Wie is André Bekker?

André Bekker is ’n voorheen homoseksuele persoon. Hy is voorheen verbonde aan New Living Way Ministry maar nou aan Voice of the Voiceless Advocacy.

Getuienis

In kort kom sy getuienis op die volgende neer (uit Wat van ons kinders?):

“Ek het van kleins af geweet ek is anders. Ek het nooit aangetrokke gevoel tot die teenoorgestelde geslag nie, maar ek het nie die term ‘gay’ geken nie.”

Op 21 jaar, toe hy ernstig siek was, het hy “met die Here geworstel. Ek het gevra hoe kan Hy iemand soos ek liefhê”.

“Hy het vir my 1 Johannes 1:9 gegee wat lui: ‘Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

“Ek het besluit om vir die ­Here te lewe en was byna onmiddellik weer gesond.”

Drie weke lank was die fisieke aangetrokkenheid tot mans weg. Toe beleef Bekker ’n “terugval”.

Dit het heeltydse bediening – steeds gevul met ’n innerlike stryd – en terapie in die VSA gekos voordat hy kon beweeg na aseksueel en toe heteroseksueel, sê hy.

“Hulle sê seksuele oriëntasie kan nie verander word nie en dat terapie nie werk nie. In my geval het dit. Dit was nie maklik nie, maar ek het verander.”

Kyk ook Ope brief aan Hennie Pienaar wat sy getuienis bevat en ook Ex-gay getuienis: André Bekker.

Artikels

Kyk ook die volgende artikels:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui