Moreletapark Persverklaring 7 Mei 2019 (Morelexit)

Kyk ook:

Hierdie persverklaring volg op die verklaring wat uitgereik is einde April (‘n week tevore).

In Fanie Snyman moeg vir verdagmakery (12 Junie 2019) reageer Fanie Snyman op hierdie persverklaring.

********

Persverklaring (7 Mei 2019) – uitgereik deur Pieter Breytenbach

Die leierskap en die gemeente van Moreletapark het vir veertig dae gevas en gebid om by die Here te hoor aangaande sake wat hul toekoms raak as gemeente. Die gemeente, personeel en leierskap is genooi om terugvoer te gee aangaande hul belewenis en dit wat die Here vir hulle kom wys het.

Die volgende punte het duidelik uitgekom:

  1. Dat die gemeente moet terugkeer na hul roeping om die Evangelie uit te dra asook liefde teenoor mense te leef.
  2. Dat gemeentelede moeite moet doen met hul persoonlike verhoudings met God en voldoende tyd moet spandeer aan die lees van die Bybel en gebed.
  3. Dat daar ’n besef moet wees wie God is, dat God heilig is, dat daar ’n heilige vrees vir Hom moet wees en dat alles in die eerste plek net oor Hom moet gaan.
  4. Dat Sondebelydenis baie belangrik is en dat die Here van elkeen verwag om nie hoogmoedig te wees nie en as eenheid moet funksioneer.
  5. Dat leierskap met durf toegepas moet word en sal opstaan vir die waarheid en die gesag van die Skrif/Bybel.

Die terugvoer was eenparig dat hul hul rol binne die NG Kerk moet heroorweeg. Daarom is daar besluit om met ’n proses te begin om verskillende opsies te ondersoek en te oorweeg.

Deel van ons proses is om binne die NG kerk familie met die leierskap in gesprek te tree. Die eerste gesprek met lede van die Moderamen van die Algemene Sinode het plaasgevind. Hierdie was ’n baie sinvolle gesprek. Moreletapark se Leiers kon hulle bekommernis oor die handhawing van die gesag van die Skrif/Bybel en teologiese opleiding met die lede van die Moderamen van die Algemene Sinode deel. Ons gesprek vorm ’n goeie vertrekpunt rakende die proses om mekaar se harte te hoor. Vanuit Moreletapark se geledere volg daar besprekings met die Ring van Elarduspark en die Oostelike Sinode. ’n Finale besluit rakende Moreleta se rol binne die NG Kerk sal dus eers later geneem word.

Ons roep alle gelowiges op om saam met ons te bid vir die rol en toekoms van die NG kerk asook die kerk in die breë.

Moreletapark leierskap en lede van die Moderamen van die Algemene Sinode

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui