Wie is Ferdinand Deist?

Kyk ook:

Ferdinand Deist was ’n kontroversiële teoloog wat tussen 1944 en 1997 geleef het. Hier volg ’n tydlyn van sy loopbaan:

  • 1963: Studeer by Stellenbosch
  • 1971: Behaal doktersgraad
  • 1972: Gelegitimeer
  • 1975: Publiseer sy eerste boek (Die noodlottige band: Kerk en staat in oud-Israel) en word aangekla van dwaalleer, maar word onskuldig bevind.
  • 1977-1991: Verbonde aan Unisa
  • 1978: Publiseer Tussen Angs en Sekerheid – Gedagtes rondom gebed en ontvang die Andrew Murrayprys daarvoor.
  • 1981: Skryf twee boeke saam met Sakkie Spangenberg
  • 1992-1997: Terug by Stellenbosch

In sy laaste jare verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch, was hy bevriend met Louis Jonker. Uit Herinneringe en Verlange – Louis Jonker lei mens af hulle het dieselfde teologiese sieninge gehad.

Henriëtta Klaasing skryf die volgende oor Deist:

Ek het ’n intense geloofsworsteling in die vroeë tagtigs beleef na die lees van Ferdinand Deist se boek “Die God van Jona”. Daarin het hy gesuggereer dat dit ’n mitiese verhaal is en twyfel by my gesaai deur suggesties soos dat daar tog nie ’n vis groot genoeg kan wees om ’n mens in te sluk nie en dat ’n plant nie oornag so groot kan groei dat ’n mens in die skadu daarvan kan sit nie. Ek dank die Here dat Hy my vir maande laat soek het na antwoorde in die Bybel self, en het ek vrede gevind nadat ek op ’n ander plek van “Jona, seun van Amittai” gelees het, en ek raakgelees het dat Jesus gesê het dat Hy drie dae in buik van die aarde sal wees soos Jona drie dae in die buik van die vis was. Wanneer ’n mens Deist krities lees, duik daar soortgelyke voorbeelde op.

In die video FERDINAND DEIST & RUDOLF BULTMANNFerdie Mulder dat Deist baie aanklank gevind het met Rudolf Bultmann se siening oor Jesus se opstanding. Bultmann het nie in Jesus se liggaamlike opstanding geglo nie, maar in ’n metaforiese opstanding. In Deist se boek Kinders van die lig, vertel hy dat hy na ’n preek van Bultman geluister het en dat Bultman sy lewe verander het.

Deist het die metodes (historiese kritiek, vormkritiek) wat hy geleer het in Duitsland kom implementeer in Suid-Afrika.

Ferdinand Deist was Ferdie se predikant toe hy op skool wat. Ferdie se ma het hom vertel dat Deist een keer in ’n preek gesê het dat Jesus ook maar sy foute gehad het, waarop sy ma in die kerk opgestaan het en gesê het dat die Bybel sê dat Jesus sonder sonde was.

In Ferdie Mulder praat met prof Sybrand Strauss word gesê dat Ferdinand Deist, Rudolf Bultmann se teologie aangeneem het en dit in Suid-Afrika kom populariseer het.

Teologiese werke

Die noodlottige band: Kerk en staat in oud-Israel (1975)

Dit behandel die intog van die Israeliete in Kanaän (Palestina) toe daar nog nie ’n koning was nie en daarna die instelling van die koning en die verhouding tussen staat en godsdiens. Hierdie boek besorg hom ’n ringsklag by die Sinode.

Tussen Angs en Sekerheid – Gedagtes rondom gebed (1978)

In Resensie: Tussen Angs en Sekerheid – Gedagtes rondom gebed, word die volgende gesê:

Niemand sal ooit weer dieselfde na gebed, in die trandisionele sin van die woord, kyk nadat hy hierdie boek gelees het nie. … Deist vertel hoe hy dit bevrydend ervaar het toe hy een maal gelees het van ’n prominente teoloog wat nie meer sin in gebed gevind het nie. Hy het self reeds as teologiestudent oor die sin van gebed begin worstel. … “Dis nie dat ek nie meer in gebed geglo het nie. Ek het. Maar ek kon nie bid nie.” … Hy sê die boek is bedoel vir mense wat nie kan bid nie, al wil hulle ook.

Die eerste Andew Murrayprys word aan hierdie boek toegeken. (!!!) Baie ironies as in ag geneem word dat sy boek Die noodlottige band: Kerk en staat in oud-Israel hom ’n klag van leerdwaling besorg het.

Kyk ook

1 thought on “Wie is Ferdinand Deist?”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui