| 2012-04-28 Baie van dieselfde geslag trou in SA |
|
|
|
| Saterdag, 28 April 2012 22:14 |
|
Baie van dieselfde geslag trou in SA 2012-04-27 20:48 (Van Beeld gekopieer.) Philda Essop Kaapstad. – Meer as 2 000 aansoeke vir huwelike tussen mense van dieselfde geslag is die afgelope drie jaar deur die departement van binnelandse sake ontvang. Die meeste van dié huwelike is in Gauteng voltrek, gevolg deur die Wes-Kaap. Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van binnelandse sake, het in antwoord op ’n parlementêre vraag van mnr. Manny de Freitas, DA-LP, gesê 2 137 aansoeke vir sulke huwelike is tussen 2009 en 2011 ontvang. Altesame 917 van dié huwelike het in Gauteng plaasgevind, 632 in die Wes-Kaap, 201 in die Noord-Kaap, 178 in KwaZulu-Natal, 79 in die Oos-Kaap, 69 in die Vrystaat, 24 elk in Mpumalanga en Limpopo en 13 in Noordwes. Kyk ook:
|