| Jesus se geslagsregister volgens Matteus en Lukas |
|
|
|
| Saterdag, 24 September 2011 14:03 |
|
Dit is opvallend hoe baie mense wat evolusie as feit aanvaar het, se grootste wapen is om die Bybel se integriteit aan te val. Hulle het nie noodwendig voorbeelde van bewyse van evolusie nie, maar hulle het 'n hele string van voorbeelde waar die Bybel kwansuis teenstrydig of verkeerd is. Dit is ongelukkig juis dit wat veroorsaak dat sommige mense sukkel met hulle geloof en ander word selfs verhoed om tot geloof te kom. Een van hierdie voorbeelde is die verskillende geslagsregisters van Jesus volgens Matteus en Lukas: Daar is twee potensiële probleme met Jesus se geslagsregister volgens Matteus en Lukas:
Geslagsregister van Jesus volgens Matteus: Matt 1: (6) Isai was die vader van koning Dawid. Dawid was die vader van Salomo by die vrou van Urija; Geslagsregister van Jesus volgens Lukas: Luk 3 (23) Toe Jesus met sy werk begin het, was Hy omtrent dertig jaar oud. Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef. Josef was die seun van Eli, Volgens Matteus is Josef se pa Jakob en is dit die geslagsregister deur Dawid se seun, Salomo. Volgens Lukas is Josef se pa Eli en is dit die geslagsregister deur Dawid se seun, Natan. Is die Bybel verkeerd of teenstrydig?
Daar is EEN verklaring vir beide van hierdie twee "probleme":
Die geslagsregister volgens Matteus is van Josef, Maria se man - hy is familie van Dawid deur Salomo (Batseba se seun). Die geslagsregister volgens Lukas is van Maria - sy is ook familie van Dawid, maar deur Natan (nie die profeet nie). Dus was Eli Josef se skoonpa (Maria se pa). Hierdie is verder 'n baie sterk bewys/aanduiding dat Maria 'n maagd was toe sy Jesus verwag het. As Josef die biologiese pa was, sou Lukas glad nie moeite gedoen het om Maria se geslagsregister op te skryf nie. Matteus het egter seker Josef se register opgeskryf, juis oor die feit dat die vroue se lyne baie min betekenis gehad het. Verder is dit ongelooflik dat beide Josef en Maria se geslagsregister juis by Dawid verdeel. Dawid was 'n baie prominente figuur in die Bybel en iemand wat baie lief vir God was, tot die dag van sy dood. En natuurlik wys dit net weer dat daar geen of bitter min teenstrydighede in die Bybel is nie.
Kyk ook:
|