Die Islam dilemma

Kyk ook:

Die volgende artikel is meestal geneem uit die video The Quran, the Bible, and the Islamic Dilemma van David Wood.

Min mense besef dat die Koran die gesag van die Bybel erken. Hier is ’n paar voorbeelde:

Sura 3:3-4 : (3)He [Allah] sent down to you the Book with the Truth [die Koran], confirming what came before it; and He sent down the Torah and the Gospel. (4)Aforetime, as guidance for mankind; and He sent down the Criterion. Those who have rejected Allah’s signs [die Koran en die Bybel] will have a severe punishment. Allah is Mighty, Able to take revenge.

Sura 5:46-47: (46)In their footsteps, We sent Jesus son of Mary, fulfilling the Torah that preceded him; and We gave him the Gospel, wherein is guidance and light, and confirming the Torah that preceded him, and guidance and counsel for the righteous. (47)So let the people of the Gospel rule according to what Allah revealed in it. Those who do not rule according to what Allah revealed are the sinners.

Sura 5:68 : Say, “O People of the Scripture![Jode en Christene] You have no basis until you uphold the Torah, and the Gospel, and what is revealed to you from your Lord.” But what is revealed to you from your Lord will increase many of them in rebellion and disbelief, so do not be sorry for the disbelieving people.

Sura 7:157 : Those who follow the Messenger, the Unlettered Prophet [Mohammed], whom they find mentioned in the Torah and the Gospel in their possession. … – these are the successful.

Op ’n stadium het Mohammed twyfel gehad oor sy openbaringe. Daarop het Allah vir Mohammed gesê om na die “mense van die boek”, met ander woorde, Jode en Christene te gaan ter bevestiging. Sura 10:94 : If you are in doubt about what We [Allah] revealed to you [Mohammed], ask those who read the Scripture [Bybel] before you. The truth has come to you from your Lord, so do not be of those who doubt.

Die Bybel weerspreek egter die Koran. Volgens die Bybel (die enigste boek wat Christene het) is:

Die Koran verwerp al bogenoemde[1] en verder vind ons nêrens in die Bybel ’n verwysing na Mohammed (volgens Sura 7:157), nie.[2]

Daarom beweer Moslems dat Christene die Bybel verdraai[3] het.

Die Koran sê dat niemand die woorde van Allah kan verander nie. In Sura 18:27 sê Allah die volgende aan Moslems: And recite what was revealed to you from the Book of your Lord [die Koran]. There is no changing His words, and you will find no refuge except in Him.

Let wel dat hierdie nie net van toepassing is op die Koran nie, maar dat dit ook van toepassing moet wees op die Bybel, omdat daar gesê word dat niemand Allah se woorde kan verander nie. Volgens die Koran (Sura 3:3-4 hierbo) is die Bybel ook Allah se woorde.

Indien die Bybel verdraai is het mense dit dus wel reggekry om Allah se woorde te verander. Dus het Allah dit nie reggekry om die Tora en die Evangelies te beskerm teen vervalsing nie.

Verder, wanneer sou Christene die Bybel verdraai het? Kom ons kyk na twee opsies:

1. Bybel verdraai voor Mohammed

Die vraag is wat die motief van vroeë Christene sou wees om die Evangelies (en die Tora) te verdraai?

As mens ingedagte hou dat nie net die 12 dissipels[4] nie, maar ook baie ander Christene wreed tot hulle einde gekom het, is dit hoogs onwaarskynlik dat hulle die Bybel sou verdraai. Hulle sou eerder met die waarheid vorendag gekom het eerder as om te sterf vir ’n leuen.

En indien die Bybel wel verdraai was, sou Allah daarvan geweet het en nie die Bybel se gesag aanvaar het nie. Dan sou Allah gesê het om die Bybel te verwerp.

2. Bybel verdraai ná die lewe van Mohammed

Dit sou baie sin kon maak dat die Bybel eers ná Mohammed se dood (632 nC) verdraai is, maar hierdie is selfs nog meer onwaarskynlik as die eerste opsie. Vandag besit ons manuskripte van die Bybel wat baie vroeg dateer. Die oudste afskrifte van die hele Nuwe Testament wat vandag bestaan, is Codex Alexandrius, Codex Sinaiticus en Codex Vaticanus. Hulle dateer terug na ongeveer die 300’s nC[5]. Wanneer ’n nuwe Bybelvertaling geskryf word, word onder andere hierdie Codex’e gebruik as bronne. Die Tora is ook al voor Christus gekanoniseer[6].

Dus was die Bybel baie goed gevestig onder Christene in Mohammed se tyd. Indien die Bybel verdraai is eers ná die dood van Mohammed, sou die Bybel wat ons vandag besit baie verskil het van hierdie ou manuskripte.

*****************

Die Koran plaas Moslems dus in ’n reusagtige dilemma:

Óf Christene het die geïnspireerde Woord van God óf ons het dit nie.

Indien Christene die geïnspireerde Woord van God het, dan is Islam vals, want die Koran is teenstrydig met die Bybel.

Indien Christene nié die geïnspireerde Woord van God het nie, dan is Islam ook vals omdat Islam die inspirasie, bewaring en outoriteit van die Bybel erken.

Daarmee vernietig Islam homself.

Verwante artikels/videos

Voetnotas

[1] Die Koran verwerp die drie-eenheid baie duidelik in Sura 4:171, 5:73 en 5:116 (kyk Islamic view of the Trinity – Wikipedia)

[2] Moslems probeer Mohammed in die Bybel te kry deur Deuternomium 18:18, maar hierdie kan netsowel na Jesus verwys. Hierdie voorspelling is baie vaag en bevat geen ander detail soos byvoorbeeld die voorspellings wat gesê het dat Jesus op ’n donkie sou ry (Sagaria 9:9 en Mat 21:1-6). Kyk ook 44 profesieë oor Jesus vervul.

[3] In Engels word daarna verwys as “corrupted”.

[4] Kyk Hoe is die 12 dissipels dood?

[5] Kyk Die geskiedenis van die Bybel.

[6] Volgens Biblical canon (Wikipedia): “…a popular position is that the Torah was canonized 400 BC, the Prophets 200 BC,…”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui