Die Nuwe Hervorming

Die Nuwe Hervorming is ’n sustersorganisasie van die Jesus seminaar in Amerika. Hulle maak ’n onderskeid tussen die historiese Jesus en die verkondigde Jesus. Volgens hulle was die historiese Jesus nie werklik God nie, maar bloot ’n mens met hoë morele waardes wat navolgenswaardig is. Hulle ontken dus sy maagdelike verwekking, letterlike opstanding, wonderwerke en hemelvaart. Dit stem baie ooreen met wat Andries van Aarde in sy boek Fatherless in Galilee skryf.

Voorblad van die boek 'Die Nuwe Hervorming'. Name op die voorblad: Piet Muller, Hansie Wolmarans, Wilhelm Jordaan, Sakkie Spangenberg, Maretha Jacobs, Pieter F Craffert, Jacques en Carol Kriel, Pieter JJ BothaDie boek Die Nuwe Hervorming (ISBN: 978-1-86919-009-5) is in Desember 2002 uitgereik. Die volgende mense het as skrywers bygedra:

Hulle webblad is: www.nuwe-hervorming.co.za

In Die NG Kerk se standpunt oor die “Nuwe Hervorming” (Feb 2003) word meer gesê oor die Nuwe Hervorming.

Die invloed wat hulle op die NG Kerk gehad het moenie onderskat word nie. Kyk byvoorbeeld James Kirkpatrick en Fanie Cronjé ongelukkig dat NG Kerk die Nuwe Hervorming kritiseer (1 April 2003).

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui