Waarom kan ons mekaar nie vind nie?
  • Daar is in my opinie 'n jarelange proses in die akademie wat veroorsaak dat ons as predikante mekaar nie meer kan vind nie. Lees die volgende van een van die denkers by Stellenbosch wat 'n groot invloed gehad het:
    http://www.beeld.com/bylae/2013-06-28-middagete-met-johan-degenaar
  • Al weer 'n sogenaamde "denkende" filosoof ...
  • My vrou sê dat hierdie klomp hulself in ongeloof in dink.
  • Hahaha! Sy het dit skitterend gestel Coert! Arme Degenaar lyk my, het by Sokrates vasgehaak en nooit by Jesus uitgekom nie, en WAT het hy nie alles in sy lewe gemis nie!
  • Dit is die tweede onderhoud wat Willemien Brümmer met Johan Degenaar voer. Hy is en bly vir haar die beliggaming van wat die Duitse filosoof Friedrich Nietzsche genoem het “die vreugde van menswees”.

    Nietzsche se "vreugde van menswees" het hom na waansin gedryf. Vir hom was daar niks, geen sin nie. Die enigste hoop vir Nietsche was die vergoddeliking van die mens. Hy skryf in Zarathustra: God is dood - Kyk, ek bring vir julle die Supermens! (Of so iets, my parafrase op 25 jaar oue geheue.) Nietzsche is eensaam in 'n psigiatriese inrigting oorlede, 'n metafoor vir die totale verdorwenheid en verlorenheid van sy Supermens.

    En die monumente van Nietzsche se Supermens staan steeds in Duitsland: Plekke soos Auschwitz en Dachau.

  • En ons weet wat Anton van Niekerk se teologie is!
  • Willemien het êrens in haar onderhoud met Johan Degenaar gesê hy het baie Maties leer dink. Daarin lê vir my die tragedie. Dit is hierdie "manier van dink" wat veroorsaak dat Danie Mouton vir Jaap Durand verdedig en sê dat "oop gesprek" die lewensbloed van die kerk moet wees.
  • Ek heg vir julle 'n artikel aan uit die Kerkbode van 7 Maart oor Wentzel van Huyssteen, Ben du Toit se mentor. Let daarop dat die grootste denkverskuiwing in sy lewe plaasgevind het toe hy kontak gemaak het met die werk van Darwin en dat hy sedert 1993 gereeld klasse aanbied oor Charles Darwin en Theology.
    Ek moes die artikel ongelukkig skandeer, omdat Kerkbode nie toelaat dat ek dit elektronies kan aflaai nie. Ek het dus nou maar skoorvoetend R265 betaal om elektronies op die Kerkbode in te teken. Ek wil die kerkleiers volg in hulle pogings om Belhar gevestig te kry.
    W v Huyssteen.pdf
    1M
  • Dankie Henrietta dat jy die artikel van Gerda de Villiers per epos onder ons aandag gebring het: http://teo.co.za/artikel/articles/235/1/Berge-ziggoerats-tempels-en-die-ark-die-Groot-Vloed-herbedink-Genesis-68--929/Bladsy1.html

    Ek wil hier ‘n paar opmerkings daaroor maak:

    Gerda werk met ‘n scenario wat totaal uit die lug gegryp is. Kom ons ontleed die 5 sinne van die eerste paragraaf van die artikel:

    1. Berge het die mens van die Ou Nabye Ooste met ontsag vervul. (Waar kom sy daaraan? Waarom sou die mense van die Midde-Ooste anders na berge gekyk het as ander mense?
    2. In die oertyd, voor die skepping van hemel en aarde, het die wêreld uit een groot watermassa bestaan, so het hulle geglo. (Weereens – op grond waarvan word die stelling gemaak?
    3. Toe, iewers op 'n plek, iewers in tyd, het die spits van die kosmiese oerberg verskyn, die eerste droë stukkie aarde bo die chaoswaters. (?)
    4. Dit was die sentrum van die wêreld, om die waarheid te sê, die vaste fondament waarop die aarde gevestig is. (?)
    5. Die kosmiese oerberg is die punt van skepping, en herskepping. (???)

    Die argumentasie gaan hiervandaan as volg (Alles aanhalings):

    6. Berge en gode moet dus iets met mekaar te doene hê. Berge het ‘n woonplek vir die gode geword.
    7. Ziggoerats, Mesopotamiese tempels, is niks anders as kunsmatige oerheuwels nie, en al die konsepte rondom die oerberg, gode, mense en offers is op die ziggoerat oorgedra.
    8. Iets hiervan vind ons ook in Ou Israel. Eksodus 19 beskryf dramaties hoe Moses na die Sinai-berg toe opklim om JHWH te ontmoet.
    9. Dus, ook in Ou Israel was die tempel simbolies van die kosmiese oerberg, 'n vaste punt, 'n plek waar God teenwoordig is, en die aangewese ontmoetingsplek tussen God en mens.
    10. Na aanleiding van die gedagte dat die spits van die oerberg die eerste droë punt en gevolglik die fondament vir die aarde was, het die mense van die Ou Nabye Ooste gereken dat tempels se wortels tot in die onderaardse waters deurdring. Vanuit die drumpel van die tempel vloei stroompies wat lewe gee en die aarde bevrug (vgl Esg 47).
    11. Slegs die teenwoordigheid van die goddelike binne die tempel het die chaosmagte in bedwang gehou en lewegewende strome bewerk.
    12. Gelukkig word die storie van die Groot Vloed en Noag se ark vandag nie meer letterlik gelees nie.
    13. Ons verstom ons aan die fantastiese stories wat die ou Israeliete uitgedink het: ‘n hele berg wat aan die brand slaan, of ‘n snaakse skip met ‘n klomp mense en diere wat ‘n maand of langer bo-op stormwaters dryf.

    Wollie Grobler sê in sy kommentaar hy het die goed in die kerk gepreek!! Wat preek jy met so ‘n konkoksie in jou gemoed? Dis niks anders as ‘n eiewillige konkoksie van berge, gode, tempels en water nie. Gerda haal blykbaar die volgende boodskap uit Noag se geskiedenis: Binne die skip/ark as mini-ziggoerat/tempel, is die mens veilig. …. Hier skuil hy teen die woeste chaosmagte wat bo hom en onder hom losgebars het. Hier bly hy veilig, behoue, terwyl die eens geskape wêreld geheel en al ontskape word. Tot en met die botsing teen die simboliese oerberg – en daarvandaan trek die chaosmagte terug en word ‘n proses van herskepping aan die gang gesit. ‘n Offer bring die godheid en mens weer bymekaar uit en bevestig die harmonie.

    Met watter God/god het ons hier te doen as Gerda sê: ‘n Offer bring die godheid en mens weer bymekaar uit en bevestig die harmonie. Aan wie word uiteindelik ‘n offer gebring? Wie of wat is die chaosmagte? Is hierdie magte panenteïsties of bo die natuurlike verhewe?
    Dit alles goed wat teoloë in die naam van Bybelwetenskap uit die duim suig. Gerda bied ‘n bronnelys aan waarmee sy ‘n aura van wetenskaplikheid aan haar sieninge wil toedig, maar dit is niks anders as waardelose, filosofiese dagdromery nie. Sy is berekend besig om God, die God van die Bybel en sy volk wat Hy van die begin af vir Hom versamel het verdag te maak.

    Die mense wat vol lof kommentaar lewer op die artikel verraai die bron van baie van hulle kwaad. Wollie sê hulle het op PE gestudeer onder Ferdinant Deist. Dit is ook die Universiteit vanwaar Wentzel van Huyssteen sy teologiese denke gelanseer het. Hoeveel van hulle is weer geskool of afgerond deur die filosofie van Willie Esterhuyse van Stellenbosch. Gerhard Potgieter haal Willie Esterhuyse as volg in ‘n faceboek debat aan: “Die erfsonde was ‘n wonderlike geloofsartikel om mense rêrig te help skrikmaak. Mense moet in God kan glo omdat Hy God is en nie omdat daar ‘n hemel of hel is nie.”

    Ek lees vanmôre in Luk 12:2: Daar is niks bedek wat nie onthul sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie. 3 Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die daglig gehoor word; en wat julle agter geslote deure vir iemand in die oor gefluister het, sal van die dakke af uitgebasuin word.

    Ek begeer dat die dag sal aanbreek dat God sal ingryp en die ongeregtigheid en die leuens van die kerk aan die lig sal bring. Jesus het vir die Fariseërs en die skrifgeleerdes gesê: Luk 11:52 Ellende wag vir julle, wetgeleerdes, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem. Self het julle nie ingegaan nie, en dié wat wel wou ingaan, vir hulle het julle verhinder.

Dagsê, Vreemdeling!

Welkom by ons nuwe geselsplek, as jy nuut is hier, skep 'n rekening en gesels saam.