Wie is Ben du Toit?

Dr Ben du Toit (deur Ferdie Mulder, Youtube)

Ben du Toit was vir lank die hoof van kommunikasie van die NG Kerk, maar het glad nie gesonde teologie beoefen nie.

2000

In 2000 publiseer hy die boek God? Geloof in ’n postmoderne tyd. Daarin bevraagteken hy onder andere die duiwel, Jesus se Godheid, maagdelike verwekking, wonderwerke, liggaamlike opstanding en wederkoms.

Op grond hiervan word hy twee maal aangekla vir die verbreking van sy legitimasie-eed.

Ten spyte hiervan word hierdie boek in 2001 vereer met die Andrew Murrayprys onder die kategorie “Afrikaanse teologiese boeke“.

2006

In Oktober 2006 vra Ben du Toit in ‘n artikel in Kerkbode: Aanbid ons almal maar dieselfde God?

As die NG Kerk se parlementêre verteenwoordigers, moedig Ben du Toit en Kobus Gerber die RSA se parlement in Oktober 2006 aan om homoseksuele huwelike te wettig (kyk NGK vra SA parlement dat homoseksuele huwelike gewettig word (Okt 2006)).

Ben glo nie aan die duiwel as persoon nie. Wynand Louw het hom in 2013 by sy ring aangekla daaroor, maar hy het losgekom omdat daar geredeneer is dat die NGK amptelik ruimte maak vir sy siening volgens die amptelike besluit tydens die 2011 algemene sinode in Boksburg. Kyk:

In sy boek God: Is daar ‘n ander antwoord?, verwys Ben du Toit in die voetnota op bl 95 soos volg na hierdie insident:

Binne ’n heel ander konteks het ek self hierdie frustrasie ervaar toe ek van leerdwaling (verbreking van my legitimasie-eed) aangekla is deur ‘n argitek en ‘n oor-neus-en-keel-spesialis – dat ’n sinvolle argumentatiewe gesprek eintlik onmoontlik was omdat hulle nie oor enige teologiese opleiding (oor die hele spektrum van teologiese dissiplines) beskik het om ‘n konstruktiewe beredenering te volg nie. Hulle hantering van die Bybel sowel die belydenisskrifte was uitermate meganies-fundamentalisties en het ontbreek aan enige ruimte vir ’n meer genuanseerde gesprek wat in die teologie ontwikkel het.

In 2018 tree hy af met die volgende skrywe aan die ATR (Algemene Taakspan Regte) kantoor:

Hiermee doen ek vrywilliglik afstand van my amp en bevoegdheid as predikant. 5 Julie 2018.

En toe klim hy behoorlik uit die teologiese kas met sy boek God: Is daar ’n ander antwoord? (30 Oktober 2020) waarin hy ruiterlik te erken dat hy ’n postteïs is. Soos andere, glo hy ook dat God in die mense se koppe geskep is. Homo sapiens is ouer as God. Met ander woorde, die oer mens het ontstaan voor God uitgedink is. In die artikel Die mens: Antwoord en ook skepper (15 Nov 2020) kom dit duidelik na vore dat hy totaal sy geloof verloor het. Hierin sê hy:

Ek beskou myself daarom liewer as post-teisties… Vir my dui die begrip post-teisties op ’n definitiewe afskeid van enige geloof in ’n transendente, metafisiese “wêreld” of bestaan waarin bonatuurlike magte en kragte sou wees wat die botoon voer en hulle laat geld ten opsigte van die wel en wee van die mensdom en die heelal.

Dit is egter duidelik dat hy reeds lank voor sy aftrede sy geloof verloor het.

Kyk ook

7 thoughts on “Wie is Ben du Toit?”

  1. Is daar ń moontlikheid dat ek met Ben du Toit per e-pos kan kommunikeer aangesien ek in Pretoria gestasioneer is?

      1. Ek het die voorreg gehad om Ben te ontmoet en by verskeie geleenthede skouer met hom te skuur. Wat ’n aangename, eerlike en opregte mens!

        1. Fanus, dit maak die tragedie net soveel groter. Ongelukkig bring aangenaamheid jou nie in die hemel nie. Slegs Jesus Christus kan.

  2. Dr. Ben du Toit se post-teistiese gedagte naas ń metafisiese wêreld is sielsbevrydend en die woorde wat nie alleen binne kerkverband gebruik kan word nie, maar ook in ander beroepe, soos myne, waar en deur die hek kon loop.

  3. Ek stem saam met Dr. Christo Pretorius en Dr. Ben du Toit. Dit is soveel beter om mense en hulle liefde en verskille te aanvaar as om wreedhede, oordeel en skeiding steeds toe te pas en te predik. Ons is nie een perfek nie en kan werk om te fokus om vrede te maak met mekaar. Dit bring genesing.

  4. Ek stem ten volle saam met die volgende wat Dr Ben du Toit gesê het.
    Die begrip van god is deur die mens self uitgedink.
    In realiteit bestaan god gladnie, maar wel in die mens se brein.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui