Die NG Kerk en homoseksualiteit

Kyk ook:

Hier volg die pad wat die NG Kerk met homoseksualiteit geloop het.

1986: Sonde

Homoseksualiteit word gesien as ’n afwykende vorm van seksualiteit. Homoseksuele praktyke en verhoudinge is sonde. Kyk 1986 NGK homoseksuele standpunt.

1999: Deernis

Die klem is op Pastoraat op grond van menswaardigheid van alle mense (Wes-Kaap).

2002: Beleid

Etiek is ook belangrik daarom is die rol van Bybelse tekste weer in fokus.

Die volgende verslag oor homoseksualteit dien by die sinode: 2002 NGK Homoseksuele verslag

Die volgende besluit word geneem oor homoseksualiteit: 2002 NGK homoseksuele besluit

’n Beleidstandpunt oor Skrifgesag en Skrifgebruik word ook geformuleer. Kyk 2002 NGK besluit oor skrifgesag.

2004: Verskil

Ten spyte daarvan dat dit blyk die Bybel die homoseksuele dade waaroor daar gepraat word as opstand teen God beskryf en as sodanig as sonde beoordeel, is daar verskil van mening of hierdie uitsprake in die Bybel van toepassing is op homoseksuele mense wat in ’n permanente verhouding van liefde en trou staan. Beleidstandpunte oor Skrifgesag en Skrifgebruik word weer formuleer. Kyk 2004 NGK homoseksuele verslag en 2004 NGK homoseksuele besluit.

Na aanleiding van hierdie sinode skryf Theo Danzfuss ’n gediggie “Op Hartenbos se strand” wat afsluit met die volgende woorde:

Die huwelik is slegs wettig tussen ’n vrou en ’n man
maar ons sinode is baie slim, – kyk hier is ons plan:
Seks met dieselfde geslag, dit mag niemand verbied
maar onthou dit mag slegs buite die huwelik geskied.

Dit is dus duidelik dat die sinode van 2004 reeds voorbrand begin maak het vir homoseksualiteit.

2006: NG Kerk se parlementêre verteenwoordigers

In 2006 stel Ben du Toit en Kobus Geber, namens die NG Kerk voor, dat die parlement van Suid-Afrika homoseksuele huwelike wettig. Kyk NGK vra SA parlement dat homoseksuele huwelike gewettig word (Okt 2006).

Jan Mostert staan dit teë, maar dit help nie. Kyk The Civil Union Bill (Jan Mostert se pleidooi teen wettiging van homoseksuele huwelike).

2007: Selibaat

Voor die aanvang van die algemene sinode, pleit verskeie bekendes in ’n ope brief aan die algemene sinode van die NG Kerk dat die kerk openlike gay predikante op die kansel moet toelaat. Kyk Ope brief: teoloë pleit vir gays.

Die AS besluit dat homoseksuele gelegitimeerdes wat ’n selibate lewenstyl beoefen, tot die predikantsamp toegelaat kan word. Verder erken die AS die diskresie van kerkrade om die verskille oor homoseksualiteit in gemeentes in die gees van Christelike liefde te hanteer. Kyk 2007 NGK homoseksuele besluit.

2008: Strydom vs Moreletapark

Johan Strydom wen die hofsaak teen Moreletapark nadat daar na bewering teen hom gediskrimineer is op grond van sy seksuele voorkeure. Kyk Gay wen teen kerk.

2011

Frits en Laurie Gaum: ’n Epos gesprek tussen Frits en Laurie Gaum word gepubliseer. Kyk E-pos gesprek tussen Frits en Laurie Gaum.

Lulani Vermeulen, ’n gay teologiese student, word nie gelegitimeer nie. Dit ontketen ’n herrie by baie! Kyk NG Kerk sê nee vir gay vrou as predikant.

2013: Nog studie

Die AS vra verdere studie oor die status van selfdegeslagverhoudings, terwyl homoseksuele en heteroseksuele studente wat hulle voorberei vir die bediening in die NG Kerk, aan dieselfde Christelik-etiese standaarde moet voldoen met die oog op legitimasie. Daar is ook ’n verbintenis om hierdie kwessie te hanteer aan die hand van die waardes van die Seisoen van Menswaardigheid. Kyk 2013 NGK homoseksuele besluit.

2015: Aanvaarding

Voor die aanvang van die 2015 Algemene Sinode word taakspanne aangestel om die kwessie te ondersoek (soos besluit tydens die 2013 AS). Die objektiwiteit van hierdie taakspanne is egter bevraagtekenbaar. Kyk Ope byeenkoms van die NGK se Taakspan oor Homoseksualiteit in Maart 2015 te Stellenbosch.

Nelus Niemandt, die moderator van die NG Kerk op daardie stadium, pleit openlik daarvoor dat homoseksuele mense nie selibaat hoef te bly nie. Kyk Nelus Niemandt se pleidooi: ‘Gooi NG Kerk óóp vir gays’ (1 Jul 2015).

Ook steun die teologiese fakulteit van Stellenbosch hierdie siening. Kyk Laat NG kerkrade oor gays besluit.

In Oktober besluit die sinode vir volle aanvaarding van menswaardigheid van alle mense ongeag seksuele orientasie, goedkeuring van selfdegeslagverhoudings en die kerklike bevestiging daarvan deur gewillige predikante. ’n Gespreksdokument oor Ons Christelike Geloof en die (moderne) Wetenskap aan die kerk word ontwikkel vir gebruik en oriëntering met die oog op hermeneutiek. Kyk Opbou tot NGK homoseksuele besluit van 2015 en 2015 NGK homoseksuele besluit. Sommige wonder egter of daar emosionele manipulasie betrokke was…

Hierdie besluit word sterk deur die drie teologiese fakulteite gesteun. Kyk NG teologiese skole progay en Dit is ’n goeie besluit, sê NG dosente.

Heelwat NG gemeentes neem standpunt in teen hierdie besluit. Kyk NG gemeentes teen 2015 gaybesluit.

Toe die notule van die Algemene Sinode egter uitgereik word, word daar besluit om ’n moratorium op die besluit te plaas. Dus, die besluit is nie omgedraai nie, maar die uitvoering daarvan is op ys geplaas. Kyk NG Kerk: Gays sal moet wag.

2016: Terug na 2007-besluit

Feb: Theo Danzfuss en Helgard Janse van Rensburg reik ’n appèldokument uit: Appèldokument teen die besluite van die algemene sinode 2015 oor selfdegeslagverhoudinge (23 Feb 2016)

Namibië is ernstig om die Algemene Sinode te verlaat. Kyk Namibië hersien verhouding met SA ná gay-besluit.

Die gay-gemeenskap aanvaar dit nie dat die besluit gevries is nie en plaas groot druk op die NG Kerk om die besluit deur te voer. Kyk 65 maak beswaar teen bevriesing van gay besluit. 11 lidmate besluit om die kerk hof toe te neem. Kyk Gay-huwelike: NGK-lidmate dreig met hof en ASM moet besluit oor appèlle.

Sep: André Bartlett, een van die prominentste kampvegters vir gay-regte in die NG Kerk, reageer ook op die bevriesing van die 2015-besluit. In September 2016 vra hy in ‘n persoonlike hoedanigheid omverskoning aan die homoseksuele gemeenskap en hy bedank uit die ASM (algemene sinodale moderamen).

Aanvanklik lyk dit of die besluit weer bekragtig word, (kyk NGK herstel alle regte vir gays in die kerk), maar op die ou einde word besluit om in November 2016 ’n spesiale sinode te reël om hierdie kwessie weer te bespreek.

Nov – algemene sinode: ’n Hele lys van beswaarskrifte is ingedien vir die sinode – kyk NGK 2016 sinode: lys van beswaarskrifte.

Volgens berigte (Appèlle slaag teen 2015-besluite en ‘Ons is nie welkom nie’) het die 2016 buitengewone sinode wel die 2015 besluit omgedraai (kyk 2016 NGK Homoseksuele besluit). Dit is egter so versigtig opgestel dat is mens wonder.

Op 21 Nov 2016 praat Nelis Janse van Rensburg oor die besluit. Dit klink egter of hy in ’n mate in ontkenning leef. Alhoewel hy wel erken dat die 2015-besluit omgedraai is,  sê hy ook dat die sinode nie besluite op gemeentes gaan afdwing nie. Dit laat die vraag ontstaan: Nelis, wat is die doel van die Algemene Sinode?.

Hoe dit ookal sy, die vraag was steeds: Kan die NGK omdraai?

2017

Mei: Steeds gaan die hofsaak aan: Om met die kerk hof toe te gaan

2018: Moderator progay

Mei: Ds Kruger du Preez aanvaar sy seun se homoseksualiteit en bevestig hom in die huwelik. Kyk Sien ’n deernisvolle Jesus raak.

Aug: Intussen gaan die hofsaak aan: NGK moet by landswette hou

Sep: Die moderator, Nelis Janse van Rensburg, erken dat hy progay is (alhoewel ’n mens dit eintlik reeds weet). Kyk Nelis Janse van Rensburg erken hy is progay. Hierna breek ’n herrie los:

Sep: Chris van Wyk reageer hierop in My gewete is gebind deur die Bybel en ons belydenisskrifte. Hierin vergelyk hy homoseksualiteit met pedofilie en sê onder andere: “Indien jy steeds oortuig is daarvan dat seksuele oriëntasie ’n gawe van God is, sal jy pedofilie – seksuele aangetrokkenheid tot kinders – ook op soortgelyke wyse moet aanvaar. Pedofilie word tans as ’n seksuele oriëntasie beskryf deur sielkundiges. ’n Mens sou pedofilie dan ook as ’n goeie gawe van God moet beskryf.”

Sep: Die drie leraars van die gemeente Aandbloem verklaar dat hulle homoseksuele huwelike gaan bevestig. Onder andere Chris van Wyk reageer weer hierop. Kyk NG Kerk moet ‘diversiteit met ope arms verwelkom’.

Sep: NG teoloë reageer in die vorm van ’n petisie op die feit dat Chris van Wyk homoseksualiteit met pedofilie vergelyk. Hulle kom egter nie met enige logiese argumente nie. Dit is bloot ’n emosionele reaksie wat die man speel in plaas van die bal. Hennie Pienaar kla Chris aan by die MRK (menseregtekommissie).

Okt: Weer kom ’n petisie uit van liberale kant. Kyk Hou by waardes van seisoen van menswaardigheid, vra predikante. En weer word bitter min eintlik gesê. Hulle grootste argument is dat Chris lelik is om homoseksualiteit met pedofilie te vergelyk.

Okt: André Bartlett word verkies as die moderator van Hoëveldsinode. Kyk Hoëveld kry ’n nuwe span leiers.

2019: Aanvaar weer SGV

Feb: Louis van der Riet, ’n gay predikant, word by Parkegemeente in Kraaifontein (naby Kaapstad) bevestig as leraar van die gemeente. Kyk Gemeente ‘kies liefde bo vrees’ met aanstelling van gay leraar.

Mrt: Die NG Kerk verloor die hofsaak (NG Kerk verloor gaysaak en NG Kerk hofuitspraak 2019) en besluit om nie die uitspraak te beveg nie (NG Kerk gaan nie uitspraak oor gay-huwelike beveg). Gert Duursema, lid van die algemene sinodale moderamen (ASM), onttrek uit die sinode omdat daar besluit word om nie die uitspraak te beveg nie (kyk Senior dominee onttrek aan sinode).

Mei: Adacsa vra duidelikheid oor die hofuitspraak, maar die hof gee ’n bot antwoord en sê dat dit duidelik genoeg is (Hof sê gay-uitspraak is ‘geensins onduidelik’).

Kyk Oorsig van NGK 2019 hofsaak oor homoseksualiteit.

Mei: Moreletapark reik ’n verklaring uit (Moreletapark Persverklaring 7 Mei 2019). Die media begin hierna verwys as Morelexit (sinspeel op “Brexit”).

Mei: Sinode Wes-Kaapland besluit oor selfdegeslagverhoudings.

Jul: Philipp Dietmann, is ’n gay predikant word op 14 Julie 2019 in NG gemeente Stellenberg bevestig is as permanente predikant. Hy is getroud met Floris Hanekom.

Okt – algemene sinode: Voor die aanvang van die sinode word daar 74 gravamina ingehandig. Dit is so baie dat dit nie ingesluit word by die agenda nie – dit word op ’n aparte CD en op die webblad van die NG Kerk beskikbaar gestel.

Tydens die Algemene Sinode van 2019 maak die sinode weer ’n progay besluit (kyk 2019 NGK homoseksuele besluit en Wat sê ons van die 2019 NGK homoseksuele besluit?).

Nov: GOUDLAND sinode hou ’n spesiale sinode en besluit amper daaroor om die band met die NGK los te maak. Daar word egter besluit om nie te stem en ’n besluit te neem nie.
Heelwat gemeentes reik verklarings uit en besluit selfs om te doleer (kyk NG gemeentes se verklarings ná 2019 besluit oor SGV).

2020: Doleansie

Meer en meer gemeentes doleer uit protes teen die 2019-besluit.

Feb: Moreletaberaad: Riglyne vir behoudende lidmate en kerkvergaderinge van die NG Kerk

Mrt: ’n Gids oor homoseksualiteit sien die lig en word bespreek, maar dit oortuig hoegenaam nie (om dit sagkens te stel). Kyk Selfdegeslagbesluit: Nuwe gids wil sinodes en lidmate help.

Jul: NG predikante kan nou by die Departement Binnelandse Sake aansoek doen om homoseksuele huwelike te bevestig. Kyk NG predikante kan nou by die staat aansoek doen om homoseksuele huwelike wetlik te verbind.

2021

Sep: In Laaste sê moet lê by Woord en kerk se belydenisskrifte (5 Sep 2021) gee Helgard Janse van Rensburg ’n goeie opsomming van die homoseksuele kwessie in die NG Kerk en wys uit hoe die korrekte prosedures nie gevolg is nie.

5 thoughts on “Die NG Kerk en homoseksualiteit”

  1. Kan die NG kerk nie ’n nasionale stemming hou, en lidmate laat stem vir of teen gay huwelike nie en dan met daardie uitslag die hofuitspraak teenstaan?

    1. Zelda, ek dink as die NG Kerk leierskap werklik die hofsaak wou wen, sou hulle kon. Ek dink nie hulle wou nie. Kyk Het die NG Kerk werklik die gayhofsaak behoorlik teengestaan?. Oor ’n nasionale stemming: Dit is nie ’n erkende kerkordelike prosedure om hierdie tipe van besluite te neem nie. En siende dat die besluit nou wel goedgekeur is, sal die NG Kerk leierskap (wat ten gunste daarvan is) dit nie toelaat nie. As iemand dit uit eie inisiatief doen, sal die NG Kerk leiers bloot die resultaat verwerp.

  2. Lukas6,47-49 Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en dit doen –Ek sal julle wys soos wie hy is.
    Hy is soos ʼn man wat ʼn huis bou, wat gegrawe en diep ingegaan en die fondament op die rots gelê het: en toe die vloedwater kom en die stroom teen daardie huis losbreek, kon hy dit nie beweeg nie, omdat sy fondament op die rots was.
    Maar wie dit hoor en dit nie doen nie, is soos ǹ man wat ǹ huis sonder fondament op die grond bou, en die stroom het daarteen losgebreek en dit het dadelik geval, en die instorting van daardie huis was groot
    1Korinthiërs3,11 Want niemand kan ʼn ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.

  3. According ‘homosexuality’ the same moral standing as ‘pedophilia’ as has been argued, is the same as according ‘rape’ the same moral standing as ‘sex between two consulting adults.’ In addition to this assertion, I would like to share the findings of a study conducted in the early 80’s which greatly influenced my thinking in relation to (male) gay ‘promiscuity’: A survey of male and female heterosexuals regarding their ‘first date’ behavior was conducted as follows: Q1 would you hold hands on first date? 99.9% of males responded Y; 95% of females responded Y. Q2 would you kiss on first date? 99% of males responded Y; 75% of females answered Y. Q3 would you go up to his/her flat on first date? 97% of males answered Y; 30% off the females answered Y. Q4 would you ‘do it’ on first date? 94% of males answered Y; 3% of the females answered Y. Bottom line: the probability that two (gay) males would ‘do it’ on first date is greater than 90% while the probability of heterosexual ‘doing it’ on first date is less than 3%. Ever since reading this study I have framed the much higher frequency of male gays ‘doing it’ in terms of ‘probability’ rather than ‘promiscuity.’ I hope sharing the findings of this study – even though side steps the issue of scripture – will serve to bring the two sides of the isle to the realization that an accommodation is the only ‘win’ on the table.

  4. Die woord van God is duidelik oor die kwessie van homoseksualiteit. Die NG kerk wil die mens se wil doen en nie God se wil nie. Te lafhartig om vir God op te staan en nou wil hulle die besluit met allerhande akedemiese besluite regverdig. Dit is die einde van die NG kerk.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui