Jesus is die EEN! (Johan Janse van Rensburg)

Kyk ook:

Algemene inligting

Titel Jesus is die een! – Verloor ons nie die evangelie in die Emerging Church nie?
Outeur Johan Janse van Rensburg
Gepubliseer Oktober 2011
ISBN 978-1-920460-26-6

Te koop by Bybel Media Handel stalletjie
of Bestel by Bybel Media Handel
Tel 021 873 0822 Epos jan@bmedia.co.za
of Faks 021 873 0832
E-boek R69,95 www.kalahari.com
Ook beskikbaar in toonaangewende boekwinkels
www.christianmediapublishing.com

Oorsig

Die “Emerging Church” is die gonswoord in die teologiese wêreld vandag. Die kerk moet – volgens die voorstanders van hierdie rigting – die evangeliese boodskap van die Bybel so aanpas dat dit in die behoeftes van die postmoderne mens voorsien. Die skrywer tree nugter en tog ferm met denkers uit hierdie oord in gesprek. Hy vind sy uitgangspunt in die waarhede van die Bybel, toets daarna die sienswyses van die emergent-skrywers hieraan en vra eindelik wat ons in die lig van die Skrif moet doen om die mens van die derde millennium in die kerk van Jesus Christus sy regmatige plek te laat inneem. Vir elkeen wat by vandag se gesprek oor die boodskap van die Bybel wil bybly – teoloë en belangstellende lidmate – is hierdie boek ’n moet.

“Die debat oor die ontluikende (“Emerging Church”) kerk en alles wat daarmee saamhang, verkeer in Suid-Afrika en onder gereformeerdes hier te lande nog in sy kinderskoene. Die verklaarde doel van die skrywer om krities-ontspanne en eerlik met mede-Christene oor die saak in gesprek te tree, sal hierdie debat beslis stimuleer. Ter wille van die eer van God of vanuit ’n motief van Soli Deo Gloria (in alles aan God alleen die eer) is so ’n gesprek noodsaaklik. Voorstanders van eerlike gesprekvoering in kerk en teologie in Suid-Afrika moet eenvoudig daarteen waak dat kritiek relevante gesprekskanale verstop. So ’n verskynsel strem die regte begrip vir mekaar en voortgaande reformasie in die kerk, ’n reformasie waarvan Johan ’n uitgesproke draer wil wees.”

Prof Piet Strauss: Voorsitter Moderamen – NG Kerk : Aug 2011

Resensies

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui