Andrew Murrayprys

Andrew Murray was ’n baie behoudende, gerespekteerde teoloog in Suid-Afrika. Om hom te vereer het die Andrew Murraypryse, vir Christelike publikasies, ontstaan. Die volgende verskyn op die amptelike webblad van die Andrew Murraypryse:

Op 9 Mei 1978 het die gemeenskap van Wellington die 150ste herdenking van die geboortedag van dr Andrew Murray op ’n gepaste wyse gevier. Andrew Murray was van 1871 tot 1917 die predikant van die NG Gemeente Wellington. Hy het hom ook onderskei as ’n produktiewe skrywer van Christelike boeke. Daar het ongeveer 250 boeke uit sy pen gevloei. Talle daarvan is in verskillende tale vertaal en word vandag nog wyd en syd in die wêreld versprei en gelees.

Tydens die feesvieringe het die gedagte by dr Frits Gaum, in daardie stadium die uitvoerende direkteur van Bybelkor, ontstaan om ’n prys in die lewe te roep vir die bekroning van Christelike publikasies van hoogstaande gehalte. Hierdie prys sou die naam van Andrew Murray dra om erkenning te verleen aan die groot invloed wat Murray as skrywer en godsman in Suid-Afrika en die wêreld gehad het.

Heelwat kontroversiële boeke met nie-Bybelse standpunte het die prys ontvang. Sommer die heel eerste boek wat ’n toekenning ontvang het was Ferdinand Deist se kontroversiële, Tussen angs en sekerheid (1978) waarin hy vertel hoe hy dit bevrydend ervaar het toe hy een maal gelees het van ’n prominente teoloog wat nie meer sin in gebed gevind het nie.

Verder is die Andrew Murray-Desmond Tutuprys bygevoeg en later Desmond Tutu-Gerrit Brandprys (kyk Ook die NG Kerk se Arch):

  • Desmond Tutu is baie sterk ten gunste van homoseksuele verhoudings. Hy sê dat hy eerder hel toe sal gaan as na ’n hemel wat ’n homofobiese God het. Verder is hy ’n universalis. Frits Gaum sê die volgende oor Tutu: “Ek het ’n baie goeie antwoord by hom [Desmond Tutu] gekry . . . hy het gesê dis nie die enigste pad nie, maar dis ’n unieke pad na God.”
  • Gerrit Brand was ten gunste van homoseksuele verhoudings en sy opinie oor die maagdelike verwekking was dat dit nie bewys kan word nie. Dit wil ook voorkom of hy ook soos andere glo dat God deur mense uitgedink is om swaarkry te verwerk.

Die volgende is kontroversiële boeke wat hierdie toekenning gekry het:

1 thought on “Andrew Murrayprys”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui