Wie is James Kirkpatrick?

James (JD) Kirkpatrick was die voorsitter van ATLAS (Algemene Sinode se taakgroep oor Leer en Aktuele sake). Tans is hy verbonde aan die Stellastraat gemeente in Pretoria.

Hy hang liberale teologie aan. Hier volg ’n opsomming van sy teologie soos afgelei uit artikels in die media:

  • Hy glo nie dat dit belangrik is om in Jesus se maagdelike verwekking te glo nie.
  • Hy glo nie in die duiwel as persoon nie.
  • Hy is ’n voorstander van homoseksuele verhoudings.

Toe die Algemene Sinodale Kommissie (ASK) hulle gedistansieer het van die radikale uitsprake van die Nuwe Hervormers, het Fanie Cronjé en James Kirkpatrick van die Noordelike Sinode hulle misnoë uitgespreek oor die ASK se verwerping van die Nuwe Hervorming se radikale insigte. (Beeld, 1 April 2003). Later die jaar wou die sinode van Noord-Transvaal (Noordelike sinode), waaraan hulle twee verbonde was, nie standpunt inneem oor Jesus se maagdelike geboorte of oor Jesus se liggaamlike opstanding nie (Sinode vir eers stil oor maagdelike geboorte, 3 Sep 2003).

(Uit NAMIBIË OP WEG MET DIE ALGEMENE SINODE?, Youtube, 11:44, Ferdie Mulder, 16 Jan 2021)

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui