Glo die Bybel

Johannes 17:17 ...U Woord is die waarheid.

Sindikasie

Glo die Bybel Glo die Bybel
Home Skepping, Evolusie, Ateïsme Apologetiek en gesag van die Bybel Verkondig die Bybel dat die aarde plat is?
Verkondig die Bybel dat die aarde plat is? PDF Afdruk E-pos
Saterdag, 21 April 2012 14:43

Hennie Mouton som hierdie kwessie baie mooi op in sy boek Skepping vs Evolusie - Onversoenbaar!, wat gratis afgelaai kan word. Ek het hoofsaaklik van daar geleen of direk aangehaal:

Bl. 59 en 60: 

Die vier hoeke van die hemel in Jer 49:36, die vier hoeke van die aarde, soos beskryf word in Jes 11:12, Opb 7:1 en Opb 20:8, en die vier hoeke van die land in Eseg 7:2, is netso min ’n letterlike beskrywing as Jesus se verwysing na die vier winde van die aarde in Mat 24:31 en Mark 13:27.

  • Jer 49:36 : Ek laat die vier winde losbreek teen Elam, die winde uit die vier hoeke van die hemelruim, Ek verjaag hulle al die windrigtings in; daar sal nie ‘n nasie wees nie of van Elam se vlugtelinge sal daar beland.
  • Jes 11:12 : Die Here sal ‘n vaandel oprig onder die nasies en sal die ballinge van Israel bymekaarmaak, die verstrooides van Juda laat saamkom van die uithoeke van die aarde af.
  • Opb 7:1 : Daarna het ek vier engele by die vier hoeke van die aarde sien staan. Hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat daar geen wind op die land en op die see en teen enige boom sou waai nie.
  • Opb 20:8 : Dan sal hy gaan om die nasies wat tussen die vier uithoeke van die aarde is, die Gog en Magog, te verlei, en om hulle byeen te bring vir die oorlog. Hulle is so baie soos die sand van die see.
  • Eseg 7:2 : En jy, mensekind, so spreek die Here HERE tot die land van Israel: Einde! Die einde het gekom oor die vier hoeke van die land. (1953 vertaling)
  • Mat 24:31 : En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.
  • Mark 13:27 : En dan sal Hy sy engele uitstuur, en Hy sal sy uitverkorenes uit die vier windstreke versamel, van die einde van die aarde af tot by die einde van die hemel.

Dit beteken bloot “van orals” of “orals op” of “beskou alles” en probeer duidelik nie die vorm van die hemel, die aarde of die land Israel weergee nie. Bogenoemde kan byvoorbeeld hoegenaamd nie in terme van beskrywings van werklikhede met Gen. 1 - 11 vergelyk word waar werklike gebeure, name, ouderdomme ensovoorts weergegee word nie. Daar is in ieder geval ’n paar verwysings in die Bybel na die rondheid van die aarde:

  • Job 26:10 "Hy plaas die horison op die see, ‘n grens tussen lig en donker."
  • Spr 8:27 "Ek was daar toe Hy die hemelgewelf opgerig het, toe Hy die horison oor die see afgemerk het"
  • Jes 40:22 "God het sy troon bokant die hemelkoepel..."
  • Job 26:7 ook nog genoem dat die aarde in die leë ruimte hang: "God sprei die hemel uit oor die leë ruimte, Hy laat die aarde hang waar niks is nie."

Alhoewel bg verwysings ook moontlik simbolies is, wonder mens nogal oor die objektiwiteit van die Bybelkritici wat nooit na hierdie verse verwys nie. Die historikus Jeffrey Russell het aangetoon dat die kerk nooit aan ’n plat aarde geglo het, of gedink het dat dít die implikasie van die vier hoeke van die aarde is nie. Slegs ’n paar eksentrieke karakters, yl versprei oor die laaste 20 eeue, het dit verkondig.

En bl 58 - 59:

Sekerlik is die Bybel nie in die eerste plek ’n wetenskaplike handboek nie – daar bestaan nie ’n indeks waarin mens ’n spesifieke wetenskaplike onderwerp kan opsoek, en dan alles daaroor mooi bymekaar beskryf kan vind nie. Maar skeppingsleerders glo dat die wetenskaplike en geskiedkundige gegewens in die Bybel waar is. Wat sou die sin vir die alwetende God gewees het om foutiewe wetenskaplike inligting in die Bybel te laat aanteken het? Hoekom sou die Here ’n fiktiewe verhaal van Adam en Eva gebruik om die begrip van die oorsprong van die mens se sonde oor te dra, en eeue later sy eniggebore Seun werklik laat sterf het vir die sondes waarvan die oorsprong slegs simbolies is? Skeppingsleerders glo dat die eenvoudige antwoord is dat Adam en Eva en wat daarop volg, werklik gebeur het.

Moet alles in die Bybel dus letterlik verstaan word? Nee – die Bybel moet verstaan word soos dit geskryf is:

  • metafore as metafore;
  • poësie as poësie;
  • letterlike geskiedenis as letterlike geskiedenis ensovoorts.

 

Kyk ook: