Glo die Bybel

Johannes 17:17 ...U Woord is die waarheid.

Sindikasie

Glo die Bybel Glo die Bybel
Home Geloofskwessies Die persoon van Jesus Spanning binne NH Kerk bereik breekpunt
Spanning binne NH Kerk bereik breekpunt PDF Afdruk E-pos
Maandag, 04 Junie 2012 13:09
Spanning binne kerk bereik breekpunt
2012-06-03 22:34
Neels Jackson [in Volksblad]

PRETORIA. – Spanning binne die Hervormde Kerk het die naweek breekpunt bereik toe beswaardes ’n staat van belydenis teen die Hervormde Kerk verklaar het.

Verskeie gemeentes oorweeg dit blykbaar om hul bande met die Hervormde Kerk te verbreek.

Talle lede van die steedsHervormers, ’n beswaarde groep binne die kerk, het die staat van belydenis Saterdag op ’n saamtrek in Meyerspark onderteken.

Daarin verklaar hulle onder meer ’n besluit van die buitengewone algemene kerkvergadering (BAKV) van verlede jaar “verloën die evangelie van Jesus Christus as die opgestane Here”.

Met die besluit waarna die steedsHervormers verwys, het die BAKV gestaan by die standpunt van die vorige jaar se algemene kerkvergadering waarin die teologiese regverdiging van apartheid verwerp is.

Die steedsHervormers hou vol dat hul beswaar nie ’n politieke een is nie, maar dat dit gemik is op die onderliggende teologie van daardie besluit wat neerkom op ’n verloëning van Christus.

Die BAKV het dié beswaar geweeg en te lig bevind, maar die steedsHervormers het dit nou verhef tot ’n staat van belydenis.

Dit is een van die sterkste vorms van kerklike protes denkbaar. In 1982 het die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke dieselfde vorm van protes gebruik teen die Hervormde Kerk en NG Kerk se teologiese regverdiging van apartheid.

Die steedsHervomers se staat van belydenis kom nadat alle ander pogings om die spanning in die kerk by te lê misluk het.

Op Saterdag se vergadering, waar 370 Hervormde lidmate, 40 Hervormde predikante, asook belangstellendes uit ander kerke, teenwoordig was, is beklemtoon dat die ondertekening van die staat van belydenis ’n individuele keuse vir elkeen is.

Ondertekenaars moet nou teruggaan na hul gemeentes toe om te besluit oor die pad vorentoe.

Onder die steeds Hervormers was daar duidelik twee denkrigtings. Een groep wil steeds met die kerkleiding in die algemene kommissie praat, terwyl ander voel hulle het klaar gepraat.

Dié wat nog wil praat, het gesê hulle sal dit slegs doen as kerklike aanklagte teen die steedsHervormers gestaak word.

Minstens een predikant, ds. Jaap Steenkamp van Potchefstroom die Wilge, is reeds aangekla en daar is sprake van aanklagte teen ander leraars oor kwessies wat verband hou met die steedsHervormers se protes.

Adv. Roelof du Plessis, een van die steedsHervormers wat die groep ook met regsadvies bedien, het gesê dié wat voel hulle het klaar gepraat, kan hulle as gemeentes losmaak van die Hervormde Kerk en as onafhanklike gemeentes funksioneer.

Daar is volgens hom verskeie gemeentes wat dit oorweeg en formele besluite daaroor kan binnekort geneem word.

Dr. Johan Otto, voorsitter van die steedsHervormers, het egter beklemtoon dat hulle nie besig is met die stigting van ’n nuwe kerk of met kerkskeuring nie.

Ds. Dries Beukes, ondervoorsitter van die kommissie van die algemene kerkvergadering, het by navraag gesê die bewering dat die BAKV die evangelie van Jesus Christus as opgestane Here verloën, is heeltemal onwaar.

Hy meen die steedsHervormers het hulself nou buite die Hervormde Kerk geplaas. Hulle ignoreer besluite van die algemene kerkvergadering en meen slegs hul eie sienings is korrek.

Beukes sê in ’n sin is daar reeds ’n skeuring in die Hervormde Kerk.

- Volksblad


 

Comments 

 
0 #5 Henrietta Klaasing 2012-06-12 10:48
Ja Coert, en sommige verslaggewers munt daarin uit om stories sappiger te maak en hul eie kinkels daaraan te gee. Neels Jackson in vandag se Beeld: http://www.beeld.com/In-Diepte/Nuus/Stryd-oor-sewe-punte-20120611

Ek dink die berig in die Beeld vandag oorvereenvoudig die kwessie, en bring mens onder ‘n wan-indruk, soos gesien word in die laaste sin:

“Dit was eers nadat die besluit teen die teologiese regverdiging van apartheid geneem is en onrus losgebars het dat die steedsHervormer s met dié teologiese besware na vore gekom het.”

Hierdie NHKA-debat het ‘n laaaang aanloop soos my vorige plasing aandui: So vroeg as 1995-6 het beswaarstemme al opgeklink. Ongelukkigheid oor meeste van die sewe punte het toe al voorgekom.
Quote
 
 
0 #4 Henrietta Klaasing 2012-06-11 12:10
In Beeld vandag: http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Besware-verwerp-Kerk-skeur-20120610
Quote
 
 
0 #3 Henrietta Klaasing 2012-06-11 12:06
NHKA-debat het ‘n lang aanloop. So vroeg as 1995-6 het beswaarstemme al opgeklink.

Oor ‘n ongepubliseerde stuk word die volgende geskryf:

[Geskrewe getuienis oor die roeringe agter die skerms tydens hierdie vergadering sou eers aan die lig kom toe doktor J.H. Breytenbach op 18 Januarie 1996 op uitnodiging die Predikanteverga dering toegespreek het. Dit was ná die bekendstelling van 'n 'Eietydse Getuienis' deur 'n groep wat die voorneme uitgespreek het om 'n konfessionele verbond te stig in reaksie op die besluite van die Algemene Kerkvergadering en debatte wat daar gevoer is. Die loodskomitee was A.D. Pont, H.G. van der Westhuizen, G.C. van Staden, S. Gregan, J.J. Steenkamp, H.J. Botes en J.H. Breytenbach. Breytenbach het die Predikanteverga dering meegedeel dat hulle 'getuienis' voortkom uit tendense wat geruime tyd al waargeneem is en wat op die Algemene Kerkvergadering van 1995 op die spits gedryf is deur besluite na aanleiding van 'n 'propagandaverkl aring deur die Dosentevergader ing', die plek en funksie van die Belydenisskrift e in die kerk, die uitlating van professor Pelser dat daar baie dinge in die Belydenisskrift e is wat hy nie kan aanvaar nie, die bespreking en aanvaarding van die beskrywingspunt van die Ring van Johannesburg, ens. Hulle het tydens die vergadering 'n byeenkoms gereël vir 14 Augustus 1995, bygewoon deur ''n baie groot groep predikante en ouderlinge.' Op voordrag van professor van der Westhuizen is besluit om 'n Konfessionele Verbond op te rig binne die Kerk.
Daar is ook besluit om deur middel van 'n getuienis die skeiding in teologiese paaie wat besig is om in die kerk plaas te vind, aan te dui. Die skeiding spruit voort uit die verskille in waardering van die belydenis en belydenisskrift e en mond uit in die onvermoë om klinkklaar te getuig [...] 'n Loodskomitee [...], is benoem om die konsep van 'n grondslag en inrigting vir die te stigte Konfessionele Verbond en 'n konsep van die getuienis wat gelewer sou word, op te stel. Die konsepte is op 'n byeenkoms van 13 September bespreek. [...] Die konsepdokumente is nie aanvaar nie maar na die Loodskomtee terugverwys. [...] By die vergadering van 10 Oktober is die dokumente opnuut onder oë geneem. Daar is verskillende wysigings aan die getuienis aangebring, terwyl afgesien is van die hele gedagte om'n Konfessionele Verbond, wat toe al klaar 'n ander naam gekry het, te wete 'Die Verbond vir die handhawing van die belydenis in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika,' op te rig. Uitnodigings om die Hervormingsdagb yeenkoms op 04 November by te woon en 'n ekemplaar van die Eietydse Getuienis is op 21 Oktober aan die skriba van elke gemeente en aan al die geordende dienaars van die Woord in die Kerk gepos. Op 04 November is die Getuienis gelewer in die Goddefroysaal onder voorsitterskap van ouderling Esterhuizen. Dit is toegelig deur myself; Professor Pont het die getuienis voorgehou; professor van der Westhuizen het die pad vorentoe uitgestippel en Doktor Botes het 'n samevatting van die verrigtinge gegee. [Die bewoording van die 'Eietydse Getuienis'

Hier gekry: http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0259-94222010000300013&lng=en&nrm=iso

Die onenigheid gaan in wese oor waarheidsbeskou ings, lui ‘n ander opinies:
http://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/18069/Loader_Hervormde(1996).pdf?sequence=1
Quote
 
 
+1 #2 Coert Welman 2012-06-06 12:19
Ons weet mos die waarheid moenie in die pad staan van 'n lekker sappige storie nie.
Quote
 
 
+2 #1 Henrietta Klaasing 2012-06-04 21:46
Ek hoop Neels Jackson lees ook hier, dan kan hy sommer na die volgende skakel gaan en die belydenis behoorlik lees en dalk 'n verskoning aanbied vir verdraaide beriggewing:

http://www.steedshervormers.co.za/images/dokumente/staat%20van%20belydenislank.pdf
Quote
 

Add comment


Security code
Refresh