| Die Nuwe Testament oor Redding |
|
|
|
| Woensdag, 21 Julie 2010 22:39 |
InleidingDie postmodernisme wil beweer dat ons nie die waarheid kan ken nie. Sommige mense beweer dat ons nie regtig kan weet of daar ’n hemel en hel is en indien daar wel ’n hemel is, wie daarna toe gaan. ’n Meer polities korrekte siening is dat alle mense hemel toe gaan, dus hoef ’n mens nie vir ander te gaan sê dat hulle verkeerd is nie. Dit word universalisme genoem, maar ook soms diversiteit en is direk teenstrydig met die sendingopdrag. Sommige mense wil ook nie in 'n hel glo die, want dit is vir hulle ondenkbaar dat God mense vir ewig hel toe kan stuur (kyk bv Rob Bell se Noomas). Die doel van hierdie dokument is om te wys dat die Bybel en spesifiek die Nuwe Testament baie duidelik is oor die volgende:
'n Mens moet die Bybel baie selektief lees om anders te glo. As jy egter die Bybel selektief lees, is jy baie inkonsekwent en gaan jy in 'n baie slegte posisie wees om jou geloof enigsins te verdedig - die enigste gronde vir jou geloof is jou eie waardestelsel. Maar nog belangriker is jy besig om in effek jou eie god te skep wat slegs gebaseer is op die God van die Bybel. Vir meer hieroor, kyk hier. In ’n debat op die NG Kerk se amptelike webblad oor diversiteit (kyk NGK Diversiteitsforum) het sommige debatvoerders die feite wat vir ons geleer word van die evangelie, bevraagteken. Een debatsvoerder het 2 Kor 5:18-20 voorgehou as bewys dat almal gered sal word en nie net mense wat aan Jesus glo nie: (18) Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. Maar in vers 17 net voor hierdie gedeelte, sê Paulus: (17) Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dus praat Paulus van mense wat aan Christus behoort. Verder lui v11: (11) Ons weet wat dit beteken om die Here te dien. Daarom probeer ons die mense oortuig. Daar sal net een rede wees om ander mense te oortuig van Christus, en dit is om hulle te red van die hel. Om 2 Kor 5:18-20 voor te hou as bewys dat Jesus alle mense red is omtrent dieselfde as om apartheid uit die Bybel te probeer regverdig. In Romeine 2 is dit die enigste plek in die Bybel wat die vraag vra wat met mense sal gebeur wat nooit van Jesus hoor nie, maar wat mooi lewens ly. Paulus vra wat van mense wat die wet in hulle hart het, maar nooit die evangelie hoor nie. In v16 sê hy egter: “Dit sal aan die lig kom op die dag wanneer God deur Christus Jesus oor die verborge dinge van die mense sal oordeel, ooreenkomstig die evangelie wat ek verkondig.” Dus is daar regtig geen aanduiding dat sulke mense noodwendig gered sal word nie en daarom is die sendingopdrag so prominent. (Sleutelwoorde in die Bybel: ewig, hemel, hel, vuur, verderf, red, verlos, glo, geloof, dwaal, dwaling, vals, bekeer)
Is daar ’n hemel en hel en wie word gered?Matt 3 (2) en gesê: "Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom." (10) Die byl lê klaar teen die wortel van die bome. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. (12) Hy het sy skop in sy hand en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak. Sy koring sal Hy na die skuur toe bring, maar die kaf sal Hy met ‘n onblusbare vuur verbrand." Matt 4 (17) Van toe af het Jesus begin preek en gesê: "Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom." Matt 5 (3) "Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. (12) Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg." (19) "Wie dan ook een van die geringste van hierdie gebooie ongeldig maak en die mense so leer, sal die minste geag word in die koninkryk van die hemel. Maar wie die wet gehoorsaam en ander so leer, sal hoog geag word in die koninkryk van die hemel. (20) Ek sê vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie." (22) Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen wat sy broer uitskel vir ‘n gek, is strafbaar voor die Joodse Raad; en wie hom uitskel vir ‘n idioot, is strafbaar met die helse vuur. (29) "As jou regteroog jou laat struikel, haal hom uit en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word. Matt 6 (Luk 11:2-4) (14) "As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Matt 7 (Luk 13:22-29) (13) "Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. (19) Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. (21) "Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Matt 8: (11) Ek sê vir julle: Baie sal van die ooste en die weste af kom en saam met Abraham, Isak en Jakob aan tafel gaan in die koninkryk van die hemel. Matt 10 (22) Julle sal ter wille van my Naam deur almal gehaat word. Maar wie tot die einde toe volhard, sal gered word. (28) Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan. (32) "Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal Ek My ook openlik uitspreek voor my Vader wat in die hemel is. Matt 18 (3) en gesê: "Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. (8) "As jou hand of jou voet jou van My afvallig maak, kap hom af en gooi hom van jou af weg. Dit is vir jou beter om vermink of kreupel die lewe in te gaan as om met altwee jou hande of voete in die ewige vuur gegooi te word. (14) So is dit ook nie die wil van julle Vader in die hemel dat een van hierdie kleintjies verlore moet gaan nie." Matt 19 (Mark 10, Luk 18) (23) Jesus het toe vir sy dissipels gesê: "Dit verseker Ek julle: ‘n Ryk mens sal moeilik in die koninkryk van die hemel kom. Matt 23 (15) “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle trek oor see en land rond om een bekeerling te maak, en as hy dit word, maak julle hom twee maal so ryp vir die hel as wat julle self is.” (33) “Julle slange, addergeslag! Hoe sal julle ontkom aan die straf in die hel?” Matt 24 (44) “Om dieselfde rede moet julle ook altyd gereed wees, want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie." Matt 25 (41) "Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is, (46) En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe."
Mar 9 (42) "Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig laat word, vir hom is dit baie beter as ‘n groot meulsteen aan sy nek vasgemaak en hy in die see gegooi word.
Mark 11 (25) "En wanneer julle staan om te bid, en julle het iets teen iemand, vergewe hom; dan sal julle Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredings vergewe." Luk 8 (12) Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof kom en gered word nie. Luk 19 (10) Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is." Joh 3 (16) "God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. (36) Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom."
Joh 10 (7) Toe het Jesus verder gesê: "Dít verseker Ek julle: Ek is die ingang vir die skape. (9) Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry. (14) "Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, (28) Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. (42) Baie mense het daar tot geloof in Hom gekom. Joh 12 (46) Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, sodat dié wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. Joh 14 (6) Jesus het vir hom gesê: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. Hand 2 (21) So sal dit dan wees: elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hand 4 (12) Hy bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie." Hand 15 (11) Nee! Ons, en ook hierdie gelowiges, glo dat ons net deur die genade van die Here Jesus gered word." Hand 16 (30) Hy het hulle buitekant toe gevat en gevra: "Menere, wat moet ek doen om gered te word?" Rom 1 (16) Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is ‘n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood. Rom 5 (1) God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. (9) Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van sy versoeningsdood, staan dit soveel vaster dat ons deur Hom ook van die straf van God gered sal word. Rom 10 (9) As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Rom 11 (20) Dis waar. Hulle is uitgekap omdat hulle nie geglo het nie; jy is daar geënt omdat jy glo. Moenie daaroor hoogmoedig wees nie; hou rekening met God; 1 Kor 1 (18) Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. (21) Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo. 1 Kor 3 (14) As iemand se bouwerk bly staan, sal hy beloon word; 1 Kor 5 (5) So sou sy sondige aard vernietig word, sodat sy gees gered kan word op die dag wanneer die Here kom. 1 Kor 15 (2) Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom. 2 Kor 2 (15) Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, waarvan die geur dié bereik wat gered word, sowel as dié wat verlore gaan. 2 Kor 7 (9) Nou is ek egter bly, nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat ek julle so hartseer gemaak het dat julle tot inkeer gekom het. Julle was immers hartseer soos God dit wou hê. Ons het julle dus in geen opsig benadeel nie, Efesiërs 1 (7) Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God (13) Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. 1 Tess 1 (9) Die mense vertel self hoe julle ons ontvang het en hoe julle julle van die afgode tot God bekeer het en nou die lewende en ware God dien 1 Tess 2 (16) hulle probeer verhoed dat ons aan die heidene die boodskap bring waardeur hulle gered kan word. Die Jode het nog altyd gesondig, maar nou het hulle die maat van hulle sondes vol gemaak. Nou is dit klaar: die oordeel van God het hulle begin tref. 2 Tessalonissense 1:5-10 (5) Dit alles is ‘n bewys van die regverdige oordeel van God, naamlik dat Hy julle geskik geag het vir sy koninkryk, waarvoor julle nou ook ly. 2 Tess 2 (3) Laat niemand julle op watter manier ook al mislei nie. Die dag van die Here sal nie aanbreek voordat die laaste afvalligheid gekom het en die wettelose mens wat vir die verderf bestem is, sy verskyning gemaak het nie. (13) Ons moet God altyd vir julle dank, broers. Die Here het julle lief, en God het julle uitverkies om van die eerstes te wees wat gered word. Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo. 1 Tim 2 (3) So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser, Heb 9 (15) Daarom is Hy ook die Middelaar van ‘n nuwe verbond. Sy dood het plaasgevind om mense te verlos van die oortredinge wat onder die eerste verbond begaan is, sodat dié wat geroep is, die beloofde ewige erfenis kan ontvang. 2 Pet 2 (9) Die Here weet dus om dié wat Hom dien, uit beproewing te red, maar om die goddeloses te straf en vir die oordeelsdag gevange te hou.
2 Pet 3 (9) Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer. God stel die wederkoms uit sodat meer mense tot bekering kan kom.
1 Joh 2 (28) En nou, liewe kinders, julle moet in Hom bly, sodat ons almal niks te vrees sal hê wanneer Hy kom nie en by sy wederkoms nie beskaamd voor Hom sal staan nie.
Redding word slegs verkry deur geloof, nie dade niePaulus is baie duidelik dat redding slegs verkry word deur geloof in Jesus, dus sluit dit enige-iemand uit wat ’n goeie lewe lei, maar nie in Jesus glo nie. Dit maak baie sin, want indien jy gered word op grond van jou dade, beteken Jesus se kruisiging niks nie - dan word ons nie gered agv Sy wonderlike genade nie, maar agv ons goeie dade.
Rom 2 (14) Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie; Hier vra Paulus die vraag wat met mense gebeur wat nooit die evangelie hoor nie. Op die ou einde sê hy dat hy ook nie weet nie, maar wel weet dat God regverdig sal oordeel. Rom 3 (20) Daarom sal geen mens op grond van wetsonderhouding deur God vrygespreek word nie; inteendeel, deur die wet leer ‘n mens wat sonde is. (28) Ons betoog is tog dat ‘n mens vrygespreek word omdat hy glo, nie omdat hy die wet onderhou nie. Rom 4 (2) As Abraham op grond van sy dade vrygespreek is, dan het hy ‘n rede gehad om te roem. Maar nie by God nie! (13) Dit is trouens nie omdat Abraham die wet van Moses onderhou het dat aan hom en sy nageslag die belofte gegee is dat hy die wêreld as besitting sal ontvang nie, maar omdat hy vrygespreek is deurdat hy geglo het. (22) Deurdat Abraham geglo het, het God hom dus vrygespreek. (23) Dat hy vrygespreek is deurdat hy geglo het, is nie net ter wille van hom opgeteken nie, Rom 10 (9) As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Gal 5 (2) Kyk, ek, Paulus, sê vir julle: As julle julle laat besny, sal Christus vir julle geen betekenis hê nie.
Sendingwerk is nodig
Oor dwalingKyk Die Bybel oor dwaling. Die volgende is 'n opsomming:
Hoeveel keer praat die vier evangelies van God se liefde?Alhoewel daar geen twyfel is oor die liefde wat God vir mense het nie, praat die vier evangelies eintlik relatief min oor God se liefde aan mense in vergelyking met naasteliefde en die boodskap van bekering en redding. As 'n mens die Bybel selektief lees, op grond waarvan word geglo dat God liefde is? Is God se "wreedhede" en oordeel nie in werklikheid sterker as Sy Liefde nie? Johannes Facius het die volgende in 'n reeks met titel "Sitting at the feet of Jesus" in Skotland in September 2011, gesê: Mense sê: die belangrikste van alles is liefde. Jakobus 3 Die wysheid van Bo is eerste rein, dis nie eerste liefde nie. Dit is nie eerste vredeliewend nie. Dit is nie eerste sagmoedig nie. By verre die belangrikste karaktereienskap van God is nie liefde nie; dit is heiligheid. Ons moet verstaan dat ons God moet eer en ons moet onderwerp tot die heiligheid van God. Sommige kerke verskil vandag oor die onderhouding van sekere van die tien gebooie – hulle beweer dat dit nie so belangrik is nie, solank ons mekaar net altyd liefhet. Hulle is besig met, wat ek sou noem, ‘n dwaalleer, want die liefde van God is nie ‘n humanistiese soet stropie nie. Die liefde van God kan baie, baie sterk wees, want as dit nie rein is nie, is dit nie God se liefde nie. As dit alles net oor liefde gaan, kan ‘n mens nie indink dat God miljarde mense hel toe sal stuur nie. En daarom begin mense te sê dat daar nie ‘n hel is nie. Selfs welbekende predikers soos John Stott skryf in sy boeke dat daar nie ‘n hel is nie. Hulle is mislei deur humanisme – God kan mos nie ‘n God van liefde wees en mense hel toe stuur nie. Ja o, Hy kan en Hy sal. Dit is in die Boek. So, stop asseblief al hierdie sentimentele nonsens. Daarom, éérste reinheid en dán liefdevol, vredeliewendheid, sagmoedigheid en die res.
God/Jesus se liefde vir menseMark 10 (21) Jesus het na hom gekyk en hom liefgekry... Joh 3 (16) "God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. Joh 11 (36) Die Jode sê toe: "Kyk hoe lief het hy hom [Lasarus] gehad!" Joh 13 (1) Voor die viering van die paasfees het Jesus reeds geweet dat die tyd vir Hom gekom het om van hierdie wêreld af na die Vader oor te gaan. Hy het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad. (23) Die dissipel vir wie Jesus baie lief was, het net langs Hom aan tafel gesit. (34) Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. Joh 15 (9) "Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. Joh 15 (12) Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Joh 16 (27) want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefhet en glo dat Ek van God gekom het. Joh 17 (23) Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefhet net soos U My liefhet. Rom 1 (7) Aan almal in Rome vir wie God liefhet en wat Hy geroep het om aan Hom te behoort. Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!
God se liefde vir Jesus en anders omMat 3 (17) Daar was ook ‘n stem uit die hemel wat gesê het: "Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My." (God se liefde vir Jesus) Luk 20 (13) "Toe sê die eienaar van die wingerd: ‘Wat moet ek nou doen? Ek sal my geliefde seun stuur. Miskien sal hulle hom ontsien.’ (God se liefde vir Jesus) Joh 2 (17) Toe het sy dissipels daaraan gedink dat daar geskrywe staan: "Die liefde vir u huis verteer my." (God se liefde vir Sy huis) Joh 3 (35) Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. Joh 5 (20) Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy doen; en Hy sal Hom nog groter dade as hierdie wys, sodat julle verbaas sal staan. Joh 10 (17) "Die Vader het My lief omdat Ek my lewe aflê om dit weer op te neem. Joh 14 (31) maar die wêreld moet weet dat Ek die Vader liefhet en daarom doen wat die Vader My beveel het. Joh 17 (24) "Vader, Ek wil graag hê dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook by My moet wees, sodat hulle my heerlikheid kan sien, die heerlikheid wat U My gegee het omdat U My al voor die skepping van die wêreld liefgehad het.
NaasteliefdeMat 5 (43) "Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Luk 6 (32) "As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter aanspraak op dank het julle dan nog? Ook die sondaars het net dié lief wat vir hulle liefhet. (35) Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle ‘n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes. Joh 13 (34) Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. Joh 15 (12) Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. (17) Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!"
Mense moet God lief hêMat 22 (Mark 12:30) (37) Jesus antwoord hom: "‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. (39) En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Joh 12 (25) Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou. Joh 14 (21) "Wie my opdragte het en dit uitvoer—dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar."
God wil hê mense moet hulle bekeer, eerder as om gestraf te word1 Tim 2:1-4 Esegiël 18:23
Kyk ook
|