| Aanhalings en Wyshede |
|
|
|
| Vrydag, 20 Julie 2012 07:58 |
Aanhalings en Wyshede:******** O Heer, skenk my die gemoedsrus om te aanvaar wat ek nie kan verander nie, moed om te verander wat ek kan, en die wysheid om die verskil te ken. ******** O Heer, help ons dat dit nie nodig sal wees dat daar eers iets drasties in ons lewe gebeur voordat ons die lewe sal lei wat U vir ons wil hê nie. ******** Jesus het meer as 2000 jaar gelede gesterf. Ten spyte daarvan het niemand nog ooit na hom verwys as voormalige/eertydse/oorlede Jesus nie. Nie eens die heidene. Nêrens in die geskiedenis. Nêrens is hy verwys na in die verlede tyd nie! Hy is die lewende God! Toe Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy aan ons dink! (E-pos ontvang) ********
******** |