Wie is Chris Jones?

Kyk ook:

Chris Jones is die hoof van die Universiteit Stellenbosch se kantoor vir Moraliteit en Morele Leierskap vir die NG Kerk.

Hy glo die volgende:

  • Hy glo in evolusie en ontken die sondeval
  • Hy ontken die sondige aard van homoseks
  • Hy ontken die sondige aard van buitehuwelikse seks
  • Hy ontken die duiwel as ’n persoon
  • Hy ontken die bestaan van die hel
  • Hy is ’n aanhanger van intergodsdiens. Oor gesprekke tussen Christene en Moslems, sê hy: “Shift from conversion to conversation”.
  • Dus is hy ’n universalis – hy glo dat alle mense hemel toe sal gaan.

Oor Andries van Aarde, sê Jones (kyk hier):

“Andries van Aarde verdien om deur meer mense en instellings gerespekteer te word vir sy grootse bydrae tot teologiese navorsing nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd. Die liefde, geregtigheid en wysheid wat ons by die historiese Jesus aantref, deurdring sy lewe. Hy is een van Suid-Afrika se grootste en nederigste teoloë wat meer erkenning verdien,”

Jones het duidelik vir homself sy eie god geskep.

Dit is weereens ’n bewys dat die teologiese fakulteite een van die grootste vyande van die NGK is.

Kyk ook die volgende artikels:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui