Glo die Bybel

Johannes 17:17 ...U Woord is die waarheid.

Sindikasie

Glo die Bybel Glo die Bybel
Haldane se dilemma PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Daniel Louw   
Woensdag, 09 September 2009 21:57

Volgens die “wetenskap” is die aarde en heelal miljoene jare oud. Hierdie gevolgtrekking word nie soseer agv suiwer wetenskap gemaak nie, maar ook omdat evolusie miljoene jare nodig het om te gebeur. Die dilemma is dat die kwansuise reuse ouderdom van die aarde steeds te jonk is vir evolusie om plaas te vind!!!! Haldane het gaan uitwerk hoeveelheid voordelige mutasies moes plaasvind sodat die mens van ’n aap moes evolueer en gesien dat daar te min tyd is teen die huidige mutasietempo in lewende organismes. Dit word vandag “Haldane se dilemma” genoem.

Aannames en inligting:

Aanname: Volgens evolusie het die mens en die sjimpansee ’n aapagtige gemeenskaplike voorganger gehad wat ongeveer 10 miljoen jaar gelede geleef het.
Feit: Hoeveelheid genetiese letters in mens = 3e+9
Feit: Verskil in genetiese letters tussen mens en sjimpansee ~ 4%
Aanname: Om konserwatief te wees word aanvaar dat geen mutasies in die mens en sjimpansee vanaf die gemeenskaplike voorouer ooreenstem nie. Dit beteken dat die minimum verskil in genetiese letters tussen ’n mens en die gemeenskaplike voorouer ongeveer 4%/2 = 2% moet wees (kyk Excel lêer, blad “Evolusieboom” vir ’n skematiese voorstelling). Dus is die hoeveelheid mutasies wat benodig word = 3e+9 x 2% = 6e+7

Scenario 1:

Haldane het aanvanklik aangeneem dat die voordelige mutasietempo 1 elke 20 jaar is:

Dus: Moontlike mutasies in 10 miljoen jaar = 10e+6/20 = 500 000 mutasies.

Daar word 6e+7 mutasies benodig. Dit is dus 6e+7/500000 = 120 keer te min.

Scenario 2:

Haldane het weer somme gemaak en besef dat daar slegs 1667 voordelige mutasies moontlik is in 10 miljoen jaar.

Dit is dus 6e+7/1667 = 36 000 keer te min.

Scenario 3:

Later het ander wetenskaplikes besef dat eerder slegs 167 voordelige mutasies moontlik is in 10 miljoen jaar.

Dit is dus 6e+7/167 = 360 000 keer te min.

En as jy gedink het dit is erg, dan moet ons nog mutasies kry wat genetiese inligting vermeerder – ‘n mens bevat bv baie meer genetiese inligting as ’n aap. Eienskappe van ‘n mens wat geen aap op aarde het nie, sluit bv die volgende in:

  • Praat: daar is ‘n verskil in die tongbeentjie van ‘n fossiel van ‘n aap en ’n mens (Papegaaie kan praat en voëls bou neste (huise), maar volgens evolusie het mense nie uit voëls geëvoleer nie en verder is dit baie duidelik dat ‘n voël en ‘n mens baie verder van mekaar is as ‘n aap en ‘n mens.)
  • Skryf
  • Begrawe dooies
  • Beheer vuur
  • Dra klere
  • Ontwerp en bou dinge soos: gereedskap, wapens, huise, juwele, ens. (Sjimpansees gebruik grashalms om miere uit miershope te kry om te eet en bobbejane gebruik soms stukke hout as wapen, maar dit is baie anders as wapens en gereedskap wat self ontwerp en vervaardig is.)
  • Maak musiek
  • Waardeer en beoefen kuns
  • Dryf handel
  • Het trane
  • Het ‘n ruggraat meesterlik ontwerp om regop te loop
  • Kan nie inisiatief neem nie: 'n dier doen dinge uit instink of omdat hy iets aangeleer het.

’n Vermeerdering in genetiese inligting is egter nog nooit natuurlik waargeneem nie.

(Vir ’n amoeba (eenselling diertjie – eenvoudigste lewende organise) om ’n mens te word is daar ook te min tyd. Nie so erg soos hierbo nie, maar as jy die aannames in scenario 3 hierbo neem, is daar amper 40 000 keer (teenoor 360 000) te min mutasies. Kyk Excel lêer vir berekening.)

Al bogenoemde in ag geneem, moet ’n mens werklik ’n baie groot geloof hê om in evolusie te glo...

Tans word Haldane se dilemma slegs geïgnoreer in evolusiekringe.

(Kyk Hoofstuk 2.4 uit “Skepping vs Evolusie – Onversoenbaar!” deur Hennie Mouton, heel onder vir meer inligting.)

Is die skepping-evolusie kwessie of apologetiek belangrik?

Aangehaal uit Who has an answer?:

A co-worker told me once about her son, who left the faith while in a secular college, despite having had a Christian upbringing. Although he had been taught to believe the Bible, he had no basis for his beliefs when they were challenged by his atheist professors and pagan friends. By the end of his first year of college, he had renounced his faith. When his mother tried to talk to him about the Bible, he gave various ‘village atheist’ arguments against the accuracy of the Bible and the existence of God which one finds on many atheist forums (which CMI answers on its Frequently Asked Questions page). I offered to teach her the answers, or even talk to her son myself, but my co-worker refused both offers, saying that she believed his intellectual arguments were simply an excuse, and that his real problem was spiritual. I tried to show her that at the very least his excuse could be taken away, but she was not persuaded. She sadly said, “Perhaps someone like you will bring my son back to Jesus.” But she refused any help.

*****************************************************

Die volgende is aangehaal uit “Skepping vs Evolusie – Onversoenbaar” deur Hennie Mouton. Dit kan gratis afgelaai word by http://www.glodiebybel.co.za/component/content/article/120-skepping-en-evolusie-onversoenbaar.html.

2.4 Haldane se dilemma

J. B. S. Haldane was ’n beroemde evolusionistiese genetikus wat van 1892 tot 1964 geleef het. Hy was een van die grondleggers van die wetenskapsveld wat as bevolkingsgenetika bekend staan. Hy het in 1957 aangetoon dat die beperkte tempo waarteen voordelige mutasies by hominiede (die mens en sy veronderstelde tweebenige evolusionistiese voorgangers) kon ontwikkel, dit vir die mens onmoontlik gemaak het om oor die afgelope 10 miljoen jaar uit ’n aaptipe gemeenskaplike voorganger te kon evolueer. Dit het bekend gestaan as Haldane se dilemma en is vandag nog minder as ooit vantevore opgelos. Hou in gedagte dat mutasies by verre eerder nadelig as voordelig is.

Die probleem kan geïllustreer word deur byvoorbeeld ’n tempo van een voordelige mutasie per elke 20 jaar te aanvaar. Dit is in werklikheid onrealisties hoog want so iets word vandag waargeneem om teen ’n baie laer tempo, indien enigsins, plaas te vind. Dit sou met hierdie onrealistiese aanname 10 000 000 / 20 = 500 000 voordelige mutasies in 10 miljoen jaar beteken. Die 10 miljoen jaar is afkomstig van die evolusionistiese skatting van wanneer die mens en ander hominiede se gemeenskaplike voorganger moes geleef het. Selfs met hierdie onrealistiese scenario wat die aantal mutasies heeltemal te groot maak, beslaan die berekende 500 000 mutasies maar 0.02% van die menslike genoom (3×109 (3e+9) genetiese letters soos in 2.2 genoem). Vergelyk dit nou met die 4% verskil tussen die menslike genoom en sy veronderstelde naaste hominiedefamilielid, die sjimpansee, se genoom, en die probleem word duidelik – selfs 10 miljoen jaar is eenvoudig te kort.

Haldane het met meer realistiese tempo’s vir die ontstaan van voordelige mutasies en die volledige vervanging van die bevolking, sodat al sy lede uiteindelik die voordelige mutasie sou besit, gewerk. Hy het bepaal dat daar maar 1 667 deurgevoerde voordelige mutasies in 10 miljoen jaar kon gewees het. Dit beteken bogenoemde 0.02% verminder na 0.000067%. Die 4% genoomverskil tussen die mens en die sjimpansee is dus enorm, gemeet aan hierdie veronderstelde evolusionistiese proses.

Haldane se dilemma is in die 1960’s tot ’n mate bespreek maar sonder sukses, en is daarna net geïgnoreer. In 1992 het die evolusionistiese genetikus, George C. Williams, opgemerk dat die dilemma weer aandag moes kry. Sy mede-evolusioniste het nie juis gereageer nie, maar die skeppingsleerder Walter J. ReMine het. Hy het ná ondersoek beweer dat die dilemma nooit opgelos is nie en dat die probleem eintlik nog groter is as wat Haldane geskets het. Indien die grootste meerderheid spesies vir die grootste gedeelte van hul bestaan in toestande van geen genetiese verandering verkeer, soos paleo-antropoloë beweer, sal bogenoemde 1 667 voordelige mutasies in 10 miljoen jaar nog verder verminder. Indien byvoorbeeld verandering in slegs 10% van die tyd gebeur het, verminder die 1 667 na 167 mutasies. Dit beteken slegs 0.0000067% van die menslike of sjimpansee se genoom kon van hulle gemeenskaplike voorganger van 10 miljoen jaar gelede s’n gewysig geraak het. Dit is 600 000 maal te min in vergelyking met die 4% genoomverskil tussen mense en sjimpansees. Die 10 miljoen jaar is hopeloos te kort óf voordelige mutasies wat veronderstel is om die hoofdrywer te wees, is glad nie die regte meganisme nie.

Weereens klop hierdie gegewens uitstekend met die Bybelse verklaring dat mense en diere soos ape en sjimpansees, van die begin af as verskillende soorte geskep is. Hulle het nie ’n gemeenskaplike voorganger gehad nie – wel ’n gemeenskaplike Ontwerper.

[‘Haldane’s Dilemma has not been solved’, TJ 19(1), bl. 20-21, 2005 (www.creation.com)]

Daar is egter nog ’n groter probleem vir evolusie as net te min tyd: mutasies moet genetiese inligting vermeerder, nie net wysig nie.