Thomas Römer vergiftig teologiese studente by Tukkies

Thomas Römer is ’n liberale teoloog van Frankryk (hy is oorspronklik van Duitse oorsprong). In sy boeke skryf hy “god” met ’n kleinletter en glo dat God ’n menslike uitvindsel is. Hy glo nie dat een van die Ou Testament karakters voor die 6de eeu (600 tot 500 vC) geleef het nie.

Hy is sedert 2013 besoe­ken­de professor by Tukkies.

Vir meer oor hom, kyk Wie is Thomas Römer?

Februarie 2019 besoek

In Februarie 2019 het Römer die Universiteit van Pretoria besoek en het ’n lesing aangebied met die titel “The Origins of the Biblical God”. Dit het gedeeltelik gegaan oor sy boek The Invention of God. Die volgende bewoording is gebruik om die lesing te adverteer:

This lecture will trace the evolution of the deity of the great monotheisms – Yhwh, God, or Allah – by tracing Israelite beliefs and their context from the Bronze Age to the end of the Old Testament period in the third century BCE. In order to undertake this detective work of sorts it will be drawn on a long tradition of historical, philological, and exegetical work, and on recent discoveries in archaeology and epigraphy, to locate the origins of Yhwh in the early Iron Age, when he emerged somewhere in the South, in Edom, or in the northwest of the Arabian peninsula, as a god of the wilderness and of storms and war. He became the sole god of Israel and Jerusalem in phases, as the other gods – including the goddess Asherah, probably originally his consort – were gradually side-lined. But it was not until a major catastrophe – the destruction of Jerusalem and Judah – that Israelites came to worship Yhwh as the one god of all, the creator of heaven and earth, who nevertheless proclaimed a special relationship with one people. And this development gave rise to Judaism.

September 2019 besoek

In September 2019 het Römer weer die Universiteit van Pretoria besoek. Hy was genooi deur die teologiese fakulteit.

Op Dinsdag 10 September 2019 het hy die lesing “Is the Bible dangerous…?” gegee. Kyk Wie is Thomas Römer/Is the Bible dangerous? wat ’n aanduiding gee waaroor hierdie lesing gegaan het.

Op Woensdag 18 September 2019 het Römer die lesing “Homosexuality in the Old Testament” gegee.

In reaksie daarop het iemand van die Facebook groep, Apologetics Central – Afrikaans, die volgende op Facebook geplaas op 19 September 2019:

Was gister by ’n publieke lesing wat aangebied was deur die Universiteit van Pretoria se teologiese fakulteit met die naam “Homosexuality in the Old Testament”. Die lesing was aangebied deur Prof. Thomas Römer, van Frankryk.

Volgens hom is: 1. Die Bybel nie die Woord van God nie. 2. God is ’n “invention”. 3. Menseregte meer gesagvol as die Bybel. 4. Sy interpretasie subjektief, en nog meer.

Hy was toegejuig deur die lektore en studente van die teologiese fakulteit. Ek het ’n blaadjie met die evangelie op vir hom gegee na die tyd.

Bid vir Tukkies.

’n Betroubare bron wat ook die lesing bygewoon het, het dit bevestig[1] en die volgende hieroor gesê:

Studente was “verplig” om die lesings in September 2019 by te woon – hulle kon akademiese punte verdien.

Die oorgrote meerderheid van die dosentekorps het hierdie lesing bygewoon. Dit het onder andere die volgende mense ingesluit: Tanya van Wyk, Dirk Human, Sias Meyer, Ananda Geyser Fouche, Kobus Myburgh en Alphonso Groenewald.

Die lesing was besonders progay en die dosente het hom definitief geprys (meer as die studente), soos gesê in die Facebookplasing hierbo.

Dit was duidelik dat al die dosente vooraf geweet het wat Römer se standpunt is en geweet het dat hy gaan sê wat hulle wou hoor.[2]

Ek weet dat seksualiteit nie Römer se spesialiteitsveld is nie, want ek het sy werk al gelees. My opinie is dat die lesing se doel bloot was om vir studente te wys dat ’n hoë kaliber Ou Testamentikus, ’n gesaghebbende figuur, wys hoe behoudende Christene die Bybel “verkeerd” interpreteer. Onthou, hierdie lesing was net voor die Algemene Sinode van 2019 aangebied.

Römer se boek Dark God: Cruelty, Sex, and Violence in the Old Testament word tans voorgeskryf vir die finalejaarsgroep. Dit beteken dat die mense wat studente moet keur vir die bediening die boek voorgeskryf het. Per implikasie beteken dit dat dosente dink dat studente nie die bediening kan ingaan sonder om die boek te lees en daarmee saam te stem nie. Onthou die finalejaarkursus word deur die NG en Hervormde kuratorium saamgestel, en het net NG en Hervormde studente wat daar ingeskryf is. Daar is geen rede hoekom hulle ’n “wye verskeidenheid” bronne hoef voor te skryf nie. Dis met die hand uitgekies.

Kyk ook Römer maan teen Bybelse pieng-pong waarin Neels Jackson verslag doen oor hierdie aangeleentheid.

Voetnotas

[1] Die betroubare bron se interpretasie oor die geleenheid op 18 September 2019 het op enkele punte ietwat verskil en daarom sluit ek dit as ’n voetnota in. Hier volg sy interpretasie:

Ek het die volgende kommentaar oor die eerste drie punte in die Facebookplasing:

1. Die Bybel is nie die woord van God nie: Hy het dit nie pertinent tydens hierdie lesing gesê nie, maar dit is duidelik dat sy persoonlike oortuiging is dat die Bybel ’n reaksie is op die omstandighede waarin dit geskryf is.

2. God is ’n “invention”: Weereens het hy dit nie pertinent in hierdie lesing gesê nie, maar waarskynlik in sy ander lesings. Hou in gedagte dat die titel van sy een boek is: “The Invention of God”, 14 Desember 2015

3. Menseregte is meer gesagvol as die Bybel: Die punt wat gemaak is, is nie dat menseregte meer gesagvol is nie, maar dat menswaardigheid meer gesagvol as die Bybel is. Alhoewel die twee vir baie van ons hand aan hand loop, is daar ’n groot verskil vir die postmoderniste. As ’n gay paartjie ’n koek by ’n Christelike bakker wil bestel vir hul huwelik, maak dit nie saak wat die bakker se menseregte is nie, want die bakker erken nie die paartjie se menswaardigheid nie. Daarom kan die bakker se regte oorskry word en gedwing word om die koek te bak of sy besigheid word toegemaak. (Soos in die geval van Jack Phillips. Kyk Om standpunt in te neem vir God.)

Punt 3 is nie deur Römer gemaak nie, maar deur Dr Tanya Van Wyk, die Hervormde dosent vir dogmatiek. Alhoewel sy dit nie eksplisiet gesê het nie, is daar geen twyfel dat hierdie haar punt was nie. Römer het dit baie waarskynlik ondersteun.

[2] Dit word bevestig deur wat die teologiese fakulteit self op hulle webblad gepubliseer het onderaan die artikel Is the Bible dangerous?:

Prof Römer’s visit forms part of a Memorandum of Understanding (MOU) with the Collège de France and comes from a longstanding relationship between UP’s Department of Old Testament and Hebrew Scriptures and Prof Römer, who has been Extraordinary Professor there, since 2012. UP’s faculties of Theology and Religion; Humanities and Natural and Agricultural Sciences are part of the agreement which includes the exchange of staff members between the two institutions, as well as the possibility for doctoral students and postdoctoral fellows to be hosted at the other institutions.

1 thought on “Thomas Römer vergiftig teologiese studente by Tukkies”

  1. Hartseer. Ons leef werklik in die eindtye. Petrus het tog die volgende neergepen: “en so sal daar ook onder julle valse leraars kom. So sal hulle hulleself baie gou in die verderf stort. Hulle sal verderflike dwaalleer insmokkel en die Here wat julle vrygekoop het, verloën. Baie mense sal hulle losbandigheid navolg, en deur hulle toedoen sal mense kwaad praat van die Weg van die waarheid. In hulle hebsug sal hulle julle met allerhande stories uitbuit. Maar hulle vonnis is lankal gevel, en hulle ondergang is onafwendbaar.” – 2 Petrus 2:1b-3

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui