| Opgestaan - Ferdie Mulder |
|
|
|
| Dinsdag, 24 Mei 2011 18:35 |
Opgestaan, boek deur Ferdie Mulder
TEIKENMARK Christene wat wonder oor hul eie sowel as Jesus se opstanding uit die dood.
SKRYWER Ferdie Mulder
INHOUD Sedert veral die jaar 2000 is daar voortdurend debatte in Suid-Afrika oor of Jesus regtig uit die dood opgestaan het, en of dit nie eerder as ʼn metafoor verstaan moet word nie. In hierdie boek neem Ferdie Mulder gelowiges op ʼn agter-die skerms reis om beter te verstaan hoe hierdie saak tot onlangs toe by top universiteite verloop het. Hy vertel aangrypende, maar ook skokkende verhale van sommige studente se ontnugterings, dosente se uitsprake, en ook die kontroversie rondom die gewraakte petisie waarin ʼn groep studente Jesus se liggaamlike opstanding bely het. Mulder, die inisieerder daarvan, is uiteindelik deur die NG Kerk verbied om predikant te word, en is ook lewenslank geskors van Tukkies se Fakulteit Teologie nadat hy tydens dissiplinêre verhore skuldig bevind is. Hierdie boek is nie net ʼn uitdaging aan die leser om sy of haar eie posisie aangaande Jesus se opstanding te heroorweeg nie, maar ook ʼn aangrypende getuienis van hoe die krag van God, wat Jesus uit die graf opgewek het, vandag nog met ons is om hoop, vergifnis en versoening te bewerk. Die boek is egter beslis ook kontroversieel, omdat dit moontlik opspraakwekkende getuienis wat tydens die onderskeie verhore na vore gekom het, bespreek. Hierdie is ʼn moet lees boek vir almal wat wonder en worstel oor Jesus en gelowiges se opstanding, en ook vir diegene wat meer wil weet oor wat presies in Afrikaanse teologiese opleiding gebeur het tussen 2000-2006 wat betref die opstanding van Jesus.
SLEUTELBESONDERHEDE Vir bestellings, gaan na http://www.graffitiboeke.co.za/BoekInformasie.php?book_id=10175&show_multiple=no.
AANBEVELING “. . . As Luther bykans vyf eeue gelede gesê het: ‘Hier staan ek, ek kan nie anders nie,’ is dit een ding, maar as ‘n teologiestudent vandag nog genoop voel om dit te doen, móét die gevaarligte helder brand. Ek wil elke gelowige aanmoedig om Ferdie se verhaal te lees . . .” Ds. Jaco Thom, NG Toringkerk, Paarl.
Opgestaan Publikasies, 1 Hall Drive, Cambridge, CB23 7QN, Engeland
Kyk ook:
|
Comments
Ons in die mediese veld het ook vrae.
Kyk na al die nuwe argeologiese en tegnologiese bevindings en ondersoeke.
Dan mag jy vrae vra.
Dit laat jou dink want as kind was jy gedompel in watter geloof jy moet wees veral tydens die ' AFRIKANER Broederbond versus regerings.
Veral as vrou was ons gedompel in situasies.
Dit laat my dink aan 2Thes 2:10-11 "...omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur (strong delusion KJV), om die leuen te glo,"
Sterkte aan Ferdie, ek sien uit na die boek.
Ek kan nie wag om jou boek te koop en te lees nie. STERKTE. Louis le Roux