Die NG Kerk en Jesus se maagdelike geboorte

Tydens die Sinode van Noord-Transvaal (nou Noordelike Sinode) van 2003 (September 2003) in Nylstroom het die Sinode die geleentheid gehad om Jesus se maagdelike geboorte en Jesus se opstanding te bevestig. Instede daarvan:

wou [die sinode] egter nie ’n kategoriese uitspraak lewer oor die geskiedkundigheid van die maagdelike geboorte of Jesus se liggaamlike opstanding nie.

(Soos berig in Sinode vir eers stil oor maagdelike geboorte.)

Let daarop dat predikante tydens hulle legitimasie-eed die volgende belowe aangaande die drie belydenisskrifte van die NG Kerk:

  • om die voorgenome leer ywerig en volhardend te leer
  • om hierdie leer in my wandel getrou te handhaaf
  • om niks teen hierdie leer, hetsy regstreeks of onregstreeks, te leer of te skrywe nie
  • alle dwalings teen hierdie leer te verwerp en daarteen te stry en te weerlê en om dit uit die kerk te weer

Volgens die Nederlandse geloofsbelydenis:

Hy is in die liggaam van die geseënde maagd Maria deur die krag van die Heilige Gees en sonder die toedoen van ’n man verwek.

Volgens die Heidelbergse Kategismus:

wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria;

Deur stil te bly het hierdie hele streeksinode hulle legitimasie-eed verbreek.

Sedertdien het geen Algemene Sinode van die NG Kerk hierna enige standpunt hieroor ingeneem nie.

1 thought on “Die NG Kerk en Jesus se maagdelike geboorte”

  1. Die N.G kerk het geval—-Dekades gelede al.Dat Jesus se perfekte lewe vanuit die hemele oorgeplaas was na die baarmoeder van die maagd,Maria,deur die krag van die heilige gees,is moontlik een van die N.G.Kerk se weinig waaragtige leerstellings.

    Die N.G kerk het nie God se goedkeuring as n bruidsklas nie a.g.v hulle menigte ander uit en uit vals leerstellings onder andere,
    Drie Eenheids leer,hemel,hel,doop,om na paar te noem.
    Asook n menigte goddelose wan praktydte en ononderbroke sondes waarvoor deakens,ledemate,predikante nooit eers aangespreek was nie.
    Ek bestudeer en analiseer God se woord nou reeds vir vier dekades en ek kan in alle eerlikheid sê die enigste geestelike organisasie in die wêreld wat moreel skoon en heilig is,is Jehova se Getuies

    My geloofsbelydenis kortliks vir doeleindes hier is dit.Johannes17:3 “Almal wat Jehova God en Sy Seun Jesus Christus nie ken nie,gaan vernietig word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui