| Kommentaar op SABC 2 se "What does God think of us” episode 2 “Science and the Church” |
|
|
|
| Sondag, 01 Mei 2011 16:07 |
|
Op Sondag 10 April 2011 om 8:30 is daar op SABC 2 'n program uitgesaai, “Science and the Church”. Dit was episode 2 van die reeks "What does God think of us”. Die program was in die vorm van 'n debat tussen Hennie Mouton en Henriëtta Klaasing, skrywers van die boek, Die Trojaanse Perd in die NG Kerk, en Piet Croucamp, ateïs en politieke ontleder van die Universiteit van Johannesburg. Die debat kan gekyk word op youtube in drie dele:
Hier volg kommentaar deur:Hennie MoutonEpisode 2: Hierdie TV-program het so gewerk dat die deelnemers eers agterna tydens die werklike uitsending vir die eerste keer kon sien hoe die hele program lyk. Wat uitgesny sou word, wat die inleiding gaan wees en wat die belangrike opsomming gaan wees, weet mens nie voor dan nie. Na ek uiteindelik die uitsending gesien het, het ek aan die produksiebestuurders (waarvan Coetzee Zietsman een is), onder andere die volgende gestuur: “Die sake wat in die inleiding as agtergrondfeite voorgestel word, was in baie opsigte ‘n verdraaiing of sommer net onsin, byvoorbeeld:
Ons het niks van hierdie goed ooit bespreek of voor die tyd gehoor nie, en het ook nie geweet dat dit die (grotendeels onwaar) inleiding sou wees nie. My grootste probleem is Theo Geyser (hy is die fasiliteerder in die program) se afsluiting (wat agterna gedoen is toe ons nie by was nie):
Laasgenoemde is amper die teenoorgestelde van wat ek gesê het, en lyk baie sterk na ‘n afsluitingsgedagte waarop vooraf al besluit is. In my laaste opmerkings in die program (soos uitgesaai) het ek spesifiek gesê die kerk behoort die waarheid in alle opsigte na te jaag – op geestelike en wetenskaplike terrein. Die kerk kan hom nie van die wetenskap distansieer nie. Theo het my opmerkings toe probeer reduseer na “die Bybel is die waarheid en dis dit”. Na my mening was dit ‘n doelbewuste poging om my woorde so te probeer voorstel dat hy met sy bogenoemde vooraf uitgedinkte afsluitingsgedagte kon eindig. Die episode moes dus ‘n sekere uitkoms gehad het, en ongeag wat eintlik gesê is, is dit so gemanipuleer. Dit is my afleiding.“ Die daaropvolgende antwoord aan my was dat hulle in die volgende opnames sal seker maak van hul agtergrond-inligting en dan het hulle sekere algemene opmerkings oor die doel van die program gegee. Betreffende die verdraaiing in die fasiliteerder se slotwoorde is niks geantwoord nie. Ek wou dit daar laat, maar toe kom Coetzee Zietsman vanoggend (21 April 2011) op RSG met dieselfde verdraaiing: Hy het min of meer beweer: “Kreasioniste glo NET wat in die Bybel staan” (en by implikasie niks meer nie, met ander woorde hulle verwerp die werklikheid om hulle). Enigeen wat naastenby op hoogte is met wat kreasioniste voorstaan, sal weet dat die wetenskap, en veral oorsprongwetenskappe (waaronder onder andere evolusie val), ‘n baie belangrike komponent van hul uitsprake en skrywes is. Kreasioniste skiet byvoorbeeld evolusie af nie net omrede die Bybel dit weerspreek nie, maar ook omdat dit wetenskaplik geweldig baie probleme het. Daar was geen behoorlike geleentheid om op laasgenoemde in die program uit te brei nie, maar die enkele laaste sinne van my wat daarna verwys, ignoreer hulle nou by herhaling en lyk my doelbewus! Hierdie is ‘n tipiese voorbeeld van strooipoppe op te stel (stel jou opponent se siening verdraaid voor, en skiet dan daardie verdraaide siening af). Dis uiters teleurstellend. Ek het ook hierdie beswaar oor die RSG-inset aan die betrokke TV-produksiebestuurders gestuur, en wag nog op hul antwoord.
------------------------------------------- Hallo Hennie en Henrietta, Na ons vergadering vandag, net ‘n paar opmerkings: Die verkeerde titels was a.g.v. ‘n misverstand tussen my en die produksiespan, en ons is jammer daaroor. Die span sal in die vervolg tydens opnames by die mense self hoor wat hulle korrekte titels is, en hulle sal ook seker maak dat die agtergrond-gegewens in die inleiding korrek is. Ons poog in die programme om beide kante van ‘n saak te stel, maar dit is op ‘n manier ook Theo se ‘reis’ waar hy meer uitvind oor spesifieke sake en dan sy ervaring met kykers te deel – ons sal probeer dat dit duideliker gestel word dat dit ‘n subjektiewe mening is. Persoonlik, voor ek die program gesien het, was ek bang dat dit eensydig sou wees: ek dink dit is altyd makliker om te sê dat geloof kan nie vanuit ‘n wetenskaplike oogpunt bewys word nie en daarom is dit onwaar, as wat dit is om ‘n standpunt te huldig dat geloof wel die waarheid kan beet hê ten spyte van die feit dat dit nie bewys kan word nie. Na ek die program egter gesien het was my indruk dat, al het julle van Piet Croucamp verskil, dit in ‘n goeie gesindheid plaasgevind het, en dat die Christen-perspektief duidelik gestel is. Groete, Japie ----------------------- Episode 5: Sent: 01 May 2011 11:50 AM Julle uitsending vanoggend oor die gay-saak het geensins eers probeer om objektief en billik te wees nie: * Peter Hammond het net ‘n enkele spreukbeurt reg in die begin gekry en geen geleentheid later om op enigiets van die ander uitlatings te reageer nie. * Al verwysing na mense wat uit gay-verhoudings verlos is, is die gay-predikant wat beweer dat talle sulkes by hom kom kla dat dit nie gewerk het nie. Hoekom is daar geen gesprekke met mense wat permanent daaruit verlos en tot redding in Christus gekom het nie? Hoekom is daar geen verdere verwysing na die Skrifgedeelte self wat sodanige redding beskryf nie? Dit is weereens ‘n uiters teleurstellende uitsending. Groete, Hennie Mouton ---------------------- Sent: 04 May 2011 09:10 AM Hallo Hennie, Dankie vir jou epos. Ek dink jy maak ‘n geldige punt t.o.v. getuienisse van Christene wat vroeër in gay-verhoudings was maar nie meer is nie; ons sal dit in gedagte hou vir die toekoms. Groete, Japie
Coert Welman
What does God think of us op SABC2 – episode 2 Episode 2 in die reeks What does God think of us op SABC2, getiteld Science and the Church, handel grootliks oor die skepping vs evolusie tema. Daniel het my aanbeveel om hierna te kyk en sedertdien neem ek die daaropvolgende episodes op om te loer watter onderwerpe hulle aanspreek. Hiermee ‘n paar kort notas van my kant af oor hierdie episode. ‘n Resensie as jy wil. Sommer met die intrapslag maak die navorsers via die verteller ‘n fout. Aristoteles word aangedui as die persoon wat ontdek het dat die Aarde rond is. In Aristoteles se tyd was dit al meer as ‘n honderd jaar lank beskou as feit. Dit word volgens oorlewering selfs teruggetrek na Pythagoras (ongeveer 570vC tot ongeveer 495vC), maar Plato wat meer as 40 jaar ouer was as Aristoteles het sy studente geleer dat die aarde sferies is. Aristoteles, wat onder Plato gestudeer het, het veel eerder geleer dat die Aarde rond is by sy leermeester. Dalk nie ‘n reuse fout nie, maar dit dui op die kwaliteit van die navorsing. Artikel oor Aristoteles vanaf die Berkeley Universiteit, wat nie juis bekend is vir hulle Christelike fundamentalisme nie, se webwerf som die werklike situasie mooi op. Hulle skryf: “Fused and reconciled with Christian doctrine into a philosophical system known as Scholasticism, Aristotelian philosophy became the official philosophy of the Roman Catholic Church. As a result, some scientific discoveries in the Middle Ages and Renaissance were criticized simply because they were not found in Aristotle. It is one of the ironies of the history of science that Aristotle's writings, which in many cases were based on first-hand observation, were used to impede observational science.” Dit is effe anders as dit wat voorgehou word as “feit” in die program. Daar word ook verder genoem dat die Katolieke Kerk geglo het die Aarde plat was en opgehou word deur vier engele omdat die Bybel dit sê. Dit is loutere onsin. Teen die tyd dat die Katolieke Kerk ontstaan het was die idee van ‘n sferiese Aarde al lankal aanvaar as feit. Die enigste vers (soektog gedoen met e-Sword in verskeie vertalings in Afrikaans en Engels) wat ek kon kry wat enigsins hierna verwys is Openbaring 7:1 wat as volg lees in die 1983 vertaling: “Daarna het ek vier engele by die vier hoeke van die aarde sien staan. Hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat daar geen wind op die land en op die see en teen enige boom sou waai nie.” Dit noem dalk die “vier hoeke van die aarde”, maar dit is ‘n idioom om die hele wêreld aan te dui. Dit is ook baie duidelik dat die vers nie noem dat die engele die Aarde dra nie, maar dat hulle die winde vashou sodat daar geen wind waai op die Aarde nie. Bietjie anders as om te probeer voorgee dat hulle die Aarde dra. Daar is verskeie artikels hieroor beskikbaar om hierdie idee die nekslag toe te dien, maar dit blyk dat vyande van die kerk, asook aanhangers van die liberale teologie nie hierdie leuen wil los nie. Skeppingsleer organisasies word gereeld daarvan beskuldig dat hulle ook in ‘n plat Aarde glo of ten minste dieselfde beginsels aanhang, dus is daar baie navorsing oor hierdie onderwerp gedoen wat beskikbaar is op webwerwe soos www.creation.com en dies meer. Ek weet ook dat daar heelwat mense is wat gekant is teen die skeppingsleer en uit beginsel uit niks sal lees wat op so ‘n webwerf gepubliseer is nie. Daarom gaan ek bronne beperk tot nie-skeppingsleer bronne. Twee goeie artikels hieroor is heel toevallig beide getiteld “The Flat Earth Myth” en is onderskeidelik geskryf deur Thomas E Woods en Jeffrey Burton Russell. Beide artikels is beslis die moeite werd om te lees. Russell som sy navorsing hieroor kort en kragtig op in die volgende sin: “No one before the 1830s believed that medieval people thought that the earth was flat.” Kort na die “Plat Aarde” mistasting maak die navorsers ‘n werklik gruwelike fout. Volgens die program se vroulike verteller is Copernicus ter dood veroordeel as gevolg van sy teorie dat die Aarde om die son wentel. Dit het my dadelik ander bronne laat raadpleeg omdat die enigste wiskundige/sterrekundige waarvan ek weet wat brandstapel toe gestuur was Giordano Bruno was. Hulle stelling oor Copernicus wat sê: “He paid with his life when he was sent to the stake for his heresy” is ‘n blatante leuen. Wat probeer hulle bereik deur sulke leuens te versprei, anders as om mense antagonisties te probeer maak teenoor die kerk? As selfs Wikipedia niks van hierdie spekulasie noem nie, is die kans bitter skraal dat dit die waarheid kan wees. Nog ‘n jammerlike fout wat absoluut tekenend is van swak en lui navorsing is die opmerking dat Galileo Galilei die eerste teleskoop gebou het. Dit is nie korrek nie en hierdie inligting is so vrylik beskikbaar dat dit werklik skandalig is dat dit so foutief verkondig word. Galileo het die ontwerp van die refraktiewe teleskoop (een wat met lense werk) verbeter, maar die krediet vir die ontwerp daarvan word gegee aan drie Nederlanders: Hans Lippershey en Zacharias Janssen (beide brilmakers van Middelburg) en Jacob Metius van Alkmaar (‘n pragtige dorpie sowat 20 minute met die trein vanaf Amsterdam). Met sulke ooglopende feitefoute wat as waarheid verkondig word het die navorsers alreeds alle geloofwaardigheid verloor. ‘n Verdere fout, wat dalk verskoonbaar is, aangesien dit baie duidelik is dat die navorsers geen wetenskaplike agtergrond het nie, is dat hulle verkondig dat Edwin Hubble ontdek het dat sterrestelsels (“galaxies” in Engels) uitdy (“galaxies are expanding” in die narratief). Die werklikheid is dat Hubble ontdek het die heelal (“universe” in Engels) dy uit. In maklike Afrikaans, die sterrestelsels beweeg al hoe verder van mekaar af weg. Hulle dy nie self uit nie. Hierdie foutjie kon dalk nog oorgesien word as ‘n taalglipsie, maar in die lig van die ander blatante foute is dit nie moontlik nie.
Uiteindelik by die gesprek: ‘n Sylangse opmerking is dat die aanbieder Theo Geyser van mening is dat Henriëtta Klaasing bloot gekies is om die vroulike perspektief te gee. Die keuse van ateïs teenoor skeppingsleerders is ook nie ‘n baie sinvolle keuse gewees nie. Sekerlik sou die deursnee Christen baie meer baat gevind het by die gesprek indien dit gevoer was tussen ‘n teïstiese evolusionis en ‘n skeppingsleerder. Dan sou dit ten minste ‘n Christelike debat gewees het. Die bestaan van God moet tog immers ‘n voorveronderstelling van die program wees, aangesien die bestaan van God implisiet is in die titel, What does God think of us? As Hy nie bestaan het nie, hoe sou ons kon argumenteer oor wat Hy van ons dink of ons oor Hom dink? Ek praat onder korreksie, maar ‘n program op SABC2 (dit mag Fokus met Freek Robinson of dalk 50/50 gewees het) het ‘n paar jaar gelede ‘n soortgelyke program uitgesaai met ‘n debat tussen skeppingsleerder, teïstiese evolusionis en ateïs. Dit was ‘n baie meer sinvolle debat gewees. Hier is nie eens by die oorhoofse tema van die reeks gehou nie. Hoekom is ‘n politieke wetenskaplike gekies wat self ruiterlik erken dat hy geen wetenskaplike is nie? Hoekom nie eerder ‘n natuurwetenskaplike nie? Die program het vir alle praktiese doeleindes slegs gefokus op die natuurwetenskappe en meer spesifiek die oorsprongwetenskappe en ‘n natuurwetenskaplike sou ‘n baie meer sinvolle keuse gewees het. Die beskrywing by die deelnemers se name is nogal vreemd om die minste te sê. Dr Hennie Mouton se byskrif is “Academic Engineering”. Wat op dees aarde is dit? Ek was onder die indruk dat hy ‘n praktiserende ingenieur is en nie by ‘n universiteit werk nie. ‘n Doktorsgraad maak nie van iemand ‘n akademikus nie. Dr Piet Croucamp (of Crauwcamp, albei spellings word gegee in die program) word beskryf as “Academic Politics”. Hy is blykbaar werksaam by ‘n universiteit, dus is die beskrywing dalk korrek, maar help ons asseblief met ‘n dubbelpunt of een of ander behulpsame leesteken. Dr Henriëtta Klaasing is darem korrek beskryf as mede-outeur van die Trojaanse Perd in die NG Kerk. Sy is wel gevra om die vroulike siening te verteenwoordig, maar dit blyk tog dat die vervaardigers op die ou einde gevoel het dat sy as mede-outeur van die Trojaanse Perd iets meer kan bydra as bloot die vroulike perspektief soos genoem deur Theo Geyser. In terme van die deelnemers het Mouton groot klem gelê op die wetenskap se rol in die apologetiek (sonder om dit pertinent by naam te noem) en dat wetenskap die Bybel wel kan ondersteun en selfs kan bevestig as waar. Croucamp het deurentyd die gesprek teruggebring na die bestaan van God toe en die irrasionaliteit van gelowiges wat in wonderwerke glo. Ek kon my ore nie glo toe hy Richard Dawkins aanhaal nie. Het ateïste werklik nie iemand beter om aan te haal nie? Croucamp het ook ‘n keer of wat sy paneellede beledig wat nie in goeie smaak was nie. Hy noem ook dat Francis Collins ‘n Christen is wat die evolusie aanhang, maar noem verder dat kerk en wetenskap nie versoenbaar is nie. Wel, watter een is dit nou? Klaasing se fokus was grotendeels op dit wat buite die gesagsveld van die wetenskap lê, asook die hiernamaals. Sy lê klem dat die werklikheid veel meer is en veel wyer is as dit wat ons kan meet. Theo Geyser noem in sy slotrede dat Christene, volgens die Christelike siening wat hy nou gehoor het, die realiteit moet ontken om die Bybel te kan glo. Is dit die tipe opmerking wat mens wil hoor van ‘n aanbieder van ‘n program wat veronderstel is om te handel oor aspekte van die Christelike geloof? Dit is ook in elk geval lynreg teen dit wat Mouton geargumenteer het: HM: “Ek dink dit is absoluut belangrik dat die kerk die waarheid najaag in elke opsig. En ek dink dit sal oor geestelike goed gaan en oor wetenskaplike goed. Die kerk kan homself nie verwyder van die wetenskap af nie. Hy moet kennis neem daarvan. Ek dink God het wetenskap geskep, so ek dink die beste wetenskap glo ek kan bedryf word uit die voorveronderstelling dat die Bybel waar is en jy gebruik dit as ‘n agtergrond...” TG (val HM in die rede): “OK, so jy glo in die Bybel, die Bybel is waar. HM: Absoluut. Ten slotte, iets om op te let is dat alhoewel Mouton die voorveronderstelling maak dat die Bybel waar is, hy duidelik sê dat die kerk nie die wetenskap moet, of selfs kan, ignoreer nie. Sy benadering tot historiese- of oorsprongwetenskap is onder die aanname dat die Bybel waar is en dat die data geïnterpreteer word vanuit ‘n Bybelse oogpunt. Dit verskil lynreg van Croucamp se siening dat die kerk en wetenskap nie versoenbaar is nie. Dit in kort my opmerkings oor die program. Ek weet regtig nie wat die punt van hierdie reeks is nie, behalwe dalk om Christene in hulle geloof te laat twyfel. Die narratief is deurspek met leuens en foute ten koste van die kerk en dit lyk werklik of die groot oorhoofse boodskap dié van onsekerheid is. Ek staan verstom dat hierdie onder ‘n klaarblyklike Christelike vaandel uitgesaai word.
NS: weet iemand wat die padverkeerswet of verwante regulasies te sê het oor ‘n gekraakte voorruit op jou motor? Theo Geyser se Nissan se voorruit was gedaan gekraak gewees.
Kyk ook:
Jean Oosthuizen
Jean Oosthuizen, nuusredakteur van Kerkbode, die NG Kerk se amptelike koerant, was baie in sy noppies met die debat omdat hy gedink het dat Hennie Mouton en Henriëtta Klaasing op hulle neuse gekyk het. Die volgende is van die facebook afgetrek:
Piet Croucamp Jean Oosthuizen Marlize Willemse Jean Oosthuizen Abe Steyn Pieter Du Plessis Marlize Willemse Marlize Willemse Piet Croucamp Pieter Du Plessis Marlize Jean Oosthuizen Hans Pietersen Jean Oosthuizen Conrad Kotze Marlize Willemse Nico Geldenhuys Conrad Kotze Jean Oosthuizen Marie Tomlinson Conrad Kotze Sidney Olivier Marlize Willemse Nico Geldenhuys Jean Oosthuizen Hans Pietersen Hans Pietersen Hans Pietersen Jean Oosthuizen Hans Pietersen Conrad Kotze Sidney Olivier Pieter Du Plessis Conrad Kotze Sonja Davel Nico Geldenhuys Conrad Kotze Sidney Olivier Pieter Du Plessis Karin Brynard Jean Oosthuizen
En ook op Kletskerk: Kreasioniste kry wind van voor op SABC TV
Jean 12 Apr 2011 10:45 Van die land se godsdienstig ver-regses huil lang krokodiltrane nadat ’n ongelowige vir hulle ore aangesit het op nasionale televisie. Daar word nou naarstiglik na sondebokke en verskonings gesoek waarom die jong aarde kreasionis Hennie (Sesdag) Mouton en me Henrietta Klaassing so swak vertoon het tydens ’n program op SABC2 wat gehandel het oor geloof versus wetenskap. Die program What God thinks of us? onder die titel Religion and Science is deel van ’n reeks van dertien programme wat Sondagoggende om 08h30 op TV 2 uitgesaai word. Die ongelowige prof Piet Croucamp van die Universiteit van Johannesburg het veel beter gevaar as sy twee opponente wat albei glo die aarde is net 6 000 jaar oud en dat die slang in die paradys regtig kon praat. Mouton en Klaassing is bekend vir hulle godsdienstig ver-regse uitsprake. Hulle is ook die medesamestellers van ’n boek wat verlede jaar verskyn het waarin die NG Kerk skerp aangeval word. In hulle boek Die Trojaanse perd maan hulle byvoorbeeld kerkrade om slegs leraars aan te stel wat glo die aarde is net 6 000 jaar oud. Verskeie Christene het hulle reeds in die openbaar gedistansieer van die uitsprake wat in die boekie deur hulle gemaak word. Nou kla Mouton en Klaasing se paar ondersteuners luidkeels op die NG Kerk se diversiteitsforum omdat daar gesê word die twee kreasioniste het hulle name krater gemaak op nasionale TV. Vir baie gelowiges was dit ʼn verleentheid om te sien watter Middeleeuse argumente godsdienstiges soos hulle vandag nog gebruik om ʼn punt te probeer maak. Mouton was gewapen met ‘n yslike pak dokumente waarmee hy waarskynlik wou bewys die aarde is nie ouer as ongeveer 6 000 jaar nie – iets wat ʼn gemiddelde standers ses kind nie eers meer glo nie. Tydens die gesprek het Mouton dikwels senuweeagtig in sy dokumente rondgevroetel maar kon nie hond haaraf maak nie. Klaasing se grootste bydrae was dat sy eintlik leef om eendag in die hemel te kom en nie vir die “hiernoumaals” nie. Die grootste leemte in die program was waarskynlik die feit dat daar nie ook ʼn gelowige Bybelwetenskaplike deelgeneem het wat aan evolusie glo nie. Dit sou help dat gewone gelowige kykers wat wel aan evolusie glo nie so verleë was oor die wyse waarop geloof opgedis is nie. Selfs die programleier Theo Geyser wat ʼn belydende Christen is, was ooglopend nie juis beïndruk met Mouton en Klaasing se vertoning tydens sy opsomming van die program nie. Op die NG Kerk se diversiteitsforum (http://www.ngkerk.org.za/index.asp?body ... teitsforum) gooi die jong aarde kreasioniste nou sterk wal teen die kritiek. ʼn Sekere T.C.Breitenbach meen Croucamp het ’n onregverdige “tuisvoordeel” gehad omdat die onderhoud in Croucamp se studeerkamer plaasgevind het. Hennie (Sesdag) Mouton het die gewoonte om onder talle skuilname op die internet deel te neem. Dit laat mens onwillekeurig wonder of die “Breitenbach” nie dalk net nóg een van Mouton se verskeie aliasse is nie. Hoe anders weet hy die onderhoud het by Croukamp se plek plaasgevind? Maar terwyl hy ook nou op my FB-blad rondsnuffel kan hy sommer self hier antwoord. Dat Breitenbach hier aas om my elders by te kom blyk uit sy skrywe op die NG Kerk se diversiteitsforum waarin hy aanhaal uit my FB inskrywing oor die Mouton/Klaasing fiasko. Oudergewoonte beskuldig hy my van dislojaliteit omdat ek meen Mouton en Klaasing het hulle name op nasionale TV vergat. Wel hulle hét! Hier onder is Breitenbach se volledige reaksie soos wat dit op die NG Kerk se diversiteitsforum verskyn. Die res van die gesprek kan op die forum self gelees word tensy die webbestuurder van die forum dit verwyder. Kwoteer: T.C.Breitenbach 2011-04-11 Die gesprek van Sondagoggend op TV 2 onder die titel,"Religion and Science", het in Croucamp se studeerkamer plaasgevind wat waarskynlik aan hom 'n sielkundige "tuisvoordeel" besorg het, en derhalwe 'n rede kon wees vir sy dominerende en onsmaaklik steurende tussenwerpsels gedurende die gesprek, veral tydens dr.Klaasing se deelnemende inset, so asof hy haar met minder agting bejeën het as vir Hennie Mouton. Geyser het beslis nie reg laat geskied aan die billikheidseis van gesprekvoering nie, maar in sy fasiliteringsrol gefaal. Hy het te veel tyd aan Croucamp afgestaan en hom vrye teuels gegee. Waarom juis 'n ateïs-wetenskaplike die wetenskapskant moes verteenwoordig en nie 'n Christenwetenskaplike nie, is waarskynlik doelbewus so beplan om Mouton en Klaasing in die ongelyk te probeer stel. Vir my het die godsdiens-wetenskapgesprek spoedig 'n teïsties-ateïstiese karakter aangeneem, twee onversoenbare uiterstes wat, soos vooraf reeds voorsien kon word, geen konstruktiewe bydrae tot so 'n gesprek sou kon lewer nie. Daar is dus beslis 'n dieper dimensie opgesluit in dié gesprek as bloot die voor die hand liggende. Mouton het sy basisveronderstelling,dat hy die volkome korrektheid van die Bybel as die Woord van God aanvaar (en dat wetenskappe soos die Geologie en die Argeologie dié waarhede juis bevestig), goed geformuleer. Hy het, teenoor Croucamp se krampagtig-evolusionistiese vertrekpunt, dit duidelik gestel dat God Bo-natuurlik geskep het; dat God verskillende soorte geskep het (waarvolgens een soort ook nie in 'n ander soort oorgaan nie), en dat dood - anders as evolusioniste te kenne gee - eers na die sondeval deel van ons werklikheid geword het. Klaasing het veral gewys op die geloofsdimensie van die menslike bestaan, en wat nie geweeg, gemeet en/of bereken kan word soos in die geval van die natuurwetenskaplike metode nie. Voorbeelde hiervan is liefde en waardes. In sy reaksie hierop het Croucamp beweer dat geloof nie mense van enigiets kan red nie; daar is, volgens hom, nog nooit enige wetenskaplike bewyse daarvoor gevind nie. Met dié stelling mag Croucamp homself dalk op baie dun ys bevind. Hieruit is dit duidelik dat Croucamp nie die geloofsdimensie van die menslike bestaan erken nie. In sy reaksie op dié gesprek het Jean Oosthuizen, navorsingskonsultant vir dié uitsending en nuusredakteur van die NG Kerk se Kerkbode-tydskrif, gesê: "Dis nie reg om toe te laat dat mense hulself so vergat op nasionale TV soos Hennie Sesdag en ta Hetta Klaagster nie." Hieruit is dit nie moeilik om vas te stel waar sy lojaliteit lê nie. Oosthuizen se kommentaar, sowel as sommige van die kommentare op hierdie forum, getuig van die waarheid van die bekende uitdrukkings: "Soort soek soort", en: "'n Mens word aan jou vriende geken." Dit sou besonder interessant wees om die ongeredigeerde weergawe van die volledige opname van hierdie gesprek te kon sien. Croucamp se lyftaal, sy gesigsuitdrukkings by geleentheid en sy baie praat het my laat dink dat hy, in 'n verloorsituasie, dit reeds tot 'n fyn kuns ontwikkel het om homself as wenner voor te doen. Anders as Mouton en Klaasing tree hy nogal dikwels voor die TV-kameras op, en geniet hy dus 'n voorsprong op hulle vanuit dié hoek gesien. Vir 'n persoon met sodanige ervaring, was hy beslis nie die meerdere van Mouton en Klaasing nie. Hierdie ronde ken ek aan laasgenoemde twee deelnemers toe.
En ook die artikel Kreasioniste kla dikmond by SABC oor TV program op Kletskerk se voorblad, waar Jean onder andere sê:
Twee jong aarde kreasioniste wat hulle naam op nasionale televisie tottie gemaak het tydens ʼn evolusiedebat, is nou dikmond vir die programaanbieder Theo Geyser, die SABC en die programvervaardigers. Hulle het sleg tweede gekom... [volgens Jean]
Kyk ook:
|
Comments
Omdat die onderwerp só wyd is, het ek voor die tyd, by die tafel terwyl die kameras opgestel word, gevra of nie ten minste kan afbaken oor wat "church" en "science" is nie - dit is bloot geignoreer.
Die dele wat uitgesny is, is vir my werklik die mees veelseggende van die hele oefening - en daarvan weet kykers natuurlik niks!
In antwoord op Oosthuizen die volgende. Theo Geyser het terwyl hy bestuur en praat het met die kamera die volgende genoem: "we are actually heading now to Melville to Piet Croucamp's house".
Daar is selfs na die advertensiebree k 'n foto van 'n huis gewys met die onderskrif: "Dr Piet Crauwcamp's house, Melville".
Maklik Jean, die kyker is daarvan ingelig. Geen duistere redes nie. Dis nogal hartseer as mens die spreekwoordelik e duiwel agter elke bos soek.
7 Hoe meer hulle vermenigvuldig het, des te meer het hulle teen My gesondig. Ek sal hulle heerlikheid in skande verander.
8 Hulle lewe van die sondoffer van my volk, en na dié se ongeregtigheid verlang hulle siel.
9 Daarom sal dit met die priester gaan soos met die volk - Ek sal by hom besoeking doen oor sy weë en hom vergeld na sy dade.
Die Bybel: Ou Vertaling, (Suid–Afrika: Bybelgenootskap Van Suid–Afrika) 1953.