Wie is Jean Oosthuizen?

Jean Oosthuizen het vanaf 2003 tot 2013 vir die NG Kerk se koerant, Die Kerkbode, gewerk. Vir die laaste ongeveer een jaar was hy ook die nuusredakteur.

Hy is baie uitgesproke oor sy nie-Bybelse standpunte en is berug vir sy onbeskofte manier hoe hy behoudendes behandel. Hy is ook die webmeester van Kletskerk, waar hy baie Godslasterlike dinge toegelaat het. Hy is in 2013 op baie omstrede manier afgedank. Dit is eintlik ’n skande dat iemand met so ’n geloofsoortuiging vir so lank die NGK se nuusredakteur was. Hier volg ’n opsomming van sy geloofsoortuiging:

  • Hy glo dat homoseksualiteit nie verkeerd is nie.
  • Hy glo aan evolusie en verwerp Genesis 1 tot 11 en die sondeval.
  • Sy definisie van God is wollerig (sy eie erkenning)
  • Oor die hemel en hel is hy nie seker of dit bestaan nie.
  • Hy is nie oortuig dat daar slegs een God is nie. Hy kan nie sê die Christene is reg en die Moslems verkeerd nie.
  • Hy het baie meer geduld met ateïste as skeppingsleerders (kreasioniste)

Hier volg ’n paar artikels oor hom:

3 thoughts on “Wie is Jean Oosthuizen?”

  1. Ek wil vir hom se “Wyk satan”
    Sjoe. Die man is van haat en onbeskoftigheid aanmekaar gesit.

  2. Dit is werklik gaaf dat julle my doen en late so getrou volg op julle fundamentalistiese sektewebwerfie en dit op datum hou. Dankie vir julle volgehou belangstelling in denkende mense se doen en late. Ek het groot waardering daarvoor, want ek verwys altyd mense hierheen as hulle meer wil weet van die godsdiensmanewales. Julle moet net seker maak van julle feite. Ek was nie net ongeveer een jaar nuusredakteur van Kerkbode nie maar sedert my aanstelling daar vir bykans tien jaar. Julle kan my later bedank vir regstelling.
    Seën en vrede en mag u gode met u wees.

    1. Jean, baie dankie vir die regstelling. Ek is bly jy maak kontak, want miskien kan ek nou iets uitklaar:
      Ek het verstaan dat Kerkbode se nuusredakteurs die volgende was:

      • Frits Gaum (1986 – Maart 2004)
      • Johann Symington (Maart 2004 – ?)
      • Anton Pienaar (? – Nov 2010)
      • Adri-Louise van Renen-Fourie (2011 – ?)
      • Jean Oosthuizen (? – Maart 2013)
      • Neels Jackson (2014 – Des 2018)
      • Le Roux Schoeman (1 Jan 2019 – *)

      Eerstens, kan jy dalk help met die datums wat ek nie het nie?

      Tweedens, jy was aanstel in 2003. My verstaan was nog altyd dat jy “ondernuusredakteur” was en gerapporteer het aan Frits Gaum, Johann Symington, Anton Pienaar en Adri-Louise. Ek het gedink dat jy na Adri-Louise bevorder is na nuusredakteur. Help my asb reg waar ek nie verstaan nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui