VBO-stelsel: instrument om liberalisme te bevorder

Kyk ook:

André Bartlett is die hoof van Excelsus, die sentrum by die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria wat verantwoordelik is vir Voortgesette Bedieningsontwikkeling (VBO) van predikante van die NG Kerk.

VBO staan vir “voortgesette bedienings ontwikkeling” en is ekwivalent aan die CPD-sisteem (continuing professional development) wat gebruik word in onder andere die mediese en ingenieursprofessies. Kyk ook VBO krediete: Hoe werk dit?

Die doel daarvan is om predikante verder op te lei deur middel van kursusse en konferensies.

Dit is baie interessant wie gebruik word om predikante in die NG Kerk op te lei…

Die volgende kommunikasie is op 30 November 2015 aan alle predikante in die NG Kerk uitgestuur.

************

Alle belangstellendes word hartlik uitgenooi om die volgende dagkonferensie wat deur Excelsus in samewerking met Coram Deo aangebied word, by te woon:

“Die NG Kerk en selfdegeslagverhoudings”

Woensdag 20 Januarie 2016

09:00 – 17:00

NG Gemeente Pretoria-Oosterlig

Inleiding en historiese oorsig:
* Dr André Bartlett (hoof van Excelsus, UP)

Skrifgebruik en Skrifverstaan:
* Dr Danie Malan (NG Gemeente Kempton-Kruin)
* Dr James Kirkpatrick (NG Gemeente Suidoos-Pretoria)

Mediese perspektief: die biologie van seksualiteit:
* Prof Michael Pepper (Fakulteit Geneeskunde, UP)

Sielkundige perspektief: die mens as verhoudingswese:
* Dr Elmarie Mulder Craig (Seksuoloog, psigoterapeut en verhoudingskenner, Pretoria)

Die perspektief van gay/lesbiese/ex-gay lidmate:
* Dr Marietjie van Loggerenberg (pastorale terapeut, Pretoria) in gesprek met…

Kerkhistoriese perspektief:
* Prof Johan van der Merwe (Fakulteit Teologie, UP)

Koste: R 350-00 p/p (verversings ingesluit)

(R170-00 p/p vir studente, emeriti en pensioenarisse)

VBO-punte: 6 punte

Kontak Rika van Rensburg by excelsus@up.ac.za of 012 420 6738

voor 15 Januarie 2016 indien u die konferensie wil bywoon.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui