Evolusie en Bybel onversoenbaar

Indien ons die Bybel op sigwaarde lees dan is die evolusiehipotese (kosmologies en biologies) se weergawe van hoe alles in die heelal ontstaan het, duidelik teenstrydig met wat die Bybel sê. Daarom is daar Christene wat op verskillende maniere die Bybel met evolusie en miljarde jare wil versoen. Daar is verskillende maniere waarop hulle dit probeer doen (kyk Wat is ou-aarde skeppingsleer?).

In baie gevalle kry Christene dit reg om met hierdie versoening saam te leef, maar daar is ook baie voorbeelde van mense vir wie dit ’n groot struikelblok in hulle geloof bring. Kyk byvoorbeeld Hoe evolusie (en liberalisme) mense se geloof beïnvloed.

Hier volg ’n paar redes hoekom versoening moeilik is:

  • Volgens Genesis 1 het God in ses 24-uur dae geskep, ongeveer 4004 vC. Dit word hoofsaaklik bereken deur die geslagsregisters wat noukeuring in die Bybel opgeskryf is. Volgens die evolusiehipotese het alles oor miljarde jare ontstaan en daar is verskille wat God se rol in elke stap was.
  • Genesis is duidelik geskyf as geskiedenis. Dit is nie bedoel om poëties gelees te word nie, maar as ware geskiedenis.
  • Dit raak moeilik om te sê wie Adam en Eva was. Sommiges glo selfs dat daar nooit ’n historiese Adam en Eva bestaan het nie. As daar nie ’n Adam en Eva bestaan het nie, was daar nooit ’n sondeval nie en dan sou dit nooit nodig gewees het dat Jesus Christus ons moes verlos nie.
  • Selfs al was daar ’n historiese Adam en Eva, sou dit impliseer dat Adam en Eva se sonde die res van die mensdom, wat op daardie stadium dwars oor die wêreld sou strek, beïnvloed het. Dan sou mense regoor die wêreld se hele lewe verander het en hulle sou nie geweet het hoekom nie. En dit sou onregverdig wees dat hulle moes ly as gevolg van Adam en Eva se sonde.
  • Genesis 1 sê dat God goed geskep het. As daar egter dood voor die sondeval was, beteken dit dat dood en swaarkry goed is (kyk Dood en swaarkry voor die sondeval).
  • As daar nooit ’n sondeval was nie, sou dit nie vir Jesus nodig wees om aarde toe te kom om vir ons aan die kruis te sterf nie.

“Die Christendom het die wetenskap beveg, veg dit nogsteeds, en sal dit tot aan die desperate einde oor evolusie beveg, want evolusie vernietig uiteindelik geheel en al die rede waarom Jesus se lewe kwansuis nodig was. Vernietig Adam en Eva en die erfsonde, en in die puin sal jy die jammerlike oorblyfsels van die Seun van God vind. Dit neem die betekenis van Sy dood weg. As Jesus nie die verlosser was wat vir ons sondes gesterf het nie, en dit is wat evolusie beteken, dan beteken die Christendom niks.” ~ Richard Bozarth

Vir ander soortgelyke aanhalings, kyk Aanhalings – Is evolusie en die Bybel versoenbaar?.

Verder, volgens evolusie is die geologie van die aarde miljarde jare oud (die aarde is na bewering 4.5 miljard jaar oud). Volgens die Bybel was daar egter ’n wêreldwye vloed, 2348 vC wat die geologie van die aarde soos ons dit vandag ken, bepaal het. Dus moet evolusioniste die sondvloed verwerp, of ten minste sê dat dit slegs ’n lokale vloed was.

Die volgende artikel bespreek hierdie kwessie in baie meer detail:

Meer artikels

1 thought on “Evolusie en Bybel onversoenbaar”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui