Glo die Bybel

Johannes 17:17 ...U Woord is die waarheid.

Sindikasie

Glo die Bybel Glo die Bybel
Home Geloofskwessies NG Kerk 2012-04-19 Dwaalleer: Aanval op moderator ‘pynlikste’
2012-04-19 Dwaalleer: Aanval op moderator ‘pynlikste’ PDF Afdruk E-pos
Vrydag, 20 April 2012 20:52

Dwaalleer: Aanval op moderator ‘pynlikste’

Neels Jackson in Beeld, 19 April 2012

Prof. Nelus Niemandt, moderator van die algemene sinode van die die NG Kerk, het ’n persoonlike aanval op hom gister bestempel as die pynlikste oomblik wat hy die afgelope 30 jaar op sinodesittings beleef het.

Dit het gekom in ’n debat van die kerk se Hoëveld-sinode oor lidmate se kommer oor beweerde dwaalleer in openbare uitstprake van die kerk se teoloë.

Niemandt het onder meer verwys na ’n video wat in die kerk versprei is waarvan die inhoud volgens hom as leuens ontbloot is [kyk Nuwe Strominge in die Teologie, deur Sarel van der Merwe]. 

Hy het verwys na verskeie kerklik prosesse wat daarop dui dat daar nie rede tot kommer is oor die teologie van veral die teologie-fakulteit aan die Universiteit van pretoria nie. Dit sluit in: 

Tugondersoeke teen dosente, appélsake, ondersoeke deur die kuratorium wat toesig hou oor teologiese opleiding, en ’n gesprek met die ring van Soutpansberg, wat ’n vroeëre vertrouensbreuk met die fakultiet opgehef het nadat hulle hul kommer met dosente bespreek het. 

Al dié prosesse het gelei tot bevindings dat daar nie dwaalleer is nie.

Niemandt het gesê mense wat nie al dié bevindings wil aanvaar nie, “blaf teen die verkeerde boom” as hulle weer ’n leerondersoek wil laat doen. 

Ds Jan Louw van Secunda het gesê ondanks alles wat Niemandt gesê het, bly daar ’n gevoel van ongelukkigheid. Hy het Niemandt daarvan beskuldig dat hy daartoe bydra. 

Ds Louis Scheepers van die gemeente Strubenvale in Springs het ook volgehou daar is dwaalleer in die kerk. Hy het Niemandt verwys dat hy nie duidelike antwoorde oor sy geloof wil gee nie. 

Niemandt het die sinode verseker van sy persoonlike geloof in Jesus Christus en dat hy die kerklike belydenisskrifte onderskryf.

Die sinode het kennis geneem van lidmate se kommer en besluit ’n paneel van leraars en ouderlinge moet waar moontlik gaan luister na lidmate wat hul kommer oor dwaalleer onder die kerk se aandag wil bring [dit sluit in (1) Sarel van der Merwe oor sy DVD, Nuwe strominge in die Teologie, (2) Skrywers van die boek Die Trojaanse Perd in die NG Kerk, (3) Adrio Konig oor sy boek, Die evangelie is op die spel en (4) Ferdie Mulder oor sy boek, Opgestaan.]. 

Voor die einde vanjaar moet ’n ope byeenkoms ook gereël word om die saak te bespreek.

 

Comments 

 
0 #1 Danie 2012-04-20 21:57
"Die sinode het kennis geneem van lidmate se kommer en besluit ’n paneel van leraars en ouderlinge moet waar moontlik gaan luister na lidmate wat hul kommer oor dwaalleer onder die kerk se aandag wil bring"

Dit klink amper belowend. Ek hoop regtig hulle luister en gaan nie net om vrede te probeer bewaar nie.
Quote
 

Add comment


Security code
Refresh