Oorsig van NGK 2019 hofsaak oor homoseksualiteit

Kyk ook:

Tydens die Algemene Sinode van 2015 word amptelik ruimte gelaat vir homoseksualiteit. Nadat heelwat NG gemeentes beswaar aanteken, besluit die moderamen om ’n moratorium op die besluit te plaas tot die volgende Algemene Sinode in 2017. Die progays is natuurlik baie ontsteld oor die bevriesing en sprake van ’n hofsaak ontstaan. Die volgende 11 lidmate besluit om die NG Kerk hof toe te sleep omdat die 2015-besluit op ys geplaas is:

  1. Leon Wessels, direkteur van die Sentrum vir Menseregte aan die Universiteit van die Vrystaat en ereprofessor aan die Noordwes-Universiteit;
  2. Murray Coetzee, verbonde aan die Beyers Naudé-sentrum vir publieke teologie in Stellenbosch;
  3. Hendrik Bosman, waarnemende dekaan van die teologie-fakulteit aan die Universiteit Stellenbosch;
  4. Frits Gaum, emerituspredikant en voormalige redakteur van die Kerkbode;
  5. Chris Jones, hoof van die Universiteit Stellenbosch se kantoor vir morele leierskap;
  6. Nadia Marais, sistematiese teoloog aan die Universiteit Stellenbosch; en
  7. Laurie Gaum, gay lidmaat
  8. Pieter Oberholzer, gay lidmaat
  9. Hennie Pienaar, gay lidmaat
  10. Lulani Vermeulen, gay lidmaat
  11. Judy Kotze, gay lidmaat
  12. Michelle Boonzaaier het later as ’n 12de persoon bygekom.

Die moderamen besluit om nie te wag tot 2017 nie en ’n Buitengewone Algemene Sinode word in 2016 gehou. ’n Groot aantal beswaarskrifte word ingedien hiervoor. Tydens hierdie buitengewone sinode in 2016 word die besluit van 2015 omgedraai.

Die 11 progay lidmate hierbo gaan egter steeds voort met die hofsaak teen die NG Kerk.

Die NG Kerk se respondente was Nelis Janse van Rensburg, Dewyk Ungerer, Gustav Claassen en Thijs van der Merwe. Nelis is openlik progay en het byvoorbeeld in September 2018 openlik erken dat hy progay is. Alhoewel Dewyk en Gustav hulself nog nie in die publiek uitgespreek het nie, is hulle hoogs waarskynlik ook progay.

Op 8 Maart 2019 lewer die hof uitspraak en die NG Kerk verloor. Die volgende woorde in die hofuitspraak is baie interessant:

  • The Church has an onus to prove that the discrimination is fair, but put up no facts in the papers to discharge this onus.
  • Gaum is correct that in the opposition to the application the Church has set out no facts as to why the discrimination is fair. This of course defeats the purpose of opposition, especially in view of the presumption of unfairness. Facts setting out why the discrimination is fair must be set out in the opposition, not for the first time in the heads of argument. Gaum obviously contended that due to this vacuum in the opposition, the gauntlet has run and the court must accept that the 2016 decision did unfairly discriminate.
  • The Church presented no argument or facts setting out that the overall impact does further the constitutional goal of equality or that in this context the exclusion is fair.
  • without any facts set out in the Church’s opposition as to why in terms of the factors listed the discrimination is fair, then the Church has not proven that the discrimination is fair.
  • In the opposition no facts were set out justifying the decision in terms of section 36 of the Church. In argument for the Church it was submitted that justification does not come into play.

As ’n mens in ag neem dat die mense wat by die NG Kerk se verteenwoordig betrokke was progay is en waarskynlik vriende met die Gaums is, kan ’n mens nie help om te dink dat hulle nie hulle bes gedoen het nie en eintlik gehoop het dat die NG Kerk die hofsaak sou verloor (kyk Het die NG Kerk werklik die gayhofsaak behoorlik teengestaan?). Daarom is ’n mens nie verbaas dat die NG Kerk leierskap besluit het om nie te appelleer nie.

Tydens die hofsaak het Adacsa as ’n vriend van die hof (die tegniese term is Amicus curiae) opgetree. Dit is ’n party wat die hof help met inligting, maar wat nie deel van die besluit is nie. Die hof kan self besluit of hulle die inligting of raad van dié vriend gebruik.

Ná die hofuitspraak het Adacsa gevoel dat die uitspraak nie duidelik genoeg was nie: dit is onduidelik hoe die NG Kerk gefouteer het:

  1. Prosedureel: Het die NG Kerk hulle eie prosedures/kerkorde oortree?
  2. Grondwetlik: Het die NG Kerk die grondwet oortree deur teen homoseksuele persone te diskrimineer?

Indien die NG Kerk slegs prosedureel gefouteer het, kan die NG Kerk tegnies gesproke weer die 2016-besluit bevestig (die progay 2015-besluit omdraai) deur die regte prosedures te volg tydens die volgende sinodesitting.

Indien die NG Kerk grondwetlik gefouteer het, kan die NG Kerk nie teen homoseksuele persone diskrimineer nie en het dit toereikende implikasies vir alle kerke in Suid-Afrika.

Prof Pierre de Vos, ’n grondwetkenner, meen die uitspraak sal nie noodwendig ’n uitwerking hê op ander kerke of gelowe nie. Volgens hom het die uitspraak kortliks gehandel met die inbraak op lidmate se regte, en was dit meer “ ’n tegniese saak” van aard. “Die uitspraak het net betrekking op die NGK”

Adacsa was egter onseker en het daarom vir die hof gevra vir meer duidelikheid (Maart 2019).

Die hof het egter Adacsa se aansoek van die hand gewys (Mei 2019) omdat Adacsa slegs as ’n vriend van die hof toegelaat is en dus geen wetlike reg het om dié aansoek te bring nie.

Een van die regters het gesê daar is geen dubbelsinnigheid in die hof se uitspraak nie en dat “’n mens tussen die lyne kan lees dat die hof se uitspraak ook op grondwetlike gronde gebaseer was”. (Is Prof Pierre de Vos dus verkeerd?)

As dit vir die NG Kerk geld, geld dit vir alle kerke. Dus lei mens af dat die hofuitspraak alle kerke in die toekoms gaan raak.

Adacsa het aangedui dat hulle moontlik wil appelleer. Die vraag is of hulle sal kan, want hulle was nie deel van die hofsaak nie.

Dus is daar nou orals onduidelikheid oor homoseksualteit in die kerk.

Interessant dat die hof se amptelike antwoord aan Adacsa presies ooreenstem met wat Laurie Gaum in Alliansie van kerke hof toe oor gayregte in NGK (14 April 2019) gesê het:

“As teenargument het Laurie Gaum … in hofstukke aangevoer dat Adacsa nie ’n party in die geding was nie en homself dus nie met die uitspraak moet bemoei nie. Voorts voer Gaum aan dat die uitspraak hoegenaamd nie onduidelik is nie – die NG Kerk het die saak op sowel prosedurele as grondwetlike gronde verloor.”

Kyk ook die volgende artikels:

In Julie 2019, net voor die Algemene Sinode in 2019, herinner die 12 progay lidmate die NG Kerk daaraan dat hulle nie die 2015-besluit kan omdraai nie. Hulle skep die indruk dat die NG Kerk geen opsie het as om gays gelyke regte in die kerk te gee nie, anders oortree die kerk die wet. Hulle gaan selfs so ver as om te sê dat opponente van die 2015-besluit berispe moet word (kyk NG Kerk en gays: Berispe taakspan, vra 12 litigante vir meer kommentaar).

Tydens die 2019-sinode word weer besluit om ruimte te maak vir homoseksueles.

Lys van artikels

 

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui