Wie is Fanie Cronjé?

Kyk ook:

Fanie Cronjé is ’n NG Kerk teoloog. Hy glo onder andere die volgende:

  1. Homoseksualiteit is nie sonde nie.
  2. Redding word nie slegs verkry deur geloof in Jesus Christus nie.
  3. Hy glo nie in die Goddelike inspirasie van die Skrif nie.
  4. Twyfel in die mens se opstanding uit die dood

Toe die Algemene Sinodale Kommissie (ASK) hulle gedistansieer het van die radikale uitsprake van die Nuwe Hervormers, het Fanie Cronjé en James Kirkpatrick van die Noordelike Sinode hulle misnoë uitgespreek oor die ASK se verwerping van die Nuwe Hervorming se radikale insigte. (Beeld, 1 April 2003). Later die jaar wou die sinode van Noord-Transvaal (Noordelike sinode), waaraan hulle twee verbonde was, nie standpunt inneem oor Jesus se maagdelike geboorte of oor Jesus se liggaamlike opstanding nie (Sinode vir eers stil oor maagdelike geboorte, 3 Sep 2003).

(Uit NAMIBIË OP WEG MET DIE ALGEMENE SINODE?, Youtube, 11:44, Ferdie Mulder, 16 Jan 2021)

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui