Lys van Debatte

Hier volg ’n lys van debatte oor verskillende onderwerpe. Debatte wen selde iemand oor na die ander kant, maar dit het groot waarde vir mense wat nie presies weet waar hulle staan met ’n spesifieke saak nie. Dit is daarom dat hierdie debatte hier geplaas word.

Facebookdebat oor God as vrou (9 April 2021)

Na aanleiding van legitimasiediens op 29 Maart 2021 waar:

  • Ds Melanie Thirion verwys het na God in die vroulike geslag (54m47s)
  • Dr Jana van den Munckhof ‘n gebed gedoen het in die woorde van Rosa Smit: “Heilige prisma…” (1h18m)

dominee Melanie Thirion na God in die vroulike geslag verwys het.

Debat oor evolusie in Rapport 2020 (6 Julie tot 30 Augustus 2020)
Debat in Rapport na aanleiding van Solidariteit se paneelbespreking vir onderwysers.

Gesprek oor evolusie (23 Februarie 2014)

Gesprek tussen Daniel Louw en ’n kennis van hom in die sendingveld.

Debat oor ouderdom van aarde 2014 (2013-12-23 tot 2014-01-27)
Debat tussen vriende oor Genesis 1 se letterlike vertolking en of die Bybel aanpasbaar is met ’n ou aarde.

Radiokanseldebat: Ouderdom van die aarde (2013-11-08)
Debat tussen Daniel Louw en prof Hennie Stander oor die ouderdom van die aarde.

Debat oor aarde se oorsprong (2013-10-31)
Die volgende debat het op Facebook plaasgevind na ’n plasing deur Hennie Mouton.

Debat met dosent van SA universiteit (2013-09)
Debat tussen Daniel Louw en ’n dosent van ’n SA universiteit oor die oerknal, evolusie en interpretasie van Genesis 1.

Debat met fisikus oor oerknal (2013-02)
Debat tussen Daniel Louw en ’n fisikus oor die oerknal. Dit is weereens ’n geval waar iemand baie te sê het oor die ongeldigheid van Humphreys se model, maar as daarna gevra word, kan dit nie verskaf word nie.

Debat oor evolusie op Pretoria-Noord Hoërskool se webblad (2011)
Debat met Hennie Mouton op Facebook.

Debat met fisioloog (2011-05)
Debat tussen Daniel Louw en ’n fisioloog oor evolusie.

Debat oor skepping en evolusie op Kerkbode-aanlyn (Feb – Mei 2011)
Handel oor definisies, kwalifikasies, vermeerdering van genetiese inligting, radiometriese datering (onder andere C-14), ouderdomme en yslae.

Bible Debate between Carel-J and Andries (2010-12)
Handel spesifiek oor hoe varswatervisse en seewatervisse ’n globale vloed kon oorleef.

Debat oor kosmologie en die ouderdom van die aarde (2010-01)
Debat tussen Daniel Louw en Piet (skuilnaam). Meestal oor die oerknal teenoor Humphreys se teorie en ook die interpretasie van die Bybel.

Hennie Mouton, Francis Thackeray en Mail & Guardian (2009-02-07)
Hennie Mouton en Francis Thackeray se argumente. Dit sou in die Mail & Guardian gepubliseer word, maar is toe nooit.

No proof for evolution? (2008-08-26)
Debat tussen Daniel Louw en “Renier”, ’n ateïs.

Geloofskwessies

Izak du Plessis se blog en Henk/Hennie
Debat met “Hennie” wat gevolg het uit kommentaar op Izak du Plessis se afskeidspreek op sy blog.

Adrio König se boek Die Evangelie is op die spel (8 April 2009)
‘n Lys van artikels in die media. Begin by Teoloë kap König oor sy nuwe boek.

Dr Frits Gaum vs prof Johan janse van Rensburg in die Rapport (12 Maart 2011)
‘n Lys van artikels in die media. Die debat begin by Fluit-fluit, is die NG Kerk dalk uit, vra Frits Gaum.

Debat rondom Neels Jackson se artikel “Ek kies steeds die kerk”, in Beeld (25 Mei 2011)
‘n Lys van artikels in die media. Die debat begin by Ek kies steeds die kerk van Neels Jackson.

Aktuarius verduidelik hantering van doopgesprek (16 Augustus 2011)
Debat oor die doop in die NGK.

NG Kerk sê nee vir gay vrou as predikant (30 November 2011)
Die herrie oor Lulani Vermeuelen: Sy was ’n uitgesproke homoseksuele teologiese student wat nie toegelaat is om te legitimeer nie.

Lewendige Kerkdebat in BEELD Nov-Des 2012
Debat in Beeld oor die kerk in die algemeen. Mense wat deelgeneem het is: Wilhelm Jordaan, Koot Bosman, Henriëtta Klaasing, Jan Vermaak, Julian Müller, Jaco Strydom, Willem Pretorius, Koos Mouton, Wynand Louw, Pik Botha, Nelus Niemandt, Daniel Louw, Gerhard Bothma

Fanie Snyman oor NG Kerk teologiese dosente en kuratoriums (12 Junie 2019)

Fanie Snyman sê dat mense wat probleme het met die teologie van sekere dosente, moet met hulle persoonlik praat of met die kuratoriums.

Facebook: Kerkbode/NGK-debatte

In September 2012 is al die debatte verwyder deur Kerkbode self. Kyk Moderamen se skynbare onderdrukkende beheer van facebook/kerkbode en Kerkbode sensor alweer wat hulle nie pas nie.

NG Kerk diversiteitsforum

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui