Legitimasie-eed van NG Kerk predikante

Legitimasie-eed van NG Kerk predikante

(Gekopieer van Die Gereformeerde Biblioteek.)

“Ek, die ondergetekende……, toegelaat tot die openbare bediening van die Woord in die Nederduitse Gereformeerde Kerk deur die Algemene Regskommissie wat daartoe gemagtig is, verklaar hiermee in alle opregtheid voor die Here dat ek van harte glo dat al die artikels en stukke van die leer vervat in die Belydenisskrifte en Formuliere van Eenheid – naamlik die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls, deur die Sinode van Dordrecht in die jare 1618-1619 aangeneem – ooreenkom met die Woord van God. Ek belowe om die voorgenome leer ywerig en volhardend te leer en in my wandel getrou te handhaaf, sonder om iets teen die leer, hetsy regstreeks of onregstreeks, te leer of te skrywe. En net soos ek hierdie leer te goedertrou aanneem en van harte glo, so verwerp ek alle dwalings wat teen hierdie leer stry en beloof ek om dit te weerlê, teë te spreek en alles in my vermoë te doen om dit uit die kerk te weer.”

Kommentaar

Die Apostoliese Geloofsbelydenis/Twaalf Artikels word nie hierbo genoem nie, maar dit word vervat in die Heidelbergse Kategismus, vraag 22 en 23.

Verdere leeswerk

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui