Jesus seminaar

Die Jesus seminaar is in 1985 gehou. By die geleentheid het sowat 150 kritiese teoloë beraadslaag met die doel om onderling konsensus te kry oor watter dele van die vier Evangelies vir hulle histories aanvaarbaar is. Hulle het probeer om uit die Evangelies ‘n rekonstruksie te maak van die “werklike Jesus” of die “historiese Jesus” en Hom voorgehou as ‘n rondreisende Hellenisties Joodse filosoof, wat ‘n groot aanhang gekry het. Elkeen van die “kundiges” het met vier verskillende kleure kraletjies gestem oor watter waarde hulle heg aan ’n bepaalde skrifgedeelte.

John Dominic Crossan was ‘n leidende figuur by die Jesus Seminaar saam met prof Andries van Aarde van Pretoria. Hulle sieninge oor die Evangelies wat by die Jesus Seminar geformuleer is, het vandag nog ‘n sterk invloed in die wêreld en by ons eie teologiese fakulteite.

Kyk Jesus Seminar (Wikipedia).

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui