Kuratorium

Die volgende verduideliking word gegee in terme van die NG Kerk se kuratorium:

Die kuratorium van die NG Kerk is ’n liggaam wat aangestel word deur die kerk wat toesig hou oor die opleiding van teologiese studente by ’n universiteit.

Samestelling: As voorbeeld word die samestelling van UP se kuratorium gegee:

  • Vier teenwoordigers van elkeen van die vier Transvaal Sinodes (Goudland, Hoëveld, Noordelike en Oostelike Sinode). In totaal, dus 4×4 = 16 verteenwoordigers.
  • Die ander sinodes (Natal, Vrystaat, Wes-Kaap, Oos-Kaap, Noord-Kaap, Namibië) mag elkeen ’n enkele verteenwoordiger op eie onkoste stuur. In totaal, dus 6 verteenwoordigers.
  • Een van die dosenteraad
  • Hoof van die proponentskommissie
  • Hoof van voortgesette bedienings ontwikkeling (VBO), ook genoem Excelsus. André Bartlett is daar die hoof.
  • Hoof van kerkeie teologiese opleiding
  • Totaal = 16+6+4 = 26

Opleiding: Die kuratorium dra sorg vir, beheer en hou toesig oor die opleiding van studente. Dit geld nie alleen vir die akademiese opleiding nie, maar ook aanvullende teologiese opleiding, waarvoor die kerk self verantwoordelik is. Dit het ten doel om aanvullend van aard te wees rondom die bedieningsvorming van studente.

Studente: Die Kuratorium dra finale verantwoordelikheid vir die keuring, begeleiding, toesighouding oor, eksaminering en aanbeveling vir toelating tot die evangeliebediening van alle teologiese studente aan die Teologiese Kweekskool wat hulle met die oog daarop aanmeld. Die Kuratorium word in hierdie taak bygestaan en geadviseer deur die Begeleidings- en Proponentskommissie asook NG Kerk Dosenteraad as sub-kommissies van die Kuratorium. Die primêre versorging van elke student behels individuele gesprekke asook opvolggesprekke en verdere pastorale versorging soos benodig. Indien van die studente reeds ’n mentor het in sy/haar tuisgemeente of die gemeente waar die betrokke student inskakel tydens studiejare, word van die bepaalde predikant ’n verslag aangaande die student verwag.

NG Kerk Dosenteraad: Hierdie raad word gevorm deur NG Kerk-dosente wat kerklik bevestig is en voltyds doseer. Die Kuratorium het die reg om, indien nodig, vertoë tot die universiteit te rig vir akademiese akkreditering van tydelike of voltydse personeel wat vir die universiteit aanvaarbaar is, om op koste van die NG Kerk aanvullende aspekte tot die teologiese program wat deur die NG Kerk belangrik geag word, te doseer.

Kuratoriumlede, UP, 2016-2019

Die volgende was lede van die kuratorium van die UP se teologiese fakulteit vanaf 2016 tot 2019:

  • Dosenteraad: Danie Veldsman
  • Goudland: Anton Fick, Kritzinger, Grant du Plessis, Irma van Rensburg
  • Noordelike Sinode: Hannes Bezuidenhout, Paul du Plessis, Hennie Kotzé, Lizl-Louise Schoeman
  • Oostelike Sinode: Willem Esterhuizen, Tertius Erasmus, Johan Koen, Francois Retief
  • Hoëveld Sinode: Elise Klut, Gys Loubser, Christo Naudé, Hannes Windell
  • Natal: Barry Tolmay
  • Noord-Kaapland: Renier Lourens
  • Vrystaat: Johann Kemp
  • Wes-Kaap: Frederick Marais
  • Oos-Kaap: ?
  • Proponentskommissie: Kritzinger
  • Excelsus: André Bartlett
  • Hoof: Kerkeie teologiese opleiding: Kobus Myburg

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui