| Meer oor waarskynlikhede en Hawking |
|
|
|
| Sondag, 28 November 2010 21:00 |
|
In my vorige e-pos van 24 Oktober 2010 (kyk Dawkins se rekenaar-aap) het ek aangedui watter wiskundige/statistiese fout Richard Dawkins (ge)maak (het) om te probeer bewys dat die waarskynlikheid dat evolusie alles kan verklaar nie so onwaarskynlik is nie. Nog iemand wat glo dat alles vanself kon gebeur, is die baie slim Stephen Hawking wat onlangs in die nuus was oor sy nuwe boek The Grand Design. Daarin beweer hy dat God nie nodig was vir alles om te ontstaan nie (vir ’n bespreking van die boek, kyk die artikel Hawking atheopathy. Hierin word ook ’n hele paar interessante dinge van Hawking blootgelê, bv dat sy ma ’n kommunis was, dat hy baie bewondering gehad het vir Bertrand Russell, wat ’n sterk anti-Christen was en dat hy self ’n dogmatiese ateïs was). As ons na die feite kyk, is dit egter duidelik dat Stephen Hawking se geloof baie groot moet wees om te sê dat daar nie ’n god nodig was om alles te skep nie. Kom ons gaan bietjie dieper hierin: Vir lewe om spontaan en toevallig te ontstaan, het jy 300 (wat optimisties is) van die regte proteïne nodig om een werkende sel te hê en die kans dat 1 proteïn self uit aminosure sal vorm is 1e-30 (mense wat nie vertroud is met wetenskaplike notasie nie, kyk voetnota 1). Dus is die kans dat lewe vanself ontstaan het ongeveer 1e-30 x 1e-300 = 1e-9000(2) (vir meer besonderhede oor hoe hierdie getal verkry is, kyk Hawking claims that life can form by chance). Die volgende 3 voorbeelde demonstreer hoe klein ’n waarskynlikheid van 1e-9000 werklik is: Voorbeeld 1: Lotery Die waarskynlikheid om die lotery te wen met een kaartjie (om 6 nommers uit 49 reg te raai) is 7.15e-8 (kyk hier vir die berekening). Dit is nie naastenby vergelykbaar met 1e-9000 nie. Maar nou maak Hawking en andere ’n verdere fout deur op te merk dat die lotery byna elke week gewen word en hou dit voor as bewys dat onwaarskynlike dinge wel gebeur. Hierdie scenario is egter baie meer waarskynlikheid as dat ’n mens die lotery met 1 kaartjie sal wen. Veronderstel daar is elke week ’n miljoen (1e+6) mense wat elkeen ’n ander kombinasie raai, word die kans dat iemand die lotery sal wen 7.15e-8 x 1e+6 = 7.15e-2. Dus wil Hawking en ander evolusioniste wat so redeneer, ’n waarskynlikheid van 7.15e-2 met 1e-9000 vergelyk. Dit vertel my dat hulle óf net mooi niks van statistiek verstaan nie, óf hulle is besig met wensdenkery, óf misleiding. Besluit maar self watter een dit is. Voorbeeld 2: Atome in die heelal Daar is 1e+80 atome in die heelal(3) (ja, dit is al :-) ). Jou kans om een spesifieke atoom met een probeerslag te kies, is dus 1e-80. Alhoewel dit ondenkbaar onwaarskynlik is, is die waarskynlikheid hiervoor ordes groter as die waarskynlikheid van 1e-9000. Ek het al die argument gehoor dat die waarskynlikheid vir die eerste lewe wel klein is, maar dat daar baie tyd was en statisties is dit dan nie so onwaarskynlik nie. Die volgende voorbeeld wys dat baie tyd ook nie veel help nie. Voorbeeld 3: As jy ’n muntstuk in die lug opskiet, is die kans dat dit “kop” sal wees 0.5. Dus is ’n waarskynlikheid van 1e-9000 dieselfde as om 29 897 muntstukke op te skiet en almal is “kop” (0.5x=1e-9000. Dws x = log(1e-9000)/log(0.5) = 29 897). Veronderstel elke atoom in die heelal (1e+80) word ’n masjien wat 29 897 muntstukke kan opskiet, ’n miljard (1e+9) keer per sekonde, hoeveel stelle van 29 897 muntstukke kan opgeskiet word in 15 miljard (15e+9) jaar, die ouderdom van die heelal volgens evolusioniste? Die antwoord is: (1e+80) x (15e+9) x 365 x 24 x 60 x 60 x 1e+9 = 5e+106, sê maar 1e+107, om nog meer optimisties te wees. As bg nie vir jou sin gemaak het nie, is slegs die volgende belangrik: *************************** Die skrywer van die artikel (waarna reeds verwys is) Hawking claims that life can form by chance stel dit baie goed: “Given Hawking’s mathematical background, his treatment of the probability of life beginning in the way he suggests is astonishing.” En dan is hierdie bloot ’n statistiese oefening, want niemand het al ooit waargeneem hoe aminosure spontaan ’n proteïen word nie of hoe ’n paar proteïne ’n sel word nie. En hierdie is nog net om die eerste lewe te verklaar – as jy wel op een of ander manier lewe kon kry, beteken dit nog nie dat evolusie spontaan moontlik is nie. Dit behoort jou te oortuig dat ons hier met ’n wonderwerk te doen het. Dié wat nie glo dat ons van ’n wonderwerk praat nie, het selfs ’n groter geloof as iemand met ’n geloof in God. Mense wat dus sê dat hulle nie genoeg geloof het om in evolusie te glo nie, is dood reg. Ek ook nie. Dit maak ook baie sin dat lewe nie vanself kon gebeur het nie. Alles in die natuur neig om dood te gaan. Jy sal bv nooit ’n blikkie sardientjies oopmaak en ‘n lewendige sardientjie kry nie (kyk Tinned sardines – Clue to the origin of life?) . Jy gaan ook nooit ’n lewendige padda in ’n versapper sit en een of ander lewende massa kry nie, selfs al is al die komponente vir lewe daar (soek vir “frog blender” op www.creation.com). En dan is Stephen Hawking (tesame met Richard Dawkins) ook ’n aanhanger van panspermia – die idee dat daar buiteruimtelike wesens is wat moontlik lewe op aarde geplant het. Kyk bv:
Panspermia skuif egter slegs die probleem elders, want waar kom die buiteruimtelike wesens vandaan? Hierdie is maar net weer ’n bewys dat evolusie ’n geloof is. En jou geloof gaan bepaal hoe jy data oor die verlede gaan interpreteer. Evolusie en miljoene jare is nie ‘n wetenskaplike feit nie – dit is ’n teorie wat ontwikkel is om alles te probeer verklaar sonder ’n god. Die ironie is dat die data ’n Bybelse siening eintlik beter pas, maar daar word altyd gesê dat die Bybel en geloof nie wetenskap is nie en dus word/mag dit nie in die klaskamer geleer word nie. Ek sluit af met ’n aanhaling van Hubert Yockey (LW, hy is nie ‘n skeppingsleerder nie): ”The origin of life by chance in a primeval soup is impossible in probability in the same way that a perpetual machine(4) is in probability. The extremely small probabilities calculated in this chapter are not discouraging to true believers … [however] A practical person must conclude that life didn’t happen by chance.” [Uit “Spontaneous generation and perpetual motion machines” - http://creation.com/spontaneous-generation-and-perpetual-motion-machines-yockey, Yockey, H., Information Theory and Molecular Biology, Cambridge University Press, p. 257, 1992.]
Kyk ook:
Is die skepping-evolusie kwessie belangrik?Derek C. het die volgende geskryf oor www.creation.com : “This is an awesome website. As a Christian who’s finally just turning my life over to God (for good), I needed somewhere to look for answers when I had no one to ask.”
Voetnotas:
|