God? Geloof in ’n postmoderne tyd (Ben du Toit)

Kyk ook:

Ben du Toit is die skrywer van die volgende boek:

Titel God? Geloof in ’n postmoderne tyd
Outeur Ben Du Toit
Uitgewer CLF-Uitgewers, 2000
ISBN 1868041778, 9781868041770
Lengte 188 bladsye

Dit was ’n baie omstrede boek. Onder andere die volgende stellings word in die boek genoem:

  • Die Bybel is nie die Woord van God nie, maar woorde oor God en deurdrenk met al die gebrekkige en foutiewe sienings wat die mense van die pre-moderne tyd gehad het.
  • Jesus self het ook hierdie gebrekkige en foutiewe verstaan van sekere dinge gehad, omdat hy ook maar net in die pre-moderne tyd op aarde geleef het.
  • Die Bose se oorsprong lê slegs in die mens self en hy is nie ’n wese van een of ander aard nie.
  • Jesus van Nasaret word nêrens in die Ou Testament genoem nie.
  • Jesus se Godheid word nêrens pertinent gestel nie.
  • Jesus se wonderwerke was nie noodwendig wonderwerke nie.
  • Jesus se geboorte was nie noodwendig maagdelik nie.
  • Hy verwys na die “sogenaamde” wederkoms van Christus.

Op grond hiervan word hy twee maal aangekla vir die verbreking van sy legitimasie-eed. Proff. Flip Theron en Bernard Combrink staan hom as deskundiges by. Die tweede aanklag deur die sinodale appélkommissie gehanteer, en daar het prof. Dirkie Smit ’n sleutelrol gespeel om die klag teen te staan.

Ten spyte hiervan word hierdie boek in 2001 vereer met die Andrew Murrayprys onder die kategorie “Afrikaanse teologiese boeke“.

Vir meer oor hierdie boek, kyk:

********

Ben du Toit is ook die skrywer van God: Is daar ’n ander antwoord? (30 Oktober 2020) waarin hy sê dat hy ’n postteïs is (in kort glo hy in geen metafisiese nie, dus is dit maar dieselfde wat ateïste glo).

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui