning Amrafel van Sinar en (4)koning Arjok van Ellasar. Dus, vyf konings teen vier. Laasgenoemde vier konings was sterker en het die besittings van Sodom en Gomorra en ook al hulle kos buitgemaak en vertrek. Hulle het ook vir Lot, wat in Sodom gewoon het, weggevoer. Toe Abram dit hoor het hy sy volgelinge bymekaar gemaak en vir Lot gaan bevry. Toe hy terugkom het Melgisedek, koning van Salem en priester van God die Allerhoogste, vir Abram kos en wyn gebring en hom geseën. {Gen 14:5-24}
God bevestig sy belofte aan Abram en beveel Abram om ‘n vers, ‘n bok, ‘n skaapram’n tortelduif en ‘n jong duif middeldeur te sny. {Gen 15:1-21}
#1911 vC: Sarai kon nie kinders kry nie. Nadat Abram 10 jaar in Kanaän was het Sarai haar slavin Hagar vir Abram gegee as vrou. Toe Hagar besef dat sy swanger was het sy Sarai geminag. Sarai het haar sleg behandel en Hagar het weggeloop. In die woestyn het ‘n engel vir haar gesê om terug te gaan en vir haar gesê dat haar seun ‘n groot nasie sal word. {Gen 16:1-14}
#1910 vC: Toe Abram 86 jaar oud was is Ismael, Hagar se seun gebore. {Gen 16:15-16}
#1908 vC: Arpaksad sterf 403 jaar na Selag se geboorte. Hy het dus 35+403 = 438 jaar oud geword. {Gen 11:13}
#1897 vC: “Toe Abram 99 jaar oud was, bevestig God sy belofte ‘n derde keer aan Abraham: {Gen 17}
(1) God verander Abram se naam na Abraham. (v5)
(2) God stel die besnydenis in. (v9-14)
(3) God verander Sara se naam na Sarai. (v15)
(4) God bevestig dat Abraham sy eie seun sal hê en dat Ismael nie die erfgenaam sal wees nie. God se verbond geld vir Isak, nie vir Ismael nie. (v19-21)”
#1897 vC: Abraham ontvang drie besoekers. {Gen 18:1-15}
Abraham pleit dat Sodom se mense gespaar sal word. {Gen 18:16-33}
Lot word uit Sodom gered. Lot se vrou verander in ‘n soutpilaar. God vernietig Sodom en Gomorra. {Gen 19:1-29} Hierdie gebeure word gebruik as voorbeeld van God se toekomstige oordeel. {2 Pet 2:6-7; Judas 1:7; Op 19:20; Op 20:10; Op 21:8}
Lot se twee dogters maak hom dronk en slaap by hom. {Gen 19:30-38}
Abraham trek van Mamre af na die Suidland toe en vestig homself tussen Kades en Sur. Daar gee hy weer voor dat Sara sy suster is. Koning Abimelek in Gerar wil met Sara trou, maar God waarsku hom in ‘n droom om nie met haar te trou nie. {Gen 20:1-18}
#1896 vC: Toe Abraham 100 jaar oud is, word Isak gebore. {Gen 21:1-7} Sara is 90 jaar oud {Gen 17:17,21}.
#1891 vC: Ismael lag vir Isak en Sara vra vir Abraham om hom en Hagar weg te stuur. {Gen 21:8-21} Isak is vyf jaar oud. {Gen 39:14; Gal 4:29; Gen 21:8,12; Rom 9:7-8; Heb 11:17-18; Gen 15:13; Hand 7:6; Gen 15:14; Eks 12:35-36}
#1878 vC: Selag sterf 403 jaar na die geboorte van Heber. {Gen 11:15} Hy het dus 30+403 = 433 jaar oud geword.
#1871 vC: God beveel Abraham om Isak te offer, maar voorsien ‘n ram. {Gen 22:1-19; Heb 11:17-19} Isak is 1896-1871 = 25 jaar oud.
#1859 vC: Sara sterf toe sy 127 oud is. {Gen 23:1-20} Sy is die enigste vrou in die Bybel wie se sterfouderdom gegee word. Abraham word die vader van geloof genoem {Rom 4:11-12} en Sara die moeder van geloof {1 Pet 3:6}
#1856 vC: Abraham stuur sy slaaf {Gen 15:2} om vir Isak ‘n vrou te kry. Isak trou met Rebekka toe hy 40 jaar oud is {Gen 24; Gen 25:20}.
#1846 vC: Sem sterf 500 jaar na Arpaksad se geboorte. {Gen 11:11} Hy het dus 100+500 = 600 jaar oud geword.
#1837 vC: Rebekka raak swanger. {Gen 25:21}
#1836 vC: Esau en Jakob word gebore. {Gen 25:24} Isak is 60 jaar oud. {Gen 25:26; Hos 12:3}
#1821 vC: Abraham sterf toe hy 175 jaar oud is. {Gen 25:7-10} Isak is 75 jaar oud en Esau en Jakob is 15 jaar oud. {Heb 11:9}
#1817 vC: Heber sterf 430 jaar na die geboorte van Peleg. {Gen 11:17} Hy het dus 34+430 = 464 jaar oud geword. {Gen 14:13; Gen 40:15}
#1804 vC: Ongeveer in hierdie tyd trek Isak na Gerar weens hongersnood en gee voor dat Rebekka sy suster is. Toe Abimelek uitvind dat Rebekka sy vrou is, waarsku hy sy mense om haar nie te molesteer nie. {Gen 26:1-11}
#1804 vC: Ongeveer in hierdie tyd word dit duidelik dat Isak deur God geseën word. {Gen 26:12-35}
#1796 vC: Toe Esau 40 jaar oud was trou hy met twee vroue: (1)Jehudit dogter van Beëri, ‘n Hetiet, en (2)Basemat dogter van Elon, ‘n Hetiet. {Gen 26:34-35} Dit grief Rebekka {Gen 27:46; Gen 28:8} {Gen 26:34-35}
#1773 vC: Ismael sterf toe hy 137 jaar oud is. {Gen 25:17}
#1760 vC: Isak seën Jakob 44 jaar voor sy dood. {Gen 27:41} (Hy is dood op 180 jaar. Dus was hy 180-44 = 136 jaar oud. Jakob is 180-44-60 = 76 jaar oud) Esau is baie kwaad vir Jakob en below om Jakob dood te maak na sy pa gesterf het. Jakob vlug na Laban.
#1759 vC: Oppad na Laban in Haran het Jakob ‘n vision van ‘n leer. Hy noem die plek Bet-El en lê ‘n gelofte af dat indien God hom beskerm hy altyd vir God sal dien. {Gen 28:10-22}
#1759 vC: Jakob trou met Lea en Ragel. {Gen 29:1-30} Jakob is 77 jaar oud. Let op dat Jakob met Lea en Ragel trou in dieselfde jaar was wat hy by Laban aankom. Kyk Hoe oud was Jakob toe hy Ragel ontmoet het?
#1758 vC: Ruben word gebore. {Gen 29:32} Jakob is 78 jaar oud.
#1757 vC: Simeon word gebore. {Gen 29:33} Jakob is 79 jaar oud.
#1756 vC: Levi word gebore. {Gen 29:34} Jakob is 80 jaar oud.
#1755 vC: Juda word gebore. {Gen 29:35} Jakob is 81 jaar oud.
#1745 vC: Josef word gebore. Dit is Ragel se eerste kind. {Gen 30:22-24}
#1739 vC: Jakob werk nou 20 jaar vir Laban: 14 jaar om vir sy twee vroue te betaal en nog ses jaar {Gen 31:41}. Hy besluit om weg te trek.
#1739 vC: Jakob veg met God en God verander sy naam na Israel {Gen 32}
#1739 vC: Jakob en Esau ontmoet mekaar {Gen 33}
#1728 vC: Toe Josef 17 jaar oud is, verkoop sy broers hom as ‘n slaaf. {Gen 37:2}
#1717 vC: Josef lê die skinker en bakker se drome uit. {Gen 40}
#1716 vC: Isak sterf toe hy 180 jaar oud is. {Gen 35:28-29}
#1715 vC: Twee jaar nadat Josef die skinker en bakker se drome uitgelê het, lê Josef die farao se drome uit. {Gen 41:1-46} Hy word onderkoning toe hy 30 jaar oud was. {Gen 41:45}
#1708 vC: Die hongersnood begin, soos Josef deur die farao se drome voorspel het. {Gen 41:54-57}
#1707 vC: Die eerste jaar van droogte breek aan. Jakob stuur sy seuns (behalwe Benjamin) na Egipte om koring te koop. Die broers herken nie vir Josef nie. Josef sit Simeon in die tronk tot hulle Benjamin ook na Egipte bring. {Gen 42:1-38}
#1706 vC: Jakob stuur weer sy seun na Egipte, hierdie keer gaan Benjamin saam. Simeon is steeds in die tronk. Josef maak homself aan sy broers bekend en laat sy hele gesin in Egipte kom woon. Josef is 30+7+2=39 jaar oud. {Gen 43}
#1704 vC: Josef het ál die geld van die land in die hande gekry toe die mense van Egipte en Kanaän daarmee kom graan koop het. Hy het die geld na die farao se paleis toe gevat. {Gen 47:14}
#1703 vC: Die Egiptenare verkoop hulle vee om kos te koop. {Gen 47:15-17}
#1702 vC: Die Egiptenare verkoop hulle grond om kos te koop. {Gen 47:18-26}
#1689 vC: Jakob sterf toe hy 147 jaar oud was. Hy het 17 jaar in Egipte gewoon. {Gen 47:28}
#1635 vC: Josef sterf toe hy 110 jaar oud was. {Gen 50:22-26}
#1619 vC: Levi sterf toe hy 130 jaar oud was. {Eks 6:16}
#1574 vC: Aäron word gebore. (Aäron was 83 jaar oud en Moses was 80 toe hulle uit Egipte getrek het in 1491 vC – 1491+83 = 1574 vC). {Eks 7:7}
#1573 vC: Farao probeer die Jode se getalle te verminder deur die babaseuntjies dood te maak. {Eks 1:15-22}
#1571 vC: Moses word drie jaar na Aäron gebore. Aäron was 83 jaar oud en Moses 80 jaar oud met die uittog uit Egipte in 1491 vC. {Eks 7:7}
#1531 vC: Toe Moses 40 jaar oud is slaan hy ‘n Egiptenaar dood en vlug na Midian. Volgens Hand 7:30 was Moses 40 jaar in Midian. As Moses 80 jaar oud was toe die Eksodus begin het, was hy 80-40 = 40 jaar oud toe hy na Midian gevlug het. {Eks 2:11-12}
#1530 vC: Kaleb word gebore. Kaleb was 40 toe Moses hom van Kades-Barnea af gestuur het om die land te verken. {Jos 14:7-10} Dit was in 1490 vC. Moses was 81 jaar oud.
#1511 vC: Rameses sterf, maar sy seun Amenophis gaan steeds voort om die Israeliete te onderdruk. {Eks 2:23}
Uittog uit Egipte
#1491 vC: God verskyn aan Moses in die brandende bos. {Eks 3}
Moses keer terug na Egipte. {Eks 4}
Moses is 80 en Aäron 83 toe hulle met die farao gaan praat. {Eks 7:7}
Die tien plae tref Egipte. {Eks 7 tot Eks 12}
Eerste maand van die jaar
God stel die paasfees in en sê vir Moses en Aäron: “Hierdie maand is vir julle die belangrikste maand; dit moet die eerste maand van die jaar word.” {Eks 12:2} Die eerste maand word Abib genoem. {Eks 13:4} Later verander die naam na Nisan. {Est 3:7}
430 jaar nadat God sy belofte aan Abraham gemaak het (1921-430 = 1491 vC), trek die Israeliete uit Egipte. {Eks 12:41} Hulle vertrek op die 15de van die 1ste maand. {Num 33:3}
Kamp by Sukkot. {Num 33:5}
Kamp by Etam aan die rand van die woestyn. {Num 33:6}
Hulle gaan terug na Pi-Hagirot, regoor Baäl-Sefon, en slaan kamp op by Migdol. {Num 33:7}
God red die Israeliete deur die Rooisee oop te kloof. {Eks 14; Num 33:8}
Na 3 dae se trek deur die Etamwoestyn slaan hulle kamp op by Mara. By Mara maak God bitter water soet. {Num 33:8}
Kom by Elim aan. Elim het 12 fonteine en 70 palmbome. {Num 33:9}
Draai terug en kamp by die Rietsee. {Num 33:10}
Tweede maand
Op die 15de van die 2de maand kom die volk in die Sinwoestyn aan. {Num 33:11} Die volk kla oor te min kos. Teen die aand stuur God kwartels en die volgende oggend voorsien God manna as kos. {Eks 16:1} Hulle het vir die volle 40 jaar in die woestyn manna geëet. {Eks 16:35}
Kamp by Dofka. {Num 33:12}
Kamp by Alus. {Num 33:13}
Kamp by Refidim. Daar is nie water nie en God voorsien water uit ‘n rots. {Eks 17; Num 33:11}
By Refidim val die Amalekiete vir Israel aan. Moses stuur vir Josua om teen hulle te veg. Moses hou sy hande in die lug wanneer die volk besig is om te wen. {Eks 17:8-16}
Moses se skoonpa, Jetro, lê besoek af en bring sy vrou Sippora en sy twee seuns vir hom.
Derde maand
Presies 3 maande na die uittog kom die Israeliete in die Sinaiwoestyn aan. {Eks 19:1}
Moses gaan die berg op waar God met hom praat.
Vierde maand
Die goue kalf. {Eks 32}
Sesde maand
Na 40 dae kom Moses van die berg af. Sy gesig skyn.
Die tabernakel en al die toebehore word klaargemaak en voor Moses gebring.
#1490 vC: Op die 1ste dag van die 1ste maand (in die 2de jaar na die uittog) word die tabernakel opgeslaan. {Eks 40:2,17}
Op die 1ste dag van die 2de maand in die 2de jaar nadat Israel uit Egipte getrek het beveel God vir Moses om die volk te tel. {Num 1}
In die 2de jaar, op die 20ste van die 2de maand, trek die wolk op van die tabernakel met die getuienis af. Die Israeliete sit hulle reis voort van die Sinaiwoestyn af, totdat die wolk in die Paranwoestyn gaan staan. {Num 10:11-12}
#1490 vC: Die Israeliete trek verder {Num 10}
#1490 vC: By Tabera verwyt die Israeliete vir God en hy stuur ‘n vuur wat ‘n gedeelte van die kamp verbrand. {Num 11}
#1490 vC: Die volk kla omdat hulle moeg is vir die manna. God stuur kwartels, maar sommiges eet die vleis rou en word om die lewe gebring. {Num 11:4-35}
#1490 vC: Mirjam en Aäron spreek Moses aan oor die Kussitiese vrou wat hy gevat het. Mirjam word melaats. Na sewe dae word sy weer gesond. {Num 12}
#1490 vC: Kanaän word verken. Uit die 12 verspieders is dit slegs Josua en Kaleb wat sê dat die land ingeval moet word. {Num 13}
#1490 vC: Die volk is bang om in te val. Die verspieders, behalwe Josua en Kaleb sterf deur ‘n plaag wat God stuur. Sommige mense kry spyt en besluit om wel die land in te val, maar hulle word verslaan. {Num 14}
#1490 vC: n Man word gestening omdat hy hout bymekaar maak op die sabbat. {Num 15:32-36}
#1490 vC: Opstand van Korag, Datan en Abiram {Num 16:1-50}
#1490 vC: Aäron se kierie dra bloeisels {Num 17}
#1452 vC: Mirjam sterf. {Num 20:1} Sy was ‘n paar jaar ouer as Moses. {Eks 2:4-7}
#1452 vC: Balak roep Bileam se hulp in {Num 22}
#1452 vC: Aäron sterf toe hy 123 jaar oud is. {Num 33:39}
#1451 vC: Moses sterf op Neboberg toe hy 120 jaar oud is. {Deut 34:7}
Die Israeliete neem Jerigo in.
#1445 vC: Kaleb is 85 jaar oud. Dit is 45 jaar nadat hulle Kanaän verken het. {Jos 14:7-11}
#1443 vC: Josua sterf toe hy 110 jaar oud is. {Jos 24:29-30; Rig 2:8}
Rigters
#1413 vC: Die Israeliete het die Baäls en gewyde pale begin dien. Die Here het hulle oorgegee in die mag van koning Kusan-Risatajim van Mesopotamië en hulle was 8 jaar sy onderdane. {Rig 3:7-8}
#1405 vC: Otniël verslaan koning Kusan-Risatajim van Mesopotamië. {Rig 3:9-11} Otniël was ‘n jonger broer van Kaleb {Jos 15:17, Rig 1:13} en het met Kaleb se dogter, Aksa, getrou.
#1365 vC: Otniël sterf {Rig 3:11}
#1343 vC: Die Israeliete doen weer wat verkeerd is en God gee hulle oor aan Eglon van Moab. {Rig 3:12-14}
#1325 vC: Na 18 jaar laat God Ehud as redder na vore kom. {Rig 3:15-30}
#1310 vC: Na Ehud het Samgar seun van Anat opgetree. Hy het ses honderd Filistyne doodgeslaan met ‘n stok en so vir Israel gered. (Datum onbekend.) {Rig 3:31}
#1305 vC: Die Israeliete doen weer wat verkeerd is en God gee hulle oor aan koning Jabin van Kanaän. Hy het die Israeliete 20 jaar verdruk. {Rig 4:1-3}
#1285 vC: Na 20 jaar het Debora na vore gekom. {Rig 4:4}
#1252 vC: God gee die Israeliete vir sewe jaar oor aan die Midianiete (1252-1245 vC) {Rig 6:1}
#1245 vC: God roep vir Gideon/Jerubbaäl as rigter. {Rig 6:32}
#1245 vC: Gideon verslaan die Midianiete met slegs 300 man. {Rig 6:1 – Rig 8:28}
#1236 vC: Gideon sterf {Rig 8:33}
#1235 vC: Abimelek, seun van Gideon beplan om koning te word. {Rig 9}
#1233 vC: Abimelek sterf toe ‘n vrou ‘n maalklip op sy kop. {Rig 9:50-54; 2 Sam 11:21} Hy het drie jaar geregeer.
#1233 vC: Tola heers vir 23 jaar tot 1233-23 = 1210 vC {Rig 10:1-2}
#1214 vC: Die priester, Eli, word gebore. Hy was 98 toe hy gesterf het {1 Sam 4:15} in 1116 vC. Hy was 40 jaar leier van Israel {1 Sam 4:18} – 1156 tot 1116 vC
#1210 vC: Tola sterf. Jaïr begin regeer vir 22 jaar tot 1210-22 = 1188 vC {Rig 10:3-5}
#1206 vC: In Jaïr se tyd begin die Amoriete om Israel te verdruk. Die verdrukking sou 18 jaar duur, tot 1206-18 = 1188 vC (Jaïr se dood) {Rig 10:8}
#1188 vC: Jaïr sterf nadat hy 22 jaar leier was. (1210-22 = 1188 vC) {Rig 10:5}
#1188 vC: Jefta begin regeer {Rig 11:1}
#1188 vC: Jefta maak ‘n ondeurdagte gelofte wat veroorsaak dat hy sy eie dogter aan God moet offer. {Rig 11:30-40}
#1182 vC: Jefta sterf nadat hy ses jaar geregeer het. 1188-6 = 1182 vC. Ibsan volg Jefta op. {Rig 12:7-8}
#1175 vC: Ibsan sterf nadat hy 7 jaar die leier was. 1182 tot 1175 vC. Elon volg Ibsan op. {Rig 12:8-11}
#1165 vC: Elon sterf nadat hy 10 jaar leier was. 1175 tot 1165 vC. Abdon volg Elon op. {Rig 12:11-13}
#1157 vC: Abdon sterf nadat hy 8 jaar leier was. 1165 tot 1157 vC. Die priester Eli volg hom op. Eli is op hierdie stadium 1214-1157 = 57 jaar oud. {Rig 12:15}
#1156 vC: ‘n Engel verskyn aan Manoag se vrou en sê dat sy swanger sal word met Simson. {Rig 13:5}
#1155 vC: Simson word gebore {Rig 13:24-25}
#1137 vC: Simson begin regeer {Rig 14}. Hy is 1155-1137 = 18 jaar oud. Hy regeer vir 20 jaar {Rig 15:20}. 1117+20 = 1137 vC
#1136 vC: Simson vang 300 jakkalse en bind fakkels aan hulle sterte vas en vernietig die Filistyne se landerye. {Rig 15:1-20}
#1117 vC: Simson sterf na hy 20 jaar geregeer het (hy is 1155-1117 = 38 jaar oud). {Rig 16:23-31}
#1116 vC: Eli sterf toe hy 98 jaar oud is {1 Sam 4:15} en nadat hy 40 jaar leier was {1 Sam 4:18}.
#1110 vC: Barsillai word gebore. Hy was 80 jaar oud in 1030 vC {2 Sam 19:35}
#1096 vC: Nadat die ark vir 20 jaar by die Filistyne was, stuur hulle die ark terug. {1 Sam 7:2}
Saul
#1095 vC: Die Israeliete vra vir ‘n koning en Saul word as koning gesalf. {1 Sam 8}
#1093 vC: Saul se koningskap wankel toe hy self ‘n offer bring in plaas daarvan om vir Samuel te wag. {1 Sam 13:13-14}
#1085 vC: Dawid word gebore. Dawid was dertig toe hy koning geword het, en hy het veertig jaar geregeer {2 Sam 5:4}. Dus was hy 70 toe hy gesterf het. {1 Sam 17:12}
#1063 vC: God verwerp Saul as koning en stuur Samuel om vir Dawid te salf as koning. {1 Sam 16}
#1060 vC: Mefiboset, seun van Jonatan, word gebore. Dit is vyf jaar voor Saul en Jonatan se dood. {2 Sam 4:4; 1 Kron 8:34; 1 Kron 9:40}
#1060 vC: Dawid vlug vir Saul en gaan na koning Akis van Gat. {1 Sam 21:10}
#1057 vC: Akis gee Siklag vir Dawid. Dawid mislei egter vir Akis: wanneer Dawid ‘n gebied verower het, het hy geen man of vrou laat lewe nie, want hy het gedink: anders verklik hulle ons en sê: “Dit is wat Dawid gedoen het.” {1 Sam 27:1-12}
#1056 vC: Terwyl Dawid in Siklag is, sluit baie mense by hom aan {1 Kron 12}
#1055 vC: Saul sterf {1 Sam 31; 1 Kron 10}. Hy het 40 jaar lank geregeer. {Hand 13:21} (1095-40 = 1055 vC) Abner maak vir Is-Boset koning van Israel. {2 Sam 2:8-11}
Dawid
#1055 vC: [1010 vC] Dawid word koning oor Juda in Hebron (2 Sam 2; 1 Kron 12:19). Dawid was dertig toe hy koning geword het, en hy het veertig jaar geregeer. {2 Sam 5:4; 1 Kon 2:11}
#1053 vC: Heelwat oorloë vind plaas tussen Dawid en Is-Boset, maar Dawid word al hoe sterker. {2 Sam 2:26-32; 2 Sam 3:1}
#1048 vC: Abner breek met Is-Boset en sluit by Dawid aan. {2 Sam 3:6-21}
#1048 vC: Saul se dogter Mikal word teruggegee aan Dawid. {2 Sam 3:12-16}
#1048 vC: Joab vermoor vir Abner {2 Sam 3:22-39}
#1048 vC: Is-boset word vermoor {2 Sam 4}
#1048 vC: [1003 vC] Na 7 jaar as koning oor Juda, word Dawid ook oor Israel. {2 Sam 5; 1 Kon 2:10-11}
#1048 vC: Dawid verower Jerusalem wat sedert Josua se tyd deur die Jebusiete beset was (Jos 15:63) en noem dit Dawidstad. {2 Sam 5:6-9; 1 Kron 11:4-7}
#1047 vC: Toe die Filistyne verneem dat Dawid tot koning oor Israel gesalf is, het hulle twee keer teen hom opgetrek. {2 Sam 5:17-25; 1 Kron 14:1-17}
#1046 vC: Dawid verbeter Jerusalem. {2 Sam 5:9}
#1045 vC: Dawid laat die ark na Jerusalem kom. Hy skryf Ps 68 vir die geleentheid. {2 Sam 6}
#1044 vC: Dawid wil vir God ‘n tempel bou. Natan sê egter dat Salomo dit eendag gaan doen. {2 Sam 7}
#1038 vC: Die Ammoniete beledig Dawid se boodskappers wat hy gestuur het om medelye te betoon met die afsterwe van die koning. {2 Sam 10}
#1037 vC: In die volgende jaar stuur Dawid vir Joab om die Ammoniete te verslaan. {2 Sam 10; 1 Kron 19:1-19}
#1036 vC: Dawid steek die Jordaan oor tydens die geveg. {2 Sam 10}
#1035 vC: Dawid pleeg owerspel met Batseba en vermoor Uria. {2 Sam 11} Dawid is 1085-1035 = 50 jaar oud.
#1034 vC: Batseba se kind sterf. {2 Sam 12}
#1034 vC: Salomo word gebore. {2 Sam 12:24-25}
#1032 vC: Amnon verkrag vir Tamar. {2 Sam 13:1-39}
#1030 vC: Absalom vermoor vir Amnon en vlug na Gesur. {2 Sam 13:23}
#1027 vC: Na drie jaar in Gesur kom Absalom terug {2 Sam 13:38}
#1025 vC: Absalom steek Joab se gars aan die brand. {2 Sam 14:25-33}
#1024 vC: Absalom steel die harte van die volk. {2 Sam 15:1-6}
#1023 vC: Absalom kom in opstand teen Dawid. {2 Sam 15:7}
#1023 vC: Absalom sterf. {2 Sam 18:9-14}
#1021 vC: ‘n Hongersnood van drie jaar begin omdat Saul van die Gibeoniete laat doodmaak het (hierdie insident word nie in die Bybel beskryf nie). Wat was ‘n verbreking van die ooreenkoms in Jos 9. {2 Sam 21:1-2}
#1018 vC: Dawid lewer die volgende afstammelinge van Saul oor aan die Gibeoniete: (1)Armoni en (2)Mefiboset, die twee seuns wat Rispa dogter van Aja by Saul gehad het, asook die vyf seuns van Saul se dogter Merab wat sy gehad het by Adriël seun van Barsillai die Megolatiet. Die Gibeoniete hang hulle voor die Here op die berg. {2 Sam 21:8-10}
#1017 vC: Dawid laat die volk tel. God stuur ‘n plaag. {2 Sam 24; 1 Kron 21:1-27}
#1017 vC: Dawid tref voorbereidings vir die bou van die tempel. {1 Kron 22}
#1016 vC: Salomo en Naäma se seun Rehabeam word gebore. {1 Kon 14:21} Hy word 41 jaar later koning oor Juda. (975+41 = 1016 vC) {1 Kon 14:21; 2 Kron 12:13}
#1015 vC: [970 vC] Dawid sterf toe hy 70 jaar oud was. Hy was dertig toe hy koning geword het, en hy het veertig jaar geregeer. In Hebron was hy sewe en ‘n half jaar koning oor Juda, en in Jerusalem drie en dertig jaar oor die hele Israel en Juda. {2 Sam 5; 1 Kon 2:10-11}
Salomo
#1015 vC: Salomo volg vir Dawid op as koning. Die Bybel sê nie hoe oud hy was nie. Volgens James Ussher was hy 19 jaar oud. {1 Kon 2}
#1014 vC: Salomo maak Adonia, sy broer dood, omdat dié hom wil onttroon. Die priester Abjatar word ontslaan omdat hy vir Adonia ondersteun het. Salomo maak vir Joab dood. {1 Kon 2}
#1014 vC: Salomo trou met die farao se dogter. {1 Kon 3}
#1013 vC: Salomo se raad aan twee prostitute. {1 Kon 3:2-16}
#1013 vC: Salomo ontmoet met Hiram van Tirus oor die bou van die tempel. {1 Kon 5}
#1012 vC: 480 jaar nadat die Israeliete uit Egipte getrek het, vier jaar nadat Salomo koning geword het, word die fondasie van die tempel gelê. {1 Kon 6:1-37; 2 Kron 3:2}
#1011 vC: Salomo straf Simeï met die dood. {1 Kon 2:39-46}
#1005 vC: Die tempel word voltooi in die elfde jaar. Hulle het sewe jaar aan die tempel gebou (1012 tot 1005 vC). Na die tempel voltooi is, begin Salomo om sy paleis te bou. {1 Kon 6:38}
#1004 vC: Die tempel word ingewy. {1 Kon 8; 2 Kron 5}
#992 vC: Salomo se paleis is voltooi. Hy het 13 jaar daaraan gebou {1 Kon 7:1}. Beide die tempel en sy paleis het 20 jaar geneem. {1 Kon 9:10 en 2 Kron 8:1}
#978 vC: Agija, ‘n profeet uit Silo, sê vir Jerobeam I dat Salomo vir God verlaat het en dat hy oor 10 van die 12 stamme sal regeer. Salomo hoor dit en wil Jerobeam I doodmaak, maar hy vlug na Egipte. {1 Kon 11:40}
#975 vC: [931 vC] Salomo sterf. Hy het 40 jaar oor Israel geregeer. As Salomo 19 jaar oud was toe hy koning geword het, was hy 59 jaar oud toe hy gesterf het. {1 Kon 11:42}
Skeuring van die Ryk
#975 vC: [931 vC] Salomo se seun Rehabeam regeer oor Juda (Juda en Benjamin) en Jerobeam I oor die ander 10 stamme. {1 Kon 12:1-33}
#975 vC: [931 vC] Rehabeam (Juda), seun van Salomo, word koning toe hy 41 jaar oud is. Hy is 17 jaar koning oor Juda. {1 Kon 14:21; 2 Kron 12:13}
#975 vC: [931 vC] Jerobeam I word koning van Israel. Hy is 22 jaar koning. {1 Kon 14:20}
#974 vC: Jerobeam I werk die Leviete uit en stel gewone mense aan as priesters {1 Kon 13:33-34; 2 Kron 11:13-17; 2 Kron 13:9; 2 Kron 11:13-16}. Die Leviete trek na gebiede in Juda.
#972 vC: Rehabeam is goed gevestig in sy koningskap en verontagsaam die woord van die Here {1 Kon 14:22-24; 2 Kron 12:1}
#971 vC: In die 5de jaar van Rehabeam se regering het koning Sisak van Egipte teen Jerusalem opgetrek. Hy het beslag gelê op die skatte in die huis van die Here en die paleis. {1 Kon 14:25-27; 2 Kron 12:2-12}
#958 vC: Rehabeam (Juda) sterf in die 18de regeringsjaar van Jerobeam I (975-17 = 958 vC). Hy het 17 jaar geregeer. Hy was dus 41+17 = 58 jaar oud. Sy seun Abia volg hom op as koning en regeer vir drie jaar {1 Kon 15:1-2; 2 Kron 13:1-2}
#957 vC: Abia en sy weermag van 400 man veg teen Jerobeam I en wen. {2 Kron 13:1-22}
#955 vC: Abia (Juda) sterf nadat hy drie jaar geregeer het (958-3 = 955). Sy seun Asa volg hom op in die 20ste regeringsjaar van Jerobeam I {1 Kon 15:1-2}. Asa regeer 41 jaar (955 tot 914 vC). {1 Kon 15:8-10; 2 Kron 16:13}
#954 vC: Jerobeam I (Israel) sterf. {1 Kon 14:20} In die tweede regeringsjaar van koning Asa van Juda (955-1 = 954 vC), sterf Jerobeam I, koning van Israel, nadat hy 22 jaar regeer het (975-954 ~ 22).
Nadab (Israel) seun van Jerobeam I volg hom op as koning in die 2de regeringsjaar van Asa (Juda). Hy regeer 2 jaar. {1 Kon 15:24-33}
#953 vC: Nadab (Israel) word deur Baesa vermoor in die derde regeringsjaar van koning Asa (Juda). {1 Kon 15:25-30} (955-2 = 953 vC). Nadab het twee jaar geregeer. Baesa, seun van Agija, word koning oor Israel en regeer vir 24 jaar in Tirsa. {1 Kon 15:33}
#949 vC: Josafat (Juda), seun van Asa, word gebore. 35 jaar later word hy koning {1 Kon 22:42; 2 Kron 20:31}. Dit was toe Asa 41 jaar geregeer het (955-41 = 914 vC). 914+35 = 949 vC
#941 vC: Asa (Juda) bring offers vir God in sy 15de regeringsjaar (955-14 = 941 vC). {2 Kron 15:10}
#930 vC: Baesa (Israel) sterf {1 Kon 16:6} nadat hy 24 jaar geregeer het (953-930~24). {1 Kon 15:33}
Ela (Israel), seun van Baesa, word koning in Tirsa in die 26ste regeringsjaar van Asa (Juda) (955-25 = 930 vC). Ela regeer twee jaar. {1 Kon 16:8}
#929 vC: Ela (Israel) word vermoor deur sy onderdaan, Simri. {1 Kon 16:9-14}
Simri (Israel) word koning oor Israel in die 27ste regeringsjaar van Asa (955-26 = 929 vC). Simri regeer 7 dae in Tirsa. {2 Kon 16:15}
#929 vC: Simri (Israel), pleeg selfmoord nadat hy sewe dae geregeer het. {1 Kon 16:18-20}
Omri en Tibni volg Simri op en regeer oor Israel.
#927 vC: Joram (Juda) se seun, Ahasia en Atalia {2 Kon 8:26}, word gebore. Ahasia het koning geword toe hy 42 jaar oud was (885+42 = 927 vC) {2 Kron 22:2}
#925 vC: Omri word koning oor die hele Israel in die 31ste regeringsjaar van Asa (955-30 = 925 vC). {1 Kon 16:23}
#924 vC: Joram (Juda), seun van Josafat, koning van Juda, word gebore. Joram was 32 jaar oud toe sy pa hom as onderkoning aangestel het in 892 vC {2 Kon 8:17}
#918 vC: Omri (Israel) sterf. {1 Kon 16:23-28}
Agab (Israel), seun van Omri, word koning oor Israel in die 38ste regeringsjaar van Asa (Juda). (955-37 = 918 vC) Agab regeer 22 jaar. {2 Kron 16:29}
#914 vC: Asa (Juda), seun van Abia, sterf. {1 Kon 15:24; 2 Kron 16:12-14}
Josafat (Juda), seun van Asa word koning oor Juda toe hy 35 jaar oud is. Dit gebeur in die 4de regeringsjaar van Agab. (918-3 ~ 914 vC) Hy regeer 25 jaar. {1 Kon 22:41-42; 2 Kron 20:31}
#899 vC: Isebel vermoor vir Nabot sodat Agab sy wingerd kan kry. Elia kondig vir Agab aan dat hy sou sterf. {1 Kon 21:17-26}
#898 vC: Ahasia (Israel), seun van Agab, word onderkoning van Israel in die 17de regeringsjaar van Josafat (Juda). (914-16 = 898 vC) Hy regeer 2 jaar. {1 Kon 22:52}
#897 vC: Agab (Israel) sneuwel in oorlog. {1 Kon 22:34-40} (918-22 ~ 897 vC)
Ahasia (Israel), seun van Agab, word verhoof van onderkoning van Israel na koning.
#896 vC: Ahasia (Israel) val deur traliewerk en beseer homself. Hy stuur mense om Baäl-Sebub, die god van Ekron te raadpleeg. Ahasia wil Elia laat vang, maar vuur uit die hemel verteen twee groepe van 50 man. {1 Kon 1:1-18} Hy het 2 jaar geregeer. (898-2 = 896 vC)
#896 vC: Joram (Israel) volg Ahasia op as koning. Omdat Ahasia nie kinders gehad het nie, volg sy broer, Joram, seun van Agab, hom op as koning. {2 Kon 1:17} Dit gebeur in die 18de regeringsjaar van Josafat (Juda). (914-17 ~ 896 vC) Hy is 12 jaar lank koning. {2 Kon 3:1}
#896 vC: Elia word in die hemel opgeneem. {2 Kon 2:1-25}
#895 vC: Die drie konings van Israel, Juda en Edom verenig om die opstandige Moabiete te onderwerp. In hierdie oorlog voorsien die profeet Elisa, wonderbaarlik water en verseker hulle oorwinning. Mesa, die koning van Moab, vat sy oudste seun en offer hom as brandoffer op die stadsmuur. Dit skok die Israeliete so dat hulle na hulle land toe teruggaan. {2 Kon 3:1-27}
#892 vC: Joram (Juda), seun van Josafat, word onderkoning van Juda in die 5de regeringsjaar van Joram (Israel). Hy was 32 toe hy koning geword het en het 8 jaar geregeer {2 Kon 8:16-17; 2 Kron 21:5; 2 Kron 21:19}
#889 vC: Josafat (Juda), sterf nadat hy 25 jaar geregeer het. {1 Kon 22:50; 2 Kron 20:31} (914-25 = 889 vC) Joram word verhoog van onderkoning na koning.
#886 vC: Ahasia (Juda), seun van Joram en Atalia, word onderkoning van Juda in die 11de regeringsjaar van Joram (Israel) (896-10 = 886 vC). {2 Kon 9:29}
#885 vC: Joram (Juda) sterf. Hy was 32 toe hy koning geword het en het vir 8 jaar geregeer. {2 Kron 21:19-20} Hy was dus 32+8 = 40 toe hy gesterf het.
#885 vC: Ahasia (Juda), seun van Joram, word koning. Dit gebeur in die 12de regeringsjaar van Joram (Israel), seun van Agab (896-11 = 885 vC). Hy was 42 jaar oud en het een jaar geregeer {2 Kon 8:25-27; 2 Kron 22:2}
#884 vC: Joram (Israel) word vermoor deur Jehu. {2 Kon 9:24} Joram was 12 jaar koning. (896-12 = 884 vC) {2 Kon 3:1}
#884 vC: Jehu (Israel) volg Joram op.
#884 vC: Ahasia (Juda) word vermoor deur Jehu (Israel). Hy het ‘n jaar lank geregeer {2 Kon 8:26; 2 Kron 22:2} (885-1 = 884 vC)
#884 vC: Atalia (Juda) begin regeer oor Juda. Sy was die vrou van Joram en die ma van Ahasia. Sy was ook ‘n kleindogter van Omri (Israel) {2 Kon 8:26; 2 Kron 22:2} Toe sy hoor haar seun is dood, het sy begin om die hele koningshuis uit te roei. Jehoseba, dogter van Joram en suster van Ahasia, het egter vir Joas, ‘n seun van Ahasia, vir ses jaar weggesteek. In dié tyd het Atalia die land geregeer. {2 Kon 11:1-4; 2 Kron 22:10}
#878 vC: Atalia (Juda), vrou van Joram en ma van Ahasia, sterf. {2 Kon 11:4-21} Sy het ses jaar geregeer {2 Kon 11:1-4}
#878 vC: Joas (Juda), seun van Ahasia en Atalia, word koning oor Juda toe hy 7 jaar oud was {2 Kon 11:21; 2 Kron 23:1; 2 Kron 24:1}. Dit gebeur in die 7de regeringsjaar van Jehu (Israel) {2 Kon 12:1} (884-6 = 878 vC)
#864 vC: Joas (Juda) se seun Amasia word gebore. 25 jaar later word hy koning van Juda. {2 Kon 14:2; 2 Kron 25:1} (839+25 = 864 vC)
#856 vC: Jehu (Israel) sterf. Hy het 28 jaar geregeer. {2 Kon 10:36} (884-28 = 856 vC)
#856 vC: Joahas (Israel), seun van Jehu, word koning oor Israel in die 23ste regeringsjaar van Joas (Juda). Hy regeer 17 jaar. {2 Kon 13:1} (878-22 = 856 vC)
#841 vC: Joas (Israel) word onderkoning in die 37ste regeringsjaar van Joas (Juda). Hy regeer 16 jaar. {2 Kon 13:10} (878-36 ~ 841 vC)
#839 vC: Joas (Juda) word gewond en toe vermoor deur sy dienaars. {2 Kron 24:24-25} Hy het 40 jaar geregeer. (878-40 ~ 839 vC) {2 Kon 12:1; 2 Kron 24:1}
#839 vC: Amasia (Juda) seun van Joas, word koning oor Juda in die 2de regeringsjaar van Joas (Israel). (841-2 = 839 vC) Hy is 25 toe hy koning word en regeer 29 jaar {2 Kon 14:1-2}. Berekening van datum: As Joas 40 jaar geregeer het, is hy 878-40 = 838 vC oorlede. As Amasia in die tweede regeringsjaar van Joas (Israel) koning geword het, gee dit 841-1 = 840 vC. Die datum van 839 vC word dus gekies. Daar word aanvaar dat Joas 39 en ‘n half jaar geregeer het en dat dit amper in Amasia se 2de jaar was.
#839 vC: Joahas (Israel) sterf. Hy het 17 jaar geregeer. {2 Kon 13:1} (856-17 = 839 vC)
Joas (Israel) word verhoog van onderkoning na koning. Hy regeer 16 jaar. {2 Kon 13:9-10}
Die profeet, Elisa, sterf nadat Joas hom besoek. {2 Kon 13:14-20}
#825 vC: Joas (Israel) sterf 15 jaar voor die dood van Amasia. Hy het 16 jaar geregeer. {2 Kon 13:10} (841-16 = 825 vC)
Jerobeam II (Israel) word koning in die 15de regeringsjaar van Amasia (Juda). (839-14 = 825 vC) Hy regeer 41 jaar. {2 Kon 14:23}
Hy bring Damaskus en Hamat onder die gesag van Israel soos dit voorheen was. {Num 21:13; 2 Sam 8:6; 2 Kron 8:3} Hiermee word die profesie van die profeet Jona, seun van Amittai, vervul. {2 Kon 14:25}
#826 vC: Amasia (Juda) se seun Ussia/Asarja word gebore. Ussia was 16 jaar oud toe hy koning geword het. {2 Kon 15:1-2; 2 Kron 26:1-3} (810+16 = 826 vC)
#810 vC: Amasia (Juda) word vermoor deur sy amptenare. {2 Kon 14:19-20} Hy het 29 jaar geregeer {2 Kon 14:14} (839-29 = 810 vC). Dit was 15 jaar na die dood van Joas (Israel) {2 Kon 14:17} (825-15 = 810 vC) en in die 27ste regeringsjaar van Jerobeam II (Israel) {2 Kon 15:1} (836-26 = 810 vC)
#810 vC: Ussia/Asarja (Juda), seun van Amasia, word koning van Juda. Hy was 16 jaar oud en regeer vir 52 jaar. {2 Kon 15:1-2; 2 Kron 26:1-3}
#808 vC: Amos, ‘n skaapboer uit Tekoa, sien ‘n gesig oor Israel tydens die regering van koning Ussia (Juda) en koning Jerobeam II (Israel). Dit is 2 jaar voor die aardbewing gebeur. {Amos 1:1}
#784 vC: Jerobeam II (Israel) sterf nadat hy 41 jaar regeer het. {2 Kon 14:23} (825-41 = 784 vC)
Jerobeam II se seun, Sagaria, begin eers 11 jaar later regeer.
#783 vC: Ussia/Jotam (Juda) se seun Jotam word gebore. Jotam was 25 jaar oud toe hy koning geword het. {2 Kon 15:33; 2 Kron 27:1}. Dit gee ‘n datum van 759+25 = 784 vC, maar volgens Ussher was dit in 783 vC.
#773 vC: Sagaria (Israel), seun van Jerobeam II, word koning in die 38ste regeringsjaar van Ussia/Asarja (Juda). (810-37 = 773 vC) Hy regeer 6 maande in Samaria (hoofstad van Israel). {2 Kon 15:8}
Sagaria (Israel) word vermoor deur Sallum, seun van Jabes {2 Kon 15:10-12}
#772 vC: Sallum (Israel) seun van Jabes word koning in die 39ste jaar van Ussia (Juda). (810-38 = 772 vC) Hy regeer ‘n maand en ‘n paar dae voor Menahem hom vermoor. {2 Kon 15:13-15}
#771 vC: Menahem (Israel), seun van Gadi, koning oor Israel in die 39ste regeringsjaar van Ussia/Asarja (Juda) (810-38 ~ 771 vC). Hy regeer 10 jaar in Samaria. {2 Kon 15:17}
#762 vC: Jotam (Juda) se seun Agas word gebore. 20 jaar later word hy koning. {2 Kon 16:2; 2 Kron 28:1} (742+20 = 762 vC)
#761 vC: Menahem (Israel) sterf nadat hy 10 jaar geregeer het (771-10 = 761 vC).
Pekahia (Israel), seun van Menahem, word koning in die 50ste regeringsjaar van koning Ussia/Asarja (Juda) (810-49 = 761 vC). Hy regeer twee jaar in Samaria. {2 Kon 15:23}
#759 vC: Pekahia (Israel) word vermoor deur sy adjudant, Peka, seun van Remalja. {2 Kon 15:25} Hy het 2 jaar geregeer (761-2 = 759 vC)
Peka (Israel), seun van Remalja, word koning oor Israel in die 52ste regeringsjaar van Ussia/Asarja (Juda) (810-51 = 759 vC). Hy regeer 20 jaar in Samaria. {2 Kon 15:27}
#759 vC: Ussia/Asarja (Juda) sterf van melaatsheid. {2 Kron 26:21} Hy het 52 jaar geregeer {2 Kon 15:2; 2 Kron 26:3}
#759 vC: Jotam (Juda), seun van Ussia/Asarja, word koning van Juda in die 2de regeringsjaar van Peka (Israel) {2 Kon 15:32}. Hy was 25 toe hy koning geword het en het vir 16 jaar geregeer {2 Kon 15:33; 2 Kron 27:8}
#759 vC: In die jaar van koning Ussia se dood sien Jesaja die Here op ‘n baie hoë troon. Die onderste van sy kleed het die tempel gevul. {Jes 6:1-13; Joh 12:40-41}
#759 vC: Miga van Moreset tree op as profeet tydens die regering van die Judese konings Jotam, Agas en Hiskia. Dit handel oor Samaria en Jerusalem. {Miga 1:1}
#752 vC: Agas (Juda) se seun Hiskia word gebore. Hy was 25 toe hy koning geword het. {1 Kon 18:2; 2 Kron 29:1} (727+25 = 752 vC)
#742 vC: Jotam (Juda) sterf. {2 Kon 15:38} Hy het 16 jaar geregeer. {2 Kon 15:33; 2 Kron 27:8}
#742 vC: Agas (Juda), seun van Jotam, word koning van Juda in die 17de regeringsjaar van Peka (Israel). Hy was 20 toe hy koning geword het en hy het 16 jaar geregeer {2 Kon 16:1-2; 2 Kron 28:1}
Berekening:
- Jotam het 16 jaar geregeer: 759-16 = 743 vC
- Agas het in die 17de regeringsjaar van Peka koning geword: 759-16 = 743 vC
- Volgens Ussher het dit egter in 742 vC gebeur.”
#742 vC: Resin van Aram en Peka (Israel) val Agas (Juda) aan. Daar kom egter niks van nie. {2 Kon 16:5; Jes 7:1} Jesaja profeteer hieroor. {Jes 8:5-10}
#741 vC: Peka (Israel) maak 120 000 van Juda se soldate dood. Sikri, ‘n krygsman uit Efraim, maak die prins Maäseja, die paleisbestuurder Asrikam en die onderkoning Elkana dood. Die Israeliete neem ook 200 000 vrouens, seuns en dogters gevange en ‘n groot hoeveelheid buit en neem dit na Samaria. {2 Kron 28:6-8}
#739 vC: Peka (Israel) word vermoor deur Hosea. Hy het 20 jaar geregeer. {2 Kon 15:27} {759-20 = 739 vC}
Hosea (Israel), seun van Ela, word koning oor Israel in die 20ste regeringsjaar van Jotam (Juda) (759-19 ~ 739 vC). {2 Kon 15:30} Jotam is egter reeds 3 jaar oorlede (in 742 vC). Dit was die 4de jaar van Agas. (742-3 = 739 vC).
Vir die volgende 9 jaar is daar egter baie burgerlike wanorde en anargie in Israel.
#730 vC: Hosea (Israel), word eers werklik koning in die 12de regeringsjaar van Agas (742-11 ~ 730 vC) Hosea regeer ‘n verdere 9 jaar in Samaria. {2 Kon 17:1}
#727 vC: Hiskia (Juda), seun van Agas, word onderkoning van Juda. Dit gebeur in die 3de regeringsjaar van Hosea (Israel). Hy was 25 jaar oud en het 29 jaar geregeer. {2 Kon 18:1}
#726 vC: Agas (Juda) sterf {2 Kon 16:20; Jes 14:28-32}. Hy het 16 jaar geregeer. {2 Kon 16:1-2; 2 Kron 28:1} (742-16 = 726 vC). Sy seun, Hiskia, word verhoog van onderkoning na koning van Juda.
In die eerste jaar van Hiskia se regering, in die eerste maand, herstel Hiskia die tempel se deure. Hy beveel ook die Leviete om hulleself te reinig. {2 Kron 28:24; 2 Kron 29:3-4}
Op die 1ste dag van die eerste maand begin die priesters om die tempel skoon te maak. Op die 8ste dag begin hulle met die voorportaal. Agt dae later, op die 16de is hulle klaar. {2 Kron 29:17}
Die paasfees word uitgestel tot die tweede maand.
Jesaja voorspel die val van die Filistyne. {Jes 14:28-32}
Jesaja voorspel ‘n groot ramp wat Moab gaan tref binne 3 jaar. {Jes 15 – Jes 16}
#724 vC: In die 4de regeringsjaar van Hiskia en die 7de regeringsjaar van Hosea trek koning Salmaneser van Assirië op teen Samaria en beleër die stad. {2 Kon 18:9}
#721 vC: Drie jaar later, in die 6de regeringsjaar van Hiskia en 9de regeringsjaar van Hosea verower Salmaneser die hoofstad van Israel, Samaria. {2 Kon 18:10} Hosea (Israel) word na Assirië weggevoer. {2 Kon 17:3-6} Hosea is die laaste koning van Israel. Hy het geen opvolger gehad nie.
DIT IS DIE EINDE VAN ISRAEL, DIE NOORDELIKE KONINKRYK (721 vC)
#713 vC: In die 14de regeringsjaar van Hiskia (726-13 = 713 vC) val Sanherib van Assirië al die vestingstede in Juda aan en verower dit. {2 Kon 18:13; Jes 36}
Die hoofadjudant van Sanherib sê dat Hiskia verniet op Egipte of op God vertrou. Hulle gaan verslaan word.
Koning Sanherib kry berig dat koning Tirhaka van Kus op pad is om hom aan te val. ‘n Engel van die Here maak verder 185000 man in die Assiriese kamp dood. Sanherib gaan terug na Nineve. Terwyl hy op ‘n dag in die tempel van sy god Nisrok aanbid, steek Adrammelek en Sar-Eser hom met swaarde dood.
Hiskia word ernstig siek. Jesaja sê vir hom dat hy gaan sterf. Nadat Hiskia tot die Here gebid het, stuur God vir Jesaja terug en sê vir Hiskia dat sy lewe met 15 jaar verleng sal word. As teken, laat God die skaduwee op Hiskia se pa, Agas, se sonwyser 10 trappe terug skuif. {2 Kon 20; 2 Kron 32:24; Jes 38}
In dié tyd stuur koning Merodak-Baladan van Babel, seun van Baladan, briewe en geskenke na Hiskia omdat hy gehoor het van Hiskia se siekte. Hiskia wys die gesante alles wat hy het. {2 Kon 20:12-19; 2 Kron 32:25-31; Jes 39}
Die profeet Miga van Moreset profeteer. {Miga 3:12; Jer 26:18-19}
#710 vC: Hiskia (Juda) se seun, Manasse, word gebore. 12 jaar later word hy koning. {2 Kon 21:1; 2 Kron 33:1} (698+12 = 710 vC)
#698 vC: Hiskia (Juda) sterf van natuurlike oorsake. Hy was 25 jaar oud en het 29 jaar geregeer. {2 Kon 18:1} (727-29 = 698 vC) Dit is 15 jaar nadat hy siek geword het (713-15 = 698 vC) en God sy lewe verleng het.
#698 vC: Manasse (Juda), seun van Hiskia, word koning van Juda. Hy was 12 toe hy koning geword het en het 55 jaar geregeer. {2 Kon 21:1; 2 Kron 33:1}
#677 vC: Jesaja se profesie word vervul dat Efraim binne 65 jaar so verwoes sal word dat hy geen volk meer sal wees nie. {Jes 7:8}
#665 vC: Manasse (Juda) se seun Amon word gebore. Hy was 22 toe hy koning geword het. {2 Kon 21:19; 2 Kron 33:21} (643+22 = 665 vC)
#643 vC: Manasse (Juda) sterf. {2 Kon 21:18} Hy het 55 jaar geregeer. {2 Kon 21:1; 2 Kron 33:1} (698-55 = 643 vC)
#643 vC: Amon (Juda), seun van Manasse, word koning oor Juda. Amon was 22 toe hy koning geword het, en hy het 2 jaar in Jerusalem geregeer. {2 Kon 21:19; 2 Kron 33:21}
#641 vC: Amon (Juda) word vermoor deur sy dienaars. {2 Kon 21:23} Hy het 2 jaar in Jerusalem geregeer. {2 Kon 21:19; 2 Kron 33:21} (643-2 = 641 vC)
#641 vC: Josia (Juda), seun van Amon word koning oor Juda. Hy was 8 jaar toe hy koning geword het, en het 31 jaar in Jerusalem geregeer. {2 Kon 22:1; 2 Kron 34:1}
#624 vC: In die 18de jaar van Josia (641-17 = 624 vC) gee hy opdrag aan die hoëpriester Gilkija om al die dinge wat vir Baäl en Asjera en al die hemelliggame gemaak is uit die tempel te verwyder. Terwyl die tempel skoongemaak word, word die wetboek gevind wat in die verbondsark gebêre was. Daarna word ‘n paasfees gevier. {2 Kon 23; 2 Kron 34:8}
#620 vC: Jojakim (Juda) en sy vrou Gamutal se seun, Sedekia, word gebore. 21 jaar later volg hy Jojagin as koning op. {2 Kon 24:17-18; 2 Kron 36:11} (599+21 = 620 vC)
#617 vC: Jojakim (Juda) en sy vrou Negusta, se seun, Jojagin word gebore. Jojagin was 18 toe hy koning geword het. {2 Kon 24:6-8; 2 Kron 36:9} (599+18 = 617 vC)
#610 vC: Josia (Juda), sterf tydens die slag van Megiddo. {2 Kon 23:29; 2 Kron 35:20-27} Hy het 31 jaar in Jerusalem geregeer. {2 Kon 22:1; 2 Kron 34:1} (641-31 = 610 vC)
Jeremia skryf ‘n treurlied oor Josia {Jer 22}”
#610 vC: Joahas (Juda), seun van Josia, word koning van Juda. Hy was 23 toe hy koning geword het en het 3 maande geregeer. {2 Kon 23:31; 2 Kron 36:1-2}
#610 vC: Joahas (Juda) sterf na 3 maande.
#610 vC: Jojakim/Eljakim (Juda), broer van Joahas, word koning oor Juda. Jojakim is 25 toe hy koning word, en regeer 11 jaar in Jerusalem. {2 Kon 23:36; 2 Kron 36:5} Neko, die Egiptiese koning/farao, verander Eljakim se naam na Jojakim. {2 Kon 23:34; 2 Kron 36:4}
Ballingskap begin
Ballingskap begin toe Nebukadnesar aan bewind kom.
#607 vC: In die 4de regeringsjaar van Jojakim begin koning Nebukadnesar van Babel regeer. (610-3 = 607 vC) {Jer 25:1; Jer 36:1; Jer 46:2} Nebukadnesar trek op teen Jojakim. Jojakim is 3 drie jaar aan hom onderhorig en daarna kom hy teen Nebukadnesar in opstand. {2 Kon 24:1; 2 Kron 36:6}
#605 vC: Nebukadnesar vat ‘n gedeelte van die tempelgereedskap na die tempel van sy god. {Dan 1:2; 2 Kron 36:7}
#604 vC: Nadat Jojakim drie jaar aan Nebukadnesar onderhorig was kom hy in opstand. {2 Kon 24:1}
Daniël en sy drie vriende wil nie die dieet van die koning volg nie en eet slegs groente. {Dan 1:5-20}
Daniël lê Nebukadnesar se droom uit oor die beeld. {Dan 2:1-49}
#600 vC: Nebukadnesar se weermag van Galdeërs, Arameërs, Moabiete en Ammoniete val Jojakim aan en roei Juda uit. {2 Kon 24:2} In die 7de jaar van Nebukadnesar (607-7 = 600 vC) voer hy 3023 Judeërs weg na Babilon {Jer 52:28}
#599 vC: Jojakim (Juda) sterf nadat hy 11 jaar geregeer het (610-11 = 599 vC). {2 Kon 23:36; 2 Kron 36:5}
#599 vC: Jojagin (Juda), seun van Jojakim, word koning van Juda. Jojagin was 18 toe hy koning geword het en hy regeer 3 maande in Jerusalem. {2 Kon 24:6-8; 2 Kron 36:9}
#599 vC: Jojagin (Juda) word weggevoer na Babilon. {2 Kon 24:15-16} Hy het 3 maande in Jerusalem geregeer. {2 Kon 24:6-8; 2 Kron 36:9}
#599 vC: Sedekia (Juda), seun van Josia en Gamutal, oom van Jojagin, word koning van Juda. Sedekia was 21 toe hy koning geword het en het 11 jaar in Jerusalem geregeer (tot 588 vC). {2 Kon 24:18; 2 Kron 36:11; Jer 37:1}
#595 vC: In die 30ste jaar nadat Josia die wetboek in die tempel gekry het (624-29 = 595 vC) en in die 5de jaar van Jojagin se ballingskap (599-4 = 595 vC), kry Esegiël sy eerste visioen. {Eseg 1:2}
God beveel Esegiël om 390 dae op sy linkersy te lê. {Eseg 4}
#594 vC: Esegiël lê 40 dae op sy regtersy. {Eseg 4}
Kort nadat Plammis, die koning van Egipte, van sy reis na Ethiopië terugkeer, sterf hy. Sy seun, Apries, volg hom op en regeer 25 jaar lank. Die Bybel noem hom Gofra. {Jer 44:30}
#593 vC: Die leiers van Israel kom na Esegiël om God te raadpleeg. Esegiël berispe egter hulle skynheiligheid. {Eseg 20:1}
#590 vC: Jerusalem val: in die 9de regeringsjaar van Sedekia, op die tiende dag van die tiende maand, (599-9 = 590 vC) begin Nebukadnesar van Babel ‘n aanval op Jerusalem. {2 Kon 25:1; Eseg 24:1} Dit is soos voorspel deur Jeremia. {Jer 34}
In die 18de jaar van Nebukadnesar (607-17 = 590 vC) voer hy 832 Judeërs weg na Babilon {Jer 52:29}
#589 vC: In die 10de jaar profeteer Esegiël teen Egipte {Eseg 29:1-16}
#588 vC: In die 11de jaar van Jojagin (Juda) se ballingskap (599-11 = 588 vC) sê God vir Esegiël dat hy Tirus gaan straf omdat hy hom verlekker oor Jerusalem {Eseg 26:1-18}
God sê vir Esegiël dat Nebukadnesar vir Egipte gaan vernietig. {Eseg 30:20-26}
God sê vir Esegiël dat Egipte net so min hierdie ramp kan vermy as wat die Assiriërs kan. {Eseg 31:1-18}
11de regeringsjaar van Sedekia (599-11 = 588 vC) {Jer 1:3}
Die hongersnood in Jerusalem word erger. {2 Kon 26:2-4; Jer 39:2-3; Jer 52:5-7}
Die mure van Jerusalem word platgeslaan en die tempel word vernietig in die 19de regeringsjaar van Nebukadnesar. (607-19 = 588 vC) {2 Kon 25:8-10; 2 Kron 36:18-20; Jer 39:8-9; Jer 52:12-14}
{Jer 40}
#587 vC: Jerusalem word ingeneem:
Op die 5de dag van die 10de maand van die 12de jaar van Jojagin (Juda) se ballingskap (599-12 = 587 vC) kom iemand wat uit Jerusalem ontsnap het en sê vir Esegiël dat die stad ingeneem is. {Eseg 33:21}
Op die 1ste dag van die 12de maand profeteer Esegiël oor die verskriklike plaag en teëspoed wat Nebukadnesar oor Egipte sou bring. {Eseg 32:1; Eseg 33:1-16}
Op die 15de dag van die 12de maand voorspel Esegiël die farao en al die mense van Egipte se ondergang. {Eseg 32:17-32}
#584 vC: In die 23ste jaar van Nebukadnesar (607-23 = 584 vC) voer hy 745 Judeërs weg na Babilon deur die hoof van die lyfwag Nebusaradan {Jer 52:30}
#574 vC: In die 25ste jaar van Jojagin (Juda) se ballingskap (599-25 = 574 vC) kry Esegiël ‘n visioen dat die tempel, die stad en die koninkryk van die Israeliete herstel sal word. {Eseg 40:1}
#572 vC: In die 27ste jaar van Jojagin (Juda) se ballingskap (599-27 = 572 vC) sê God vir Esegiël dat Hy Egipte vir Nebukadnesar gaan gee as beloning omdat hy vir Tirus gestraf het. {Eseg 29:17-20}
#571 vC: God waarsku Nebukadnesar in ’n droom. {Dan 4:1-27}
#570 vC: 12 maande later word Nebukadnesar hoogmoedig en God laat hom 7 jaar soos ‘n dier in die veld leef. {Dan 4:28-33}
#563 vC: Na 7 jaar keer Nebukadnesar terug en erken God. {Dan 4:34-37}
#562 vC: Nebukadnesar sterf.
#562 vC: In die 37ste jaar van Jojagin (Juda) se ballingskap, op die 27ste van die 12de maand, (599-37 = 562 vC) laat Ewil-Merodak, wat pas koning van Babel geword het, vir Jojagin uit die gevangenis vry. Jojagin kon sy gevangenisklere uittrek en het so lank as hy gelewe het, aan die koning se tafel geëet. {2 Kon 25:27-29; Jer 52:33-34} Dit gebeur soos voorspel deur Jeremia. {Jer 28:4}
#555 vC: Belsasar van die Galdeërs kom aan bewind oor Babel. Hy regeer 17 jaar oor Babel {ekstern}. In die 1ste regeringsjaar van koning Belsasar van Babel het Daniël ‘n droom gehad en visioene gesien in sy slaap. {Dan 7}
#553 vC: In die 3de regeringsjaar van Belsasar sien Daniël nog ‘n visioen. {Dan 8:1}
#538 vC: ‘n Hand verskyn tydens Belsasar se partytjie. God maak bekend dat Babel sal val en aan die Mediërs en die Perse gegee word {Dan 5:25-28}.Hy sterf dieselfde aand. {Dan 5} Daarmee saam
#538 vC: Darius die Mediër, seun van Ahasveros, begin regeer toe hy 62 jaar oud is. {Dan 6:1} In sy 1ste jaar bemoedig Daniël hom. {Dan 11:1} Let op dat hierdie Ahasveros nie dieselfde een is as in die tyd van Ester nie.
#538 vC: Daniël word in die leeukuil gegooi, maar God bewaar hom. {Dan 6}
#538 vC: Daniël besef dat die ballingskap nou amper verby is en verdiep hom in die Here. {Dan 9:12-27}
Ballingskap eindig
#537 vC: Kores begin regeer in Persië. Hy kondig die einde van die ballingskap aan en kondig die volgende proklamasie af: “Koning Kores van Persië maak bekend: Die Here, die God van die hemel, het al die koninkryke van die aarde aan my gegee. Hy het my beveel om vir Hom ‘n tempel in Jerusalem in Juda te bou. Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort, kan teruggaan, en mag die Here sy God by hom wees.” {2 Kron 36:22-23; Esra 1:1-4; Esra 5:13; Esra 6:1-5}
Daniël se diens in die paleis kom tot ‘n einde. {Dan 1:21}
#536 vC: Die Israeliete doen voorbereidings om terug te keer na na hulle land. {Esra 1:5-11}
Die Israeliete trek terug saam met Serubbabel, Jesua, Nehemia, Seraja, Reëlaja, Mordegai, Bilsan, Mispar, Bigwai, Regum en Baäna. {Esra 2:2}
Die Israeliete kom by die tempelterrein aan. {Esra 2:68-70}
In die 7de maand het die Israeliete in Jerusalem bymekaar gekom en die altaar opgebou. {Esra 3:1-7}
#535 vC: Die bou van die tempel begin in die 2de jaar na hulle aankoms by die tempelterrein in Jerusalem. Toe die fondamente gelê is, vloei daar trane van vreugde. {Esra 3:6-13}
{Esra 4:1-4}
#535 vC: Op die 24ste van die 1ste maand in die 3de regeringsjaar van Kores ontvang Daniël ‘n openbaring {Dan 10:1,4} wat opgeteken is in Dan 10:1 tot Dan 12:13. Dit was Daniël se laaste vision voor sy dood.
#522 vC: Werk aan die tempel word gestop. {Esra 4:17-24}
#521 vC: Koning Darius van Persië (ook genoem Darius I of Darius die Grote) begin regeer.
#520 vC: In die 2de regeringsjaar van Darius van Persië, sê die Here vir die profeet Haggai dat hulle nie moet versuim om die tempel te herbou nie. {Esra 4:24; Hag 1}
Op die 21ste van die 7de maand in die 2de regeringsjaar van koning Darius, sê God vir Haggai om vir Serubbabel en Jesua seun van Josadak moed in te praat om te begin om die tempel te herbou. {Hag 2:1-5}
In die 8ste maand van die 2de regeringsjaar van Darius roep Sagaria die volk op tot bekering. {Sag 1:1}
#519 vC:
Op 24ste dag van die 9de maand in die 2de regeringsjaar van Darius, word die twee laaste profesieë van Haggai aan hom geopenbaar. Een visioen het die einde van daardie plae betref. Die ander het gegaan oor die omverwerping van verskeie koninkryke en die verheerliking van Serubbabel. {Hag 2:10-23}
Op die 24ste dag van die 11de maand in die 2de regeringsjaar van Darius, sê God vir Sagaria dat die tempel weer in Jerusalem herbou sal word (gesig van ‘n man op ‘n bruin perd). {Sag 1:7}
So gebeur dit ook dat die tempel op sy ou fondament gebou word deur Serubbabel en Jesua, die hoëpriester, met die hulp van Haggai en Sagaria, die profete. {Esra 5:1-2; Hag 2:10,18,19}
#518 vC: Vasti is ongehoorsaam aan Ahasveros. {Ester 1}
Op die 4de dag van die 9de maand in die 4de regeringsjaar van Darius sê God vir Sagaria om vir die volk te sê dat hulle nie tot Sy eer vas nie. {Sag 7:1}
Die volk treur en vas nou al 70 jaar lank. {Sag 7:5} Dit is sedert die mure van Jerusalem en die tempel afgebreek is in 518+70 = 588 vC.
#515 vC: Die tempel in Jerusalem word voltooi in die 6de regeringsjaar van koning Darius. {Esra 6:15-18}
#515 vC: Ester word koningin in die 7de regeringsjaar. {Ester 2}
#510 vC: Hamman word gehang. {Ester 7:10}
#485 vC: Koning Darius van Persië sterf. Xerxes begin regeer.
#474 vC: Artasasta volg Xerxes op en word onderkoning. {ekstern}
#467 vC: In die 7de regeringsjaar van koning Artasasta (474-7 = 467 vC) verlaat Esra en andere Babilon en trek na Israel. {Esra 7:6-9}
Artasasta gee hom opdrag om goud en silwer saam te neem, om offers te bring, om die toebehore van die tempel aan te vul en om die wet van God toe te pas. {Esra 7:11-28}
Die mense wat saam met Esra getrek het word gelys. {Esra 8:1-14}
Esra besef dat baie Israeliete met heidense vroue getrou het wat hulle weer sou verlei om afgode te aanbid. Elkeen se saak is ondersoek sodat besluit moes word watter vroue weggestuur moes word. Die ondersoeke geskied vanaf die 1ste dag van die 10de maand tot die 1ste dag van die 1ste maand (466 vC). {Esra 10:16-17}
#455 vC: In die 20ste jaar van koning Artasasta (474-20 = 545 vC), kry Nehemia verlof om te gaan help om Jerusalem se muur te herbou. {Neh 1}
#454 vC: {Neh 2; Neh 3; Neh 4}
Aan die begin van die 7de maand lees Esra die wetboek {Neh 8}
Op die 24ste dag van die 7de maand skei die Israeliete hulleself af van die nie-Israeliete. {Neh 9}
Die Israeliete hernu hulle verbond met God en verbind hulself om die wet van God, sy aanbidding, en die wet van die sabbat en die sabbatsjaar, te onderhou. {Neh 10:1-39}
#442 vC: Nadat Nehemia 12 jaar in Juda geregeer het (20ste tot 32ste regeringsjaar van koning Artasasta), keer hy terug na koning Artasasta {Neh 5:14; Neh 13:6}
#416 vC: Maleagi is ‘n tydgenoot van Nehemia. Dit lei mens af van die feit dat hy nie die Israeliete aangemoedig het om die tempel te bou nie. Hy berispe die volk ook van dieselfde dinge wat Nehemia doen.
#88 vC: Anna die profetes word gebore. Sy was 84 jaar oud toe sy Jesus in die tempel sien. {Luk 2:36-38}
#44 vC: Julius Caesar sterf.
Jesus
#6vC: Johannes die Doper word gebore.
#5 vC: Jesus word gebore.
#4 vC: Anna die profetes sien Jesus in die tempel. Sy is 84 jaar oud (#88 vC).
#3 vC: Herodus sterf. {Mat 2:19-21}
#8nC: Toe Jesus 12 was gaan hulle na Jerusalem vir die paasfees. Toe die fees verby is raak Jesus weg en sy ouers kry hom in die tempel. {Luk 2:41-47}
#26 nC: Johannes die Doper se bediening begin. Hy is 6+26 = 32 jaar oud.
#27 nC: Johannes die Doper doop Jesus.
#30 nC: In hierdie jaar word Jesus 5+30 = 35 jaar oud.
Hy roep sy dissipels.
Jesus verander die water in wyn.
Jesus se publieke bediening begin.
Jesus gaan na die paasfees in Jerusalem en dryf die verkopers en geldwisselaars uit die tempel. {Joh 2:14-16}
Jesus hoor dat Johannes die Doper in die tronk is.
#31 nC: In hierdie jaar word Jesus 5+31 = 36 jaar oud.
Jesus word uit Nasaret verdryf. {Luk 4:16-30}
Jesus lewer die bergpredikasie. {Mat 5}
#32 nC: In hierdie jaar word Jesus 5+32 = 37 jaar oud.
Johannes die Doper word onthoof (38 jaar oud)
#33 nC: In hierdie jaar word Jesus 5+33 = 38 jaar oud.
Jesus leer die dissipels om te bid. {Luk 11:1-3}
Jesus word gekruisig.
Stefanus word die eerste martelaar en word gestenig. Saulus is teenwoordig en word “‘n jong man” genoem. Dus is hy tussen 20 en 35 jaar oud. {Hand 7}
#34 nC: Na die dood van Stefanus, begin hewige vervolging van die gemeente in Jerusalem. Saulus probeer die kerk uitroei. Hy gaan van huis tot huis, sleep mans en vrouens uit en laat hulle in die tronk sit. {Hand 8}
Filippus en die Etiopiër. {Hand 8:26-40}
#35 nC: Saulus kom tot bekering. {Hand 9}
#37 nC: Saulus preek kragtig vir die Jode in Damaskus. Hulle sweer saam om hom dood te maak, maar die medegelowiges laat sak hom in ‘n mandjie deur ‘n opening in die stadsmuur. {Hand 9:23}
Saulus in Jerusalem. Die Griekssprekende Jode beplan om hom dood te maak, waarop die gelowiges hom na Sesarea neem en daarvandaan na Tarsus. {Hand 9:26-31}
#38 nC: Petrus genees vir Eneas, wat 8 jaar lank bedlênd was. {Hand 9:32-35}
Petrus wek Tabita (Dorkas) op. {Hand 9:36-43}
#41 nC: Petrus kry ‘n visioen van ’n laken vol onrein diere, waar God hom opdrag gee om te “slag en te eet”. Die visioen word drie keer herhaal. Net daarna kom die mans wat Kornelius gestuur het by Petrus aan om hom na Kornelius te neem. {Hand 10}
Mense wat nie Jode is nie, ontvang die Heilige Gees. {Hand 10:44-48}
#43 nC: Barnabas gaan na Tarsus toe om vir Saulus te gaan soek. Toe hy hom kry, bring hy hom na Antiogië toe. Hulle twee werk ‘n jaar lank daar saam. In Antiogië word die gelowiges die eerste keer Christene genoem. {Hand 11:25-26}
Agabus voorspel dat ‘n groot hongersnood die hele wêreld sou tref. Dit gebeur dan ook in die tyd van keiser Claudius.
#44 nC: Die hongersnood wat Agabus voorspel het, word hewig. Die gelowiges besluit om ‘n hulpfonds te skep. Hierdie geld word saam met Barnabas en Saulus aan die ouderlinge in Jerusalem gestuur.
Herodes Agrippa I (nie dieselfde persoon as in Handelinge 25 en 26 nie) laat vir Jakobus, seun van Sebedeus, broer van Johannes, met ‘n swaard doodmaak. {Hand 12:2}
Herodus sit Petrus in die tronk, maar sy boeie val af en hy stap uit die tronk. {Hand 12:6-19}
Herodus lewer ‘n toespraak. Die mense skreeu: “Dit is ‘n god wat praat, nie ‘n mens nie!” Op dieselfde oomblik word Herodus deur wurms verteer en hy sterf. {Hand 12:20-23}
#45 nC: Eerste sendingreis: Saulus en Barnabas word uitgestuur. {Hand 13:1-4}
Barnabas en Saulus preek op Siprus. {Hand 13:4-12} Saulus word die eerste keer Paulus genoem. {Hand 13:9}
Paulus en Barnabas in Antiogië in Pisidië. {Hand 13:13-43}{Hand 13:44-52}
Paulus en Barnabas in Ikonium. {Hand 14:1-3}{Hand 14:4-7}
Paulus en Barnabas in Listra. {Hand 14:8-20}
Paulus en Barnabas keer terug na Listra, Ikonium en Antiogië toe. {Hand 14:21}
Paulus en Barnabas keer terug na Antiogië toe in Sirië. {Hand 14:21-27}
Paulus en Barnabas gaan verder deur Pisidië na Pamfilië toe en verkondig die woord in Perge. Vandaar vertrek hulle na Attalië toe. {Hand 14:24-25}
Vertrek met ‘n skip terug na Antiogië toe en bly ‘n geruime tyd daar. {Hand 14:26-28}
#46 nC: Paulus en Barnabas steeds in Antiogië {Hand 14:28}
#51 nC: Meningsverskil oor besnydenis
Mense van Judea probeer die gelowiges wysgemaak dat as jy nie besny word nie, kan jy nie gered word nie. ‘n Heftige meningsverskil ontstaan en Paulus en Barnabas besluit dat hulle twee en nog ‘n paar ander na die apostels en ouderlinge in Jerusalem moet gaan om uitklaring te kry oor hierdie vraagstuk. {Hand 15:1-3}
#52 nC: Die vergadering in Jerusalem oor die besnydenis. {Hand 15:6-32}
Paulus berispe vir Petrus omdat hy homself weerhou om saam met nie-Joodse gelowiges te eet. {Gal 2:11-14} (Kyk ook Meningsverskil tussen Paulus en Petrus)
#53 nC: Tweede sendingreis: Paulus en Barnabas skei van mekaar. {Hand 15:36-41}
Timoteus sluit by Paulus aan. {Hand 16:1-5}
Paulus sien ‘n gesig in Troas van ‘n Masedoniese man wat hom smeek om na Masedonië toe te kom. {Hand 16:6-10}
Lidia se bekering. {Hand 16:11-15}
Paulus en Silas word in die tronk gegooi omdat Paulus ‘n waarsêersgees uit ‘n slavin uitdryf. Teen middernag, terwyl hulle besig was om te bid en te sing, kom daar ‘n aardbewing wat die tronkdeure laat oopgaan. Die tronkbewaarder kom tot bekering en sy gesin word gedoop. Paulus en Silas word vrygelaat. {Hand 16:16-40}
Die oproer in Tessalonika. {Hand 17:1-9}
Paulus en Silas in Berea. {Hand 17:10-15}
#54 nC:
Paulus in Atene. {Hand 17:16-34}
Paulus in Korinte. {Hand 18:1-17}
Paulus skryf 1 Tessalonisense en 2 Tessalonisense in Korinte.
#55 nC:
#56 nC:
Paulus kom terug na Antiogië toe. {Hand 18:18-22}
Derde sendingreis. {Hand 18:23b}
Apollos preek in Efese. {Hand 18:24-28}
Paulus in Efese. {Hand 19:1-8}
#57 nC:
Party was in Efese was koppig en wou hulle nie laat oortuig nie. Hulle het ook die leer van die Here belaglik probeer maak. Paulus verlaat hulle en hou met die gelowiges afsonderlik besprekings in die saal van Tirannus. Dit hou twee jaar aan. {Hand 19:9-12}
#58 nC:
Die seuns van Skeva. {Hand 19:13-20}
Paulus skryf Galasiërs: Die Galasiërs {Hand 18:23} word deur valse broeders verlei en dink dat hulle die wet kan nakom deur goeie dade. Paulus skryf ‘n sterk bewoorde brief aan hulle om hierdie fout reg te stel. {Gal 1:6-7}
#59 nC:
{Hand 19:21}
{Hand 19:24-41}
Paulus skryf 1 Korintiërs terwyl hy in Efese is.
#60 nC:
Paulus skryf 2 Korintiërs terwyl hy in Masedonië is.
Paulus skryf Romeine terwyl hy in Korinte is.
Paulus gaan na Masedonië en Griekeland toe. {Hand 20}
Paulus word gevange geneem
Terwyl Paulus in die tempel was hits die Jode die skare aan teen Paulus en sleep hom uit die tempel. Die Romeine neem Paulus in hegtenis om te verstaan wie hy is. {Hand 21:27-40}
By die kaserne (plek waar Romeinse soldate gewoon het) vertel Paulus vir die skare van sy bekering. Die skare hou egter aan om te skreeu. Die kommandant gee bevel dat Paulus gegesel word, maar verander van plan toe hy hoor dat Paulus ‘n Romeinse burger is. {Hand 22}
Paulus voor die Joodse Raad. {Hand 23:1-11}
Die komplot teen Paulus. {Hand 23:12-22}
Paulus word na Feliks toe gestuur. {Hand 23:23-35}
Die saak teen Paulus voor Feliks. {Hand 24:1-27}
#62 nC:
Paulus is nou reeds twee jaar in die tronk. {Hand 24:27}
Paulus beroep hom op die keiser. {Hand 25:1-12}
Paulus voor Agrippa en Bernice. {Hand 25:13-27}
Paulus verdedig hom voor Agrippa. {Hand 26}
Paulus se reis na Rome. {Hand 27:1-12}
Die storm op die see. {Hand 27:13-38}
Die skipbreuk. {Hand 27:39-44}
Paulus op die eiland Malta. {Hand 28:1-9}
#63 nC:
Van Malta af Rome toe. {Hand 28:10-14}
In Rome is Paulus onder huisarres in ‘n huis wat hy huur. Hy ontvang besoek van baie. Hy bly twee jaar in hierdie huis.
#64 nC:
Epafroditos van Filippi besoek vir Paulus. {Fil 2:25-30; Fil 4:10-18}
Paulus skryf Filippense.
Paulus skryf Filemon.
Paulus skryf Kolossense.
Paulus skryf Efesiërs.
Paulus skryf Hebreërs.
#65 nC:
Na twee jaar van huisarres in Rome word hy vrygelaat. {Hand 28:30} Van daar blyk dit dat hy na Asië gaan en by Filemon gaan bly. {Fil 1:22}
Paulus skryf 1 Timoteus. {1 Tim 1; 2 Tim 1}
Paulus skryf Titus. {Tit 1}
Petrus skryf 1 Petrus (onseker of dit).
#66 nC:
Petrus skryf 2 Petrus (2de brief aan die Hebreërs). {2 Pet 3:1} Daarin skryf hy van sy dood wat naby is. {2 Pet 1:14}
Paulus skryf 2 Timoteus. {2 Tim 1} Daarin skryf hy van sy dood wat naby is. {2 Tim 4:6-7}
#67 nC:
Paulus word onthoof.
Petrus word onderstebo gekruisig.
#70 nC: Die tweede tempel word vernietig, soos Jesus voorspel het in 33 nC. {Mat 24:1-2; Mark 13:1-2; Luk 21:5-6}
Ek wonder hoe mens dan verduidelik die mens spore in die die Suid Punt van Afrika reeds 120,000 gelede. Verw RCG Hoe verklaar jy dit.