NG teologiese skole progay

Kyk ook:

Ons moet nie die rol van die NG Kerk se Teologiese Fakulteite miskyk in die besluite van die Sinode om homoseksuele en lesbiese leraars nou in die kerk aan te stel nie.

Stellenbosch:

Die professore van Stellenbosch het ’n amptelike versoek aan die Sinode gerig dat leraars in homoseksuele verhoudings toegelaat moet word om met mekaar te kan trou. Hulle versoek is amper woordeliks deur die Sinode toegestaan. (Kyk Laat NG kerkrade oor gays besluit (24 September 2015))

Vrystaat:

Prof Fanie Snyman, dekaan van Teologie by die Vrystaat het gesê: “Ek steun Stellenbosch se beskrywingspunt volledig en is daarvan oortuig dat die oorgrote meerderheid van ons dosente (op Bloemfontein) die beskrywingspunt steun”. Hy het ook groot dankbaarheid by die Sinode uitgespreek oor die besluite. (Lakmoestoets vir NG Kerk (6 Oktober 2015))

Pretoria (Tukkies):

Prof Dirk Human van Pretoria het gesê: “Ek dink nie dat die sewe tekste (in die Bybel wat oor homoseksualiteit handel) iets sê oor selfdegeslagverhoudings soos ons dit ken nie.”

Kan ’n mens aflei dat Tukkies se teologiese fakulteit ten gunste is van SGVs is op grond van een dosent? Ek glo so. Waar is die teoloë van Tukkies wat hulle uitspreek teen homoseksualiteit? Ook, as ’n mens in ag neem hoe akkomoderend teoloë soos Julian Müller en Jurie le Roux oor die opstandingsdebakel hanteer is, sal dit glad nie snaaks wees as Tukkies dit ook steun nie. (Op 26 Oktober 2016 het UP se teologiese fakulteit baie duidelik gesê waar hulle staan. Kyk Dit is ’n goeie besluit, sê NG dosente.)

*******

Dit is die soort leiding wat die Teologiese Fakulteite in hierdie tyd aan die Kerk gegee het oor die homoseksuele vraagstuk. Wat my betref het die integriteit van die kerk se teologiese opleiding hiermee ernstig in gedrang gekom en die Kuratoria wat daaroor moet toesig hou is antwoorde aan die Kerk verskuldig.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui