God: uitgedink deur mense

Ateïste glo dat God deur mense uitgedink is om dinge te verklaar wat hulle nie kon verklaar nie. Dit is egter nie net ateïste wat so glo nie, maar selfs sommige teoloë wat betrokke is by die teologiese opleiding van studente.

Cornel du Toit van UNISA skryf in Skepping en ewolusie die volgende:

  • Die idee van ’n god het ontwikkel om mense ’n gelukkige bestaan te gee:
    • om betekenis aan die lewe te gee
    • om te help met die interpretasie van onverstaanbare gebeure soos katastrofes en persoonlike ongeluk of lyding
    • om ons vrees vir eindigheid te besweer (onsterflikheid / hiernamaals)
  • Die beproefde oorlewingstrategie vir gelowe is om ander gelowe as vals af te maak.
  • Tog glo hy dat dit vir die mens werk.

Willem Bakkes skryf in Ek glo ook dat God in ons koppe ‘gebeur’ dat hy, soos Klaas Hendrikse, ook glo dat God nie bestaan nie. As die laaste mens op aarde sterf, is God ook daarmee heen, want dan kan niemand God meer in ’n menslike lyf konstrueer nie.

Hier volg ’n lys van teoloë wat hierdie siening handhaaf:

Die werklikheid is dat indien jy enigsins afwyk van wat die Bybel baie duidelik sê dan skep jy in wese jou eie god. Kyk Welkom by Bou-’n-God.

 

1 thought on “God: uitgedink deur mense”

  1. Die skrikwekkende ondertoon van hierdie kwasi-teoloë is dat hulle, in hulle eie teologiese opleiding die Skeppingsdoel van die mens geprogrammeer het volgens húlle vertolking van die tydsraamwerk van God. Die “klei” het vir die “Pottebakker” begin voorskryf! Selfs in my eie opleiding as natuurwetenskaplike het die Skepper Hom openbaar in die Skepping en sy Skeppingsdoel kom demonstreer deur sy Seun, Jesus Christus. As ons Hom dan ken deur sy Woord, waar het hierdie “teoloë” uit die bus geval?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui