Op Hartenbos se strand

Kyk ook:

Die volgende gediggie was eintlik Ds Theo Danzfuss se kommentaar in die Kerkbode op sekere besluite van die Algemene Sinode in 2004 in Hartenbos oor Belhar en homoseksualiteit.

************

Op Hartenbos se Strand

In die maand Oktober 2004
is die NG Kerk op ’n noodlottige pad gestuur.
Met kerse en swemklere in die hand
vergader omies en tannies by Hartenbosstrand.

Die spel se naam is “eenheid” – ongeag die prys
’n kerk wat “cool” is, moet dit vir die wêreld bewys.
Ons wagwoord is “eenheid” – wat dit ook mag kos
al beteken dit selfs om die waarheid te los.

’n Huwelik met die VGK moet ons spoedig bewerk
al vra dit egskeiding met elk ander gereformeerde kerk!
Ons evangelie is Belhar – so skeef en so krom
Maar nêrens kon ons ’n beter trougeskenk bekom.

Daar is geen ander kerk op aarde wat Belhar bely
as ons lidmate dit uitvind gaan hulle koue voete kry.
Maar ons sinode is slim, kom ons konkel so
dit is wel ’n belydenis, maar nie verplig om te glo.

Ons kerk is “cool” en modern, dit moet almal weet
ons het ’n nuwe maatstaf om die waarheid te meet.
Wat die wêreld gelukkig maak – dit wil ons doen
die Bybel leer mos om jou naaste te versoen.

Uit naasteliefde wil ons homoseksualisme bevry
van die stigma van sonde waarmee die Bybel dit bestry.
Ons standpunt is duidelik, ons voorouers het gedwaal
hul studie van die Bybel was in verouderde taal.

Ons klompie hier op Hartenbosstrand
het die lig gekry met ons grafies in die hand.
Ons bely ons skuld voor elke gay man en vrou
jammer ons het julle van seksuele plesiertjies weerhou.

Die huwelik is slegs wettig tussen ’n vrou en ’n man
maar ons sinode is baie slim, – kyk hier is ons plan:
Seks met dieselfde geslag, dit mag niemand verbied
maar onthou dit mag slegs buite die huwelik geskied.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui