Glo die Bybel

Johannes 17:17 ...U Woord is die waarheid.

Sindikasie

Glo die Bybel Glo die Bybel
Home Geloofskwessies Kerkbode Kerkbode sensor alweer wat hulle nie pas nie
Kerkbode sensor alweer wat hulle nie pas nie PDF Afdruk E-pos
Maandag, 06 Augustus 2012 10:25

Onderstaande is op facebook/kerkbode geplaas, en enkele kommentare het verskyn, maar toe is die hele plasing deur Kerkbode verwyder.  En die groot ironie is dat Kerkbode se nuusredakteur, Jean Oosthuizen, 'n groot kampvegter vir persvryheid orals, behalwe dan nou seker op Kerkbode, is. 

 

Henrietta Klaasing -> Kerkbode

Dr Wynand Louw se antwoord in Rapport n.a.v. 'n berig waar hy betrek is: http://www.rapport.co.za/MyRapport/Briewe/As-jy-in-Jesus-glo-moet-jy-Sy-woorde-glo-20120803 :
 
As jy in Jesus glo, moet jy Sy woorde glo
deur Dr. Wynand Louw, Melkbos
2012-08-05 00:39

Die berig “Is Satan die duiwel of ’n teenstander?” (Rapport, 29 Julie) het betrekking.

Dr. Gerda de Villiers het lank­al die tradisionele Christelike geloof verlaat. Sy is bekend daarvoor dat sy ontken dat Jesus in die Ou Testament voorspel word en daarmee weerspreek sy regstreeks Jesus se aansprake daarop dat Hy in die Ou Testament voorspel word. Dit is ’n blatante ontkenning van Jesus se uniekheid en sy aansprake op bonatuurlike, Goddelike kennis.

Sy verklaar Jesus dus tot leuenaar of geestelik versteurde.

Daar is geen manier waarop iemand beweer dat hy in Jesus glo as hy nie vir Jesus glo nie.

Jesus het gesê dat Hy in die Ou Testament voorspel is. Om die teendeel te beweer en dan te beweer jy is enigsins ’n Christen (iemand wat in Jesus glo) is dus bedrog.

Dieselfde geld die duiwel. Jesus het gesê die duiwel bestaan. As sy beweer Jesus was verkeerd, glo sy nie in Jesus nie.

Die Heidelbergse Kategismus en die Nederlandse Geloofsbelydenis is duidelik dat die duiwel bestaan. De Villiers verwerp dus nie net Jesus as haar verlosser nie, sy verwerp ook die belydenisskrifte van die NG Kerk.

Die vraag is: Waarom is sy in diens van die teologiese departement by Tukkies, en is sy ook betrokke by die opleiding van kwekelinge van die NG Kerk?

 

Kommentare:

 

Albert Cruywagen

Ek kan Louw se vraag aan die einde van sy brief so beantwoord: Gerda is steeds in die NGK en in diens van die fakulteit omdat Wynand Louw verkeerd is. As die Algemene Sinode van die NGK reeds die besluiit geneem het, teen wie kan hy appelleer?

 

Barend Nel

Wynand verwar in elk geval "vervul' en "voorspel". Ek kan nie onthou dat Jesus êrens gesê het dat Hy in die Ou Testament "voorspel" is nie. Soos baie ander verwar hy waarskynlik ook professië met voorspellings. Baie professië is glad nie voorspellings nie. Om te sê dat 'n professie of selfs 'n psalmvers "vervul" is, beteken glad nie noodwendig dat die gedeel te 'n voorspelling was van wat in die toekoms sou gebeur nie. Die Afrikaanse woord "vervul" (vol maak) vat nogal vir my mooi saam waarop dit dui. Dit wil sê dat die betekenis of waarheid van daardie gedeelte nou opnuut waar geword het en selfs voller of ryker geword het. Dieselfde teks kan kon dus reeds talle male "vervul" gewees het en dan kan steeds opnuut vervul word. Die fout wat hy maak is dieselfde as wat mense maak wat bv sekere gedeeltes in bv Openbaring as "voorspellings' sien van iets wat vandag gebeur, of op die punt is om te gebeur. Dit sou natuurlik beteken dat al die predikers wat oor die afgelope 2000 jaar oor dieselfde teks gepreek het twak gepraat het, omdat die teks eintlik niks vir hulle tyd te sê gehad het nie, dit word nou eers relevant.

 

Gideon Aggenbag

Barend, natuurlik het Jesus nie die woord “voorspel” gebruik nie, maar wat het Hy dan bedoel toe Hy gesê het, nadat Hy uit Jes.61 vir hulle voorgelees het?: “Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul”. Wat het Hy bedoel toe Hy gesê het “dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word.” (Lk.24:44). Wat anders het Jesus bedoel as dat Hy in die Skrif “voorspel” is? Geen teks in die Ou Testament oor Jesus Christus is “talle male vervul” (soos jy sê) nie. Jesus het daardie voorspellings eens en vir altyd “vervul”.

Op Sy beurt het Jesus dan ook self verskeie “voorspellings” gemaak, sonder dat óf Hy óf die evangelieskrywers dit so genoem het. En sommige van daardie “voorspellings” het Hy reeds “vervul” terwyl Hy nog hier op aarde was. Die punt(e) wat jy prober maak met jou kritiek op dr. Louw bly duister.

Jou argumente oor “vervul” is ook irrelevant vir wat dr. Louw geskryf het. Die feit dat jy sê dat Louw “vervul” en “voorspel” verwar, is eenvoudig nie waar nie. Hy het nie eens die woord “vervul” gebruik nie. Ons weet tog dat ‘n profesie nie noodwendig ‘n voorspelling of vooruitsegging is nie, maar dat voorspellings wel in profesieë kan voorkom. En dan probeer jy nog (óók sonder enige grond hoegenaamd) dit om dr. Louw se nek hang dat hy “waarskynlik” ook profesieë met voorspellings verwar. Waarvandaan lei jy hierdie “waarskynlikheid”af?

Probeer jy nou maar net kritiseer en fout vind, of probeer jy iets substantief bydra tot die gesprek? Of wil jy maar net probeer sê dat “leke” te min weet om ‘n opinie te lug? Jy sal verbaas wees!!

 

Gideon Aggenbag

Albert, ek wens soms jy wil nie sulke wydlopige stellings maak sonder om dit te begrond nie. In watter opsig is Wynand Louw verkeerd? Het hy op enige kol gelieg?

 

Comments 

 
+1 #3 Coert Welman 2012-08-22 15:23
Kerkbode se etiese kode is opgestel met die uitsluitlike doel om diegene wat die wêreld vir hulle en hulle maatjies warm maak voor stok te kry. Die opsteller van die etiese kode was baie duidelik nog nooit enigsins van plan om die etiese kode te volg nie.

Ek weet van mense wat deur "Kerkbode" verban is van die FB blad af wat geen rede daarvoor ontvang het nie, selfs al was daar navraag daaroor. En dit nadat "Kerkbode" op die FB blad baie duidelik gemaak het dat hy die persone geblok het.

Om sy optrede as laakbaar te bestempel is om die woord laakbaar te beledig.
Quote
 
 
+3 #2 Gideon Aggenbag 2012-08-06 12:51
Kerkbode se optrede is baie ver verwyder van enige normale etiese gesprekskode, en ignoreer selfs sy eie duidelike etiese kode. Blykbaar geld vir Kerkbode slegs die "etiese" kodes van "Hou nie van...", "Het geen antwoord op..." en "Jy dink nie soos ons dink nie".
Quote
 
 
+2 #1 Henrietta Klaasing 2012-08-06 12:27
Wie ook al die administrateur( s) van Kerkbode se Facebook, myns insiens is dit skandalig en lafhartig om bydraes summier en sonder verduideliking te verwyder. Geeneen van Kerkbode se eie "etiese kode"-reëls is op enige wyse oortree nie. Elkeen van dié wat bygedra het, is NG lidmate, en NG-lidmate het ook hul goedkeuring gegee deur die "like " -knoppie te druk, toe ek die bydrae onder oë gehad het terwyl dit nog op die muur was.
Quote
 

Add comment


Security code
Refresh