Oor GloDieBybel.co.za

Kyk ook:

Die doel van hierdie webblad is om vir mense te wys dat die Bybel geglo en verstaan kan word soos dit geskryf is. Daarom is een van die fokuspunte om te wys dat evolusie en lang tydperke (wat duidelik teenstrydig met die Bybel is – kyk Het God evolusie gebruik om te skep, is Genesis 1-11 in ballingskap geskryf en was die sondvloed werklik ’n globale vloed?) nie die Bybel verkeerd bewys nie. In hierdie kwessie is dit baie belangrik om te onderskei tussen:

  1. Operasionele vs historiese wetenskap
  2. Mikro- vs makro-evolusie

Hierdie kwessie is belangrik, omdat dit al baie tot struikeling gebring het (kyk Hoe evolusie mense se geloof beïnvloed).

Daar word ook gewys waar daar dwaling in die kerk is (veral die NG Kerk) met die doel om hierdie dwaling te weerlê en uit te wis (kyk Jesus ernstig oor verkeerde dinge en Die Bybel oor dwaling). Dus is hierdie webblad nie ’n aanval op die kerk nie, maar het ten doel om die Christelike kerk van dwaling te suiwer.

Alhoewel hierdie webblad meestal op die NG Kerk konsentreer, is dit nie tot die doen en late van slegs die NG-denominasie beperk nie.

Jy is meer as welkom om ons te kontak by Kontak ons.

Groete

Daniel Louw

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui