BAIE geluk "eer-waard(e)" ige Gideon!
  • Van harte geluk met jou (soveelste) verjaarsdag Gideon! Jy is vir ons almal hier by die Forum 'n pragtige voorbeeld van hoe 'n Christen met grasie en genade kan ouer word. Mag jy vandag oorlaai word met omgee van jou geliefdes en mag die nuwe lewensjaar oorloop van God se seëninge. "Stay as sweet as you are" ! Ek het gewik en geweeg tussen biltong, sjokoladekoek of 'n mooi groot koolkop ( soos daardie bulle in jou tuin!) - toe besluit ek maar op 'n kaartjie ( jammer dit is in Ingels).
    birthday blessings NEGE.jpeg
    294 x 171 - 10K
  • Ek sien op jou FB jy is 81 en preek nogal vandag so op jou verjaarsdag! Wonderlike voorbeeld vir ons almal Gideon!
  • Baie geluk Ds Gideon mag jy nog lank gespaar bly en die krag hê om die preekstoel te bestyg - en baie dankie vir al die humor en diep posse hier op die forum...hieronder is spesiaal 'n bietjie humor vir die verjaardag.
    (kliek op prentjie)

    'n Laat verjaardagwense aan Tommie ook - julle is sprekende en navolgenswaardige voorbeelde van die gesegde 'die wysheid van die grysheid'... :)) - nie dat ek dink julle is oud nie hoor!
    preacher hum..jpg
    3115 x 2301 - 485K
  • Ds.Gideon, kyk nou hoe laat Henrietta en Liza my met 'n seniorburgersvaart hier by die rekenaar wegvloog om ons verjaardagkalendertjie te raadpleeg. Op dié kalender het ek aangeteken dat jou verjaarsdag op die 11de Mei is, vandag oor 'n week. Laat weet tog asseblief wat die korrekte een van dié twee datums is. Ek het 'n sterk vermoede dat myne óf reg óf verkeerd moet wees. (Daar is nie 'n derde moontlikheid nie!) Indien wel vandag, voeg ek my hartlike gelukwense aan jou by dié van Henrietta en Liza. Mag jy die liefde en genade van ons Hemelse Vader steeds in oorvloed ervaar, en mag Goedheid en Guns jou aan weerskante vergesel op die pad in die nuwe lewensjaar gekenmerk steeds deur goeie gesondheid en jou besondere entoesiasme vir die werk van Sy Koninkryk. Gelukwense ook aan Helen met dié besondere dag wat julle beskore is om saam te mag vier.
  • Tommie, jy is 100% reg - my verjaardag leêr sê ook die 11de Mei... Sou Henrietta in die vuur gespring het was ek nou agterna! :)))
  • Tommie en Liza, julle is reg: Broer Jan het op Gideon se FB hom gelukgewens en ek is agter hóm aan, die "vuur" in ... kom ek om, so kom ek om !!
  • Hier is vir julle 'n lekker raai-raai:
    Ek preek (DV) wel op my verjaarsdag, maar ek het op 4 Mei net kerk-toe gegaan. (Dit was die 2de maal in 2.1/2 maande dat ek net rustig in die banke kon gaansit het - nogal besig met al dié uitnodigings.)

    Baie, baie dankie ouens dat julle bereid is om vir my deur die vuur gaan. Jinne, as ek só daaraan dink, maak dit my hart soveel meer vurig van waardering. Lekker om sulke warmgemaakte vrinne te hê. My verjaarsdag sal nou soveel lekkerder wees.

    Ek sal dit onthou AS ek eendag begin oud word!!

    Vroutjie Helen moet Donderdag-oggend om 08h00 in St. Georges Hospitaal wees. Ná toetse verlede week het die hartspesialis haar gebel en gesê hy moet dringend haar hart skok vanweë disritme en fibrilasie. Vanoggend het haar bloeddrukmeter al 'n hartklop van 101 p.m. gewys. Sal julle gebede waardeer.

    Groetnis en liefdetjies.
  • Amor het 'n soortgelyke probleem as Helen gehad - disritme van die hart. Amor se toestand was nie so ernstig as Helen s'n nie, maar sy was by 'n spesialis met die naam Henk van Rensburg. Hulle het sekere nodes in die hart met 'n angiogram bygekom en behandel. Dit word ablasie genoem.

    Ons is dankbaar dat dit 'n sukses was.

Dagsê, Vreemdeling!

Welkom by ons nuwe geselsplek, as jy nuut is hier, skep 'n rekening en gesels saam.