NGK teologiese fakulteite laat ’n slagveld agter

“Wanneer die teologiese opleiding die toekomstige predikante nie vorm tot manne wat oortuigde voorstanders van die ware leer is nie, maar hulle inteendeel met allerlei onsekerhede en selfs afwykdnede beskouinge die toekoms instuur, kan dit vir die kerklike lewe vernietigende gevolge hê.”
WD Jonker en JA Heyns, Op Weg met die Teologie (NG Kerkboekhandel, Pretoria, 1977), p. 203

Hier volg ’n paar voorbeelde van die slagveld wat die drie NG Kerk teologiese fakulteite (Pretoria, Bloemfontein en Stellenbosch) gelaat het:

'n Gegradueerde kruisig Jesus (geteken deur Evette van Tonder)In Ferdie Mulder se boek Opgestaan vertel prof Hennie Stander ’n verhaal wat in sy kantoor by Tukkies afgespeel het:

Voor my sit ’n derdejaar student. Wanneer hy begin praat, sien ek sy oë swem in trane: ‘Professor, ek wil met u praat. Ek worstel met my geloof. Hoe kry u dit nog reg om in Jesus te glo?’ Ek kan nie onthou hoeveel teologie studente in die afgelope twee jaar in my kantoor kom sit het met dieselfde vraag nie. Later begin hy onbeskaamd snik en sê: ‘Professor, ek voel soos ’n verraaier. Tuis in my ouerhuis glo ek saam met my ouers en is ek aktief betrokke in ons gemeente, maar wanneer ek hier by die universiteit kom, word baie van die dinge waarin ek glo, in die klas met minagting afgelag. Skielik dink ek aan dit wat iemand op ’n keer vir my gesê het: “Die teoloë leef met die geld van gelowiges, maar hulle ondergrawe die geloof van dieselfde gelowiges.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui