| Geloftedag: om te vier of nie |
|
|
|
| Vrydag, 08 Junie 2012 19:34 |
|
Moet ons vandag nog Geloftedag vier? Al meer en meer mense voel deesdae dat dit nie meer gepas is om Geloftedag te vier nie. Ek dink die hoof rede is omdat dit polities onkorrek skyn te wees – hoe kan ‘n mens elke jaar ‘n oorwinning vier waar jy 1000e van jou mede landsburgers doodgemaak het? Dit kan net verdeeldheid bring. Voorbeelde wat gebruik word, is:
Bloedrivier anders Bogenoemde voorbeelde is nie geldige vergelykings nie. Kom ons skets ‘n ander scenario: Veronderstel daar was ‘n insident waar ‘n groep Jode die Nazi’s uitoorlê het tydens die Jode-uitwissing (“holocaust”) tydens die 2de wêreldoorlog: ‘n groot aantal Nazi’s is dood en die resultaat is dat daardie Jode nie in die strafkampe omgekom het nie. Nou lyk die prentjie skielik baie anders. Wat sou jou gevoel daarteenoor gewees het? Sou jy dit elke jaar saam met die Jode kon vier en bly wees daaroor, of val dit ook onder dieselfde kategorie as die eerste voorbeelde hierbo? Bloedrivier was ‘n totaal ander geval as die eerste voorbeelde hierbo:
Die gelofte wys watter gesindheid onder die Boere geheers het: “Hier staan ons voor die heilige GOD van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen dat as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag soos 'n sabbat sal deurbring, en dat ons 'n huis tot sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.” Dus, indien daar mense is wat Geloftedag met ander motiewe vier, is dit húlle wat verkeerd is; dit maak dit nie verkeerd om Geloftedag vir die regte redes te vier nie. Bybelse voorbeelde Daar is baie voorbeelde in die Bybel waar God bonatuurlik ingegryp het om onderdruktes of minderheidsgroepe te beskerm:
(Kyk ook Bylae A hieronder waar Koning Oswald ook baie ernstig tot God gebid het dat Hy hulle sou spaar van 'n oormag.) As Christene vier ons nie hierdie insidente in die Bybel pertinent jaarliks nie, maar as ons dit lees, dan loof en prys ons God omdat Hy ingegryp het en Sy volk gered het. Ons veroordeel nie hierdie gevalle in die Bybel met voorbeelde soos heelbo genoem nie. Mag 'n mens 'n gelofte aan God maak vir eie gewin? Is 'n gelofte aan God nie 'n poging om God se arm te draai sodat jy jou sin kan kry nie? 'n Mens kan seker maklik in die versoeking wees om so iets te doen; daarom moet geen mens sommer net 'n gelofte aan God maak nie. Ek glo egter dat God jou kan lei om wel 'n gelofte te maak. Die feit dat God wel gehoor gegee het aan die Boere se hulpkreet, is heelwaarskynlik 'n bewys dat hulle motiewe suiwer was en dat hulle wél deur God gelei is om die gelofte te maak. Verder is daar ook ander gevalle in die geskiedenis waar volke 'n eed aan God gemaak het om hulle te help. Kyk bv die geval in Oberammergau waar mense 'n eed aan God gemaak is, sou Hy hulle spaar van 'n plaag. Positiewe gevolge Daar was nog ander positiewe nagevolge van hierdie slag:
Hoe moet Geloftedag gevier word? Afrikaners kan baie maklik in die versoeking kom om Geloftedag te gebruik om ons eie beuel te blaas; om onsself daaraan te herinner dat ons glad nie so sleg is nie. Daar word immers goeie goed van die Boere gesê: “The Americans fight for a free world, the English mostly for honor and glory and medals, the French and Canadians decide too late that they have to participate. The Italians are too scared to fight; the Russians have no choice. The Germans for the Fatherland. The Boers? Those sons of bitches fight for the hell of it!” – American General, George “Guts and Glory” Patton “Take a community of Dutchman of the type of those who defended themselves for fifty years against all the power of Spain at a time when Spain was the greatest power in the world. Intermix with them a strain of those inflexible French Huguenots, who gave up their name and left their country forever at the time of the revocation of the Edict of Nantes. The product must obviously be one of the most rugged, virile, unconquerable races ever seen upon the face of the earth. Take these formidable people and train them for seven generations in constant warfare against savage men and ferocious beasts, in circumstances in which no weakling could survive; place them so that they acquire skill with weapons and in horsemanship, give them a country which is immanently suited to the tactics of the huntsman, the marksman and the rider. Then, finally, put a fine temper upon their military qualities by a dour fatalistic Old Testament religion and an ardent and consuming patriotism. Combine all these qualities and all these impulses in one individual and you have the modern Boer.” – Sir Arthur Conan Doyle “Give me 20 divisions American soldiers and I will beach Europe. Give me 15 consisting of Englishmen, and I will advance to the borders of Berlin. Give me two divisions of those marvelous fighting Boers and I will remove Germany from the face of the earth.” – Field Marshall Bernard L. Montgomery, Commander of the Allied forces during WWII. “The individual Boer, mounted, in a suitable country, is worth four or five regular soldiers.” – Winston Churchill Bloedrivier was ook al in die verlede gebruik om Afrikaner nasionalisme te vier. Dit is egter glad nie hoe dit moet wees nie. Eerstens is die Boere geensins sonder foute nie: die Boere het ook maar ‘n geskiedenis van verraad en ander negatiewe dinge soos apartheid. Blykbaar het Andries Pretorius, wat die gelofte ingestel het, nie Geloftefees getrou herdenk in die jare na die slag nie. En tweedens sou die Boere niks wees as God hulle nie gehelp het nie – ons het niks om op te roem nie (net soos Paulus in 1 Kor 1:29,31: (29) Voor God het geen mens dus iets om op te roem nie. (31) Daarom, soos daar geskrywe staan: "Dié wat wil roem, moet in die Here roem."). En dit is wat gevier moet word – dat God by die Boere was en sal wees as ons aan Hom vashou. Maar selfs so ‘n benadering kan moontlik bietjie verdeling bring onder Suid-Afrikaners (alhoewel daar seker niks fout is met nasietrots nie, solank nasietrots sekondêr tot God bly). Daar is egter ‘n manier om na Geloftedag te kyk sodat selfs Zoeloes dit saam met ons kan vier: Dit is om die feit te vier dat God ingegryp het toe ‘n volk, wat in diep nood was, na Hom geroep het. Dus gaan dit nie oor die Boere wat die Zoeloes verslaan het nie, maar gaan dit oor ‘n groep mense wat tot God geroep het in hulle nood en God het uitkoms gegee. ‘n Baie goeie maatstaf om te bepaal of Geloftedag reg gevier word is om die vraag te vra of ‘n Zoeloe ook tuis sal voel in ‘n Geloftediens. Wie moet Geloftefees vier? Daar is mense wat sê dat hulle nie gebind kan word deur ‘n gelofte wat namens hulle geneem is in 1838 nie. Dit mag moontlik waar wees. Ek dink jy het ‘n keuse of jy dit wil vier. Jy hoef nie jou geskiedenis te gaan navors om te bewys dat jy nie familie gehad het wat by Bloedrivier was nie en daarom hoef jy dit nie te vier nie. Maar ek dink dit sou die verkeerde gesindheid wees. Ek kan my indink dat alle Voortrekkers op 16 Desember 1839 (die jaar na Bloedrivier) Geloftefees gevier het, selfs al was hulle nie daar nie, want dit is ‘n fees tot eer van ons genadige God – Hy het gehelp toe daar nood was. Daar is ook baie voorbeelde van mense wat lank na Bloedrivier na Suid-Afrika toe gekom het en ook Geloftedag vier omdat hulle dit vir die regte redes doen; omdat hulle dit ook vier soos ons vandag die dele in die Bybel vier waar God uitkoms vir Sy volk gegee het. Daarom dink ek dat enige Christen tweekeer moet dink voor hulle dit nie vier nie, mits dit reg gevier word – mits aan God al die eer gegee word. Ten slotte Dit is so dat geloftefees al in die verlede misbruik is om Afrikaner nasionalisme te bevorder, maar ongeag hoe geloftefees misbruik is in die verlede en hoe dit soms nog misbruik word, dit kan op die regte manier gevier word: Nie net moet dit ‘n fees wees waar God die eer gegee word omdat Hy met ‘n wonderwerk ingegryp het nie, maar dit moet ook gebruik word om Christene aan hulle rol in Suid-Afrika te herinner. Net soos die Voortrekkers en hulle afstammelinge ‘n baie groot rol gespeel het in Suid-Afrika in terme van die verspreiding van die evangelie asook ekonomiese opbou, moet Christene daaraan herinner word aan hulle taak om ligdraers vir Christus te wees vir ander, maar ook om ekonomiese welvaart te skep vir almal.
Kyk ook:
Bylae AOp Sondag 5 Augustus 2012 het Flip Loots die volgende op RGS aangebied: 5 Augustus 642nC is die sterfdatum van Koning Oswald Æthelfrithingvan Northumbria, Engeland. As jong elfjarige seun het hy na Skotland gevlug na sy pa se dood waar die monnike van Columba hom tot geloof in Jesus Christus gelei het. In 633 word Oswald koning van Northumbria na die afsterwe van sy oom, koning Edwin, aan die hande van twee vyandige leiers, Penda en Cadwallon. Oswald het besluit om die vyand te verdryf. In sy klein weermag was daar min wat Christus geken het. Op die vooraand van die geveg, het Oswald ‘n kruis opgerig en terwyl hy dit vashou, uitgeroep: “Kom ons kniel en bid dat die enigste almagtige en ware God ons die oorwinning oor ons vyand sal gee omdat ons veg vir ons lewens en vir ons land.” Ten spyte van die oormag, het Oswald die geveg gewen en mense het hulle tot die Here bekeer. Oswald het sendelinge uit Skotland laat kom om sy mense in die geloof te onderrig en kerke is oral gevestig. Koning Oswald was bekend daarvoor dat hy ‘n gebedsman was. Hy is in ‘n laaste geveg met sy vyand, Penda van Mercia, dood. Net voor hy gesterf het, het hy weer gebid, dié keer dat God die siele van sy soldate sou spaar.
|