Vasgelooptheid

Tydens die sinode van Wes-Kaapland se besluit oor selfdegeslagverhoudings (SGVs) in Mei 2019 het hulle die woord “vasgelooptheid” gebruik:

Die sinode neem kennis dat verskille in die kerk ten opsigte van Skrifhantering en Skrifuitleg in hierdie saak tot ’n vasgelooptheid in die gesprek gelei het, en dat voortgaande besinning oor verantwoordelike Skrifuitleg steeds nodig is.

(Kyk Sinode Wes-Kaapland besluit oor selfdegeslagverhoudings (Mei 2019))

Hierdie woord is toe ook gebruik in die eerste punt van die 2019 NGK homoseksuele besluit.

Jan Louw gee ‘n baie goeie definisie van “vasgelooptheid” in sy artikel ‘n Vasgeloopte kerk:

Dit beteken overgeset synde, dat ons ongelukkig nie die Bybel in hierdie besluitneming kan gebruik nie, want ons het ’n punt van vasgelooptheid bereik. Ons moet nog verder besinning doen oor wat die Bybel eintlik wil sê.

Die Bybel (en belydenisskrifte) is baie duidelik oor die volgende:

Predikante het tydens hulle legitimasie-eed hulleself aan hierdie dinge verbind.

Tog is daar heelwat predikante en lidmate wat al hoe meer hierdie waarhede bevraagteken en selfs openlik erken dat hulle dit nie meer glo nie. Kyk byvoorbeeld:

Lys van teoloë wat liberale uitsprake gemaak het

Dit help nie eers meer om predikante van leerdwaling aan te kla nie, want hulle word bloot beskerm deur hulle toesighoudende liggame en medekollegas.

Daar het inderdaad ’n vasgelooptheid in die NG Kerk ontstaan oor die basiese Bybelwaarhede.

Paulus en Barnabas het hulleself ook in ’n vasgeloopte situasie bevind in Handelinge 15:37-40. Die uiteinde is dat hulle paaie geskei het. Is dit nie ook maar wat in die NG Kerk moet gebeur nie?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui