Universalisme

Universalisme (Engels=Universalism) is die geloof dat daar geen hel is nie en dat alle mense as gevolg van God se liefde vir die mens, hemel toe sal gaan. (Alle paaie lei na die hemel.) Daar is waarskynlik ook variasies van universalisme, byvoorbeeld om te glo dat God mense op goeie werke in die hemel sal toelaat.

Vir universalistiese Christene is dit ondenkbaar dat ’n mensliewende God slegs ’n klein gedeelte van die mensheid tot redding sal uitverkies en die res in ewige verdoemenis sal stuur.

Hierdie siening maak die sendingopdrag in die Bybel tot niet. Kyk ook Die Bybel oor die hel. Soos panenteïsme is hierdie ’n baie politieke korrekte siening. Universaliste glo moontlik dat daar slegs een God is (nie soos panenteïste nie), maar hulle glo dat God almal sal red, ongeag of hulle in Hom glo.

Universalisme ontken waarskynlik sekere uitsprake en dade van Jesus – kyk Jesus se “liefdelose” uitsprake en dade.

Universalisme is teenstrydig met die NG Kerk se belydenisskrifte:

Predikante van die NG Kerk lê ’n legitimasie-eed af waarin hulle verklaar dat hulle alles wat in die drie belydenisskrifte staan sal onderskryf en dit ywerig en volhardend sal handhaaf en alles verwerp wat teenstrydig is daarmee.

Predikante van die NG Kerk wat universalisties is verbreek dus hulle legitimasie-eed.

Kyk ook

Prof Johan Buitendag, dekaan van die Fakulteit Teologie Universiteit Pretoria

Fritz Gaum: “Glo jy dat Jesus die enigste pad na God toe is?”

Johan Buitendag: “Wat ek dus wel onomwonde kan sê, is dat binne hierdie wêreld van my daar vir my geen alternatief na God moontlik is as Jesus Christus nie. Ek kan nie met ander middelaars flankeer nie. Christus is my lewe. Daarom moet al die verskillende sola-uitsprake van die Hervorming (genade alleen, Skrif alleen, geloof alleen en Gods eer alleen) eventueel oplos in die Christus Alleen. Huldig ek ’n ander opinie – en natuurlik is elkeen vry om dit te doen – plaas ek myself binne ’n ander teologiese tradisie.”

(Uit God? Gesprekke oor die oorsprong en uiteinde van alles, George Claassen en Frits Gaum, 7 Maart 2012, bladsy 343.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui