Wie is Gerrit Brand?

(Gerrit Brand is oorlede op 5 Maart 2013)

Hy was die voormalige senior lektor in sistematiese teologie aan die Universiteit Stellenbosch.

Hy was baie openlik ten gunste van homoseksuele verhoudings.

Uit die artikel Geloof, bygeloof en ander sprokies … oor die kwaad lei mens af dat hy ook soos Ben du Toit glo dat die mens God uitgedink het.

Oor Jesus se maagdelike verwekking, skryf hy blykbaar in die Beeld, dat dit nie histories of wetenskaplik as waar of vals bewys kan word nie (Teologiese strominge in die NG Opleiding aan die teologiese fakulteit, UP).

Na sy afsterwe is hy vereer deur ’n Desmond Tutu-Gerrit Brandprys deel te maak van die Andrew Murrayprys.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui